Prokureur skuldig wat vrou verkrag, aanrand

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Waarskuwing: Die inhoud van die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

ʼn 49-jarige prokureur van Oos-Londen wat sy vrou verkrag en aangerand het, is Maandag in die hooggeregshof in Makhanda skuldig bevind.

Die man het sy vrou twee keer verkrag, onderskeidelik in Februarie 2012 en Mei 2019.

Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, is die man skuldig bevind op aanklagte van verkragting en twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Op 15 Februarie 2011 was die man en sy nou 46-jarige vrou by hul huis in Beacon Bay, Oos-Londen, toe sy boodskappe van ʼn ander vrou op sy selfoon ontdek het. Die vrou was toe ongeveer 10 weke swanger met die egpaar se kind.

“Die vrou het haar man gekonfronteer en ʼn fisieke bakleiery het ontstaan. Hy het haar aan die keel gegryp en met geweld teen ʼn houtskuifdeur gedruk. Sy het beserings aan verskeie dele van haar liggaam opgedoen,” bevestig Ngcakani.

ʼn Jaar later het die egpaar Valentynsdag gevier by ʼn gastehuis in Oos-Londen. Die man het laataand saam met ander gedrink, terwyl die vrou gaan slaap het.

“Hy het deur die loop van die aand teruggekeer, haar wakker gemaak en seks geëis. Sy het geweier en hy het haar toe opdrag gegee om haar klere uit te trek sodat hy foto’s van haar kon neem. ʼn Struweling het ontstaan en die man het sy vrou met geweld neergedruk, haar gewurg en haar kop teen die vloer geslaan. Hy het haar toe gedwing om na buite die bosse in te gaan terwyl sy naak was.

“In die bosse het hy haar met ʼn tak geslaan. Toe hulle na hul kamer terugkeer, het hy gewelddadige seksuele dade op haar uitgevoer, wat verkragting ingesluit het. Boonop het hy haar gedwing om orale seks met hom te verrig. Sy het siek geword. Sy het die mishandeling by haar dokter en haar ma aangemeld.”

Regter Judith Roberson het in haar uitspraak die man se verweer dat hy die misdade gepleeg het weens ʼn kombinasie van alkoholmisbruik en ʼn diagnose van aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) verwerp. Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat sy optrede gefokus en doelgerig was.

Sewe jaar later, op 11 Mei 2019, het die egpaar ʼn geleentheid saam in Oos-Londen bygewoon, waar die man alkohol gedrink het. Toe hulle agterna by hul huis aankom, het hy seks van haar geëis en sy het geweier.

“Hy het haar gevolg terwyl hulle in die huis was en wou foto’s neem van haar terwyl sy naak is. Sy het toe probeer om die foon te gryp, maar die man het haar aan die keel gegryp, haar met sy knieë vasgepen en gewurg.

“Hy het haar toe in hul slaapkamer ingetrek waar die aanranding voortgeduur het. Hy het verdere gewelddadige seksuele dade op haar uitgevoer, wat verkragting ingesluit het. Hy het haar ook gedwing om orale seks met hom te verrig.”

Volgens Ngcakani het die aanranding, verkragtings en gewelddadige seksuele dade deur die nag voortgeduur, totdat die vrou erg begin bloei het.

Die man het video’s van hierdie misdade geneem deur die vrou se selfoon te gebruik. Hy het toe die video’s met WhatsApp na sy foon oorgedra.

Sy het haar ma die volgende dag van die voorval ingelig. Die man is ʼn paar dae later in hegtenis geneem.

Die man het in die hof erken dat hy dit geniet het om na gewelddadige pornografiese materiaal te kyk en dat hy dan van die gewelddadige seksuele dade op sy vrou uitgevoer het, en wel met haar toestemming.

Regter Roberson het dié weergawe van die slagoffer aanvaar, vanweë die feit dat dit met bewyse gestaaf is. Sy het die man se weergawe van wat gebeur het, verwerp.

Roberson het ook die man se verweer dat die misdade weens alkoholmisbruik en ʼn diagnose van aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) gepleeg is, verwerp.

Die man se vonnisverrigtinge het Dinsdag begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Di ·

Wat de hel gaan aan in die land met sommige mans. Dit moet iets te doen he met mens se DNA en opvoeding wat jy as kind gehad het. Siek verby, hy hoort iewers in ‘n inrigting om die nodige hulp te kry

AW ·

Daar is Werklik SIEK – SIEK Mense hier op Aarde !!

Jy Verdien nie om te Lewe Nie!!

bernelle ·

hoe del hel kan mens jou comment wil dislike? wie is so siek om nie saam te stem met AW nie? seker ook een van die vele monsters.

Genis ·

Wat n monster…. haal die gedrog uit die samelewing… Miskien kry hy soortsgelyks in die tronk…

Maritza ·

Verstaan nie hoe sy soveel jare by hom kon bly nie. Hy moet vrot in die tronk. Seker sy mede gevangenisse gaan hom wys wat hulle van verkragters dink.

Rooikopheks ·

Die man is ń prokureur?? Mens verwag nie sulke gedrag van so iemand nie, nee laat hy boet vir sy dade, dalk leer hy om nie ń vrou te verniel nie.

Shakespeare ·

Baie kaders het ook grade maar dit beteken nie hy is opgevoed en bruikbaar nie.

Shakespeare ·

Die Regering is vol mense met grade maar dit beteken gladnie hulle is beskaafd nie.

007 ·

Wat soek sy solank by hom? Moes lankal haar goed gevat en geloop het. Hy is n monster en sy het dit geweet.

Leonne ·

Sulke “preditors” beheer hulle slagoffers deur vrees en dreigemente, wat hulle uitvoer deur voortdurende geweld. Die slagoffer lewe in vrees, nie net vir haarself nie, maar ook dikwels haar kinders. Selfs vir haar familie. Dis nie maklik om weg te kom van so n monster nie. Dikwels neem dit jare en vele pogings om te vlug todat die slagoffer kan wegkom. Hierdie mishandelde vrou verdien ons deernis.

Vicky ·

Vonnis oplegging het nog nie begin nie.
*Sien laaste parragraaf*

Natasha ·

Siek siek siek!
Ek verstaan net nie hoe jy bly vanaf 2012 – 2019 as jy weet wat gebeur nie.

Pieter ·

Interressant dat daar ten minste een hier is wat met hy/sy afduim hom skaar by die vieslike gedrag van die prokureur.

Dries ·

Is hierdie afduim ingelig dat hy die persoon se optrede goedkeur, of is dit die aangeklaagde self?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.