Prokureur: Polisie nie op soek na Henri van Breda

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Indien die polisie op soek is na Henri van Breda, een van die oorlewendes van die Stellenbosch-bylmoorde, hoef hulle slegs sy prokureurs te kontak, het Netwerk24 Vrydag berig.

Sy prokureur, Pieter Botha, het gesê hy is nie bewus daarvan dat die polisie op soek is na Henri nie en hy verstaan nie wat bedoel word met bewerings dat hy “verdwyn” het nie. “Hy kan kom en gaan soos hy wil; hy is van niks aangekla nie,” het Botha gesê.

Hy het reageer op gerugte dat die 20-jarige verdwyn het en dat die polisie op soek is na hom ná sy ouers en ouer broer in Januarie vermoor is. Sy pa Martin (54), ma Teresa (55) en broer Rudi (22) is in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed met ʼn byl vermoor. Sy sussie Marli (16) het ʼn baie ernstige kopbesering opgedoen, maar sy het oorleef. Sy ly blykbaar aan geheueverlies. Henri het ʼn paar skrape opgedoen tydens die aanval.

Die Citizen het berig Henri het Welkom toe gegaan om by ʼn familievriend te gaan woon, terwyl hy veronderstel is om in Klerksdorp te wees.

Van Breda se prokureurs het ʼn paar weke gelede aan die polisie en staatsaanklaers gesê hulle kan gekontak word indien hulle hom in hegtenis wil neem. “Dan sal hy hom aanmeld,” het Botha gesê.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moorde op Maroela Media.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Neptunus ·

Kan ook nie sien waarom hy enigiemand op hoogte van sy doen en late moet hou as hy nie uit op borg is nie. Wat wel vreemd opdoen is die storie die anderdag dat die SAPD sy paspoort het. Dis gewoonlik deel van borgvoorwaardes, en Henri is mos nie volgens hulle in hegtenis of selfs ‘n verdagte nie?

Hy het nietemin seker al teen hierdie tyd ‘n getuieverklaring verskaf, aangesien daar sekerlik geen ander ooggetuie is wat vir die Staat kan getuig oor wat in die huis gebeur het nie? Die boerpotvraag wat almal beantwoord wil hê is… Hoe het die aanvallers gelyk en hoeveel was daar?

Theo ·

Kom ons veronderstel Marli weet wie die aanvaller was, sou ek haar nie nou aan enige hof verrigtinge wou blootstel voor sy nie fisies en geestelik sterk genoeg is daarvoor nie. Die rede is dat as gevolg van bogenoemde toestande, kan n uitgeslape advokaat die situasie uitbuit in n hof. Ek is seker daarvan dat daar genoeg bewyse reeds is om iemand in hegtenis te neem maar ek dink die Polisie is versigtig omrede foute in die verlede gemaak is.

Piet Snot ·

Theo, jy’s 100% reg. Ek sien mense gaan gal af oor hy nie in hegtenis geneem is nie, maar die ondersoekbeampte is reg: jy neem nie ‘n man in hegtenis voor jy ‘n prima facie saak kan uitmaak nie.
Die oorledenes is klaar dood: daar’s geen dringendheid nie. Oorhaastige hofverrigtinge kan die saak net benadeel. As hulle hul tyd vat, kan die Polisie baie meer bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.