Brian Albertus Baumann moet geld terugbetaal wat hy gesteel het van kliënte wat voordeel moes trek uit die Padongelukkefonds (POF).
Die handelsmisdaadhof in Bellville het Vrydag beveel dat Baumann meer as R62 800 moet terugbetaal wat hy van sy kliënte gesteel het. Die bevel is teen Baumann se eiendom ingestel.
Die hof het bepaal dat die geld in die bateherwinningsrekening van die staat inbetaal moet word, sê Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke.
Baumann is twee jaar gelede van die prokureursrol geskrap en reeds 12 jaar tronkstraf opgelê nadat hy sy kliënte bedrieg het. Die eienaar van Bauman Attorneys, Brian Albertus Bauman van Bellville, het in POF-eise gespesialiseer. Hy het uiteindelik R14,8 miljoen gesteel om sy dobbelverslawing te finansier.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Sal nie verbaas wees as die firma wat my POF saak doen/gedoen het met dieselfde ding besig is nie. Was vinnig om my en my vrou na die ongeluk te “help” en verdwyn toe soos mis voor die son……
Hoop jy gaan vir n hele paar jaar tronk toe….
Prokureurs moet verbied word om padongelukke eise, namens slagoffers in te stel. Hierdie een was tè gou tè gulsig.