Prokureur skuldig aan bedrog, geldwassery

Argieffoto

Argieffoto

Henry Coetzee (61) het in die Kimberley-streekshof skuld beken op 33 aanklagte insluitend bedrog, diefstal, en geldwassery.

Coetzee sal op 4 April gevonnis word.

Hy was ʼn praktiserende prokureur in Kimberley tussen Maart 2001 en November 2010 toe hy sy kliënte met byna R4 miljoen bedrieg het. Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het verduidelik Coetzee het die geld verduister van verskeie slagoffers wie hy verteenwoordig het tydens aankope van eiendomme, in siviele sake en padongeluksfondseise.

“Hy het op 18 November 2016 vir die eerste keer in die hof verskyn nadat ʼn dagvaarding op hom bedien is,” het Nkwalase bygevoeg.

Genl.maj. Kholekile Galawe, provinsiale hoof van die Valke, het die skuldigbevinding verwelkom. “Ons glo die vonnisoplegging sal toepaslik wees vir die misdade wat gepleeg is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lothar ·

Daar is ‘n datum fout in die artikel. Kyk na paragraaf drie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Lothar

Dankie vir jou kommentaar.
Ons vra om groot om verskoning vir die tikfout. Dit is nie Maart 2011 nie, die datum moet eintlik wees “tussen Maart 2001 en November 2010”. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.