Prokureur steel glo miljoene

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Prokureur van Kimberley het in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Henry Coetzee (61) het in die Kimberley-streekhof verskyn op 16 aanklagte.

“Volgens die Valke se ondersoek het Coetzee glo amper R4 miljoen verduister tussen Maart 2001 en November 2010. FNB en verskeie klaers in Kimberley was glo die slagoffers van die beweerde wandade.”

Nkwalase het gesê Coetzee het sy beweerde slagoffers verteenwoordig in eiendomstransaksies, siviele sake en eise teen die Padongelukkefonds. “Al die beweerde wandade is in Kimberley gepleeg hoewel Coetzee later na Port Elizabeth verhuis het.”

Coetzee moet weer op 27 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stem saam ·

Jammer as ek nou lelik is, maar ek stem saam met PJ. Meeste van hierdie mense is ongelooflik arrogant en altyd verdedigend en alwetend. Jy kan niks op ‘n kommentaar kolom se sonder dat hulle jou mbv die WET regsien of aanvat en verneder nie, want jy weet NIKS, hulle weet alles. Hulle maak asof hulle oor jou lewe kan besluit (inherent is dit seker waar in ‘n kriminele saak, maar so besluit ‘n dokter ook oor jou lewe) en asof hulle so streng volgens die wet werk. Meer as een prokureur is al toegesluit, wonder of hulle die wette wat hulle so aanhaal vir ander dan self nie verstaan of nakom nie?

Leon Pit ·

Ek het jare vir m prokureur gewerk ek het hul sommer Prokerowers genoem, want glo my die wat die regte pad loop is dun gesaai.

Sid ·

Hi oe “White Trash” was jy ook by die leke prediker in Limpopo dat jy aan haal die mense moet met “DOOM” gespuit word om ontslae te raak van alle oneerlikheid

foxi ·

So n vuil uil van n prokkie. Hy het geleer hoe om te steel in die land! Daar is mos baie voorbeelde………..en hy gaan wegkom daarmee………
ja mnr prokkie…..hou vir noueers maar lekker vakansie hoor……..

Pieter ·

Verskeie van ons het in Hoedspruit deurgeloop deur ‘n baie “geliefde” en “gewilde” prokureur wat een en almal se vriend was. Toe ons gelde deur hom verdoesel is het ons hom by die Prokreurs Orde verkla wat op hul beurt ons na die “Getrouheidsfonds’ verwys het. Die het ons klagtes ingeneem en eenvoudig die knaap ses(6) maande tyd gegee om die gelde terug te betaal of die “gereg” te moet trotseer. Ek het gelukkig my gelde terug gekry maar sonder enige rente of ‘n verskoning of enige tyd of tyding van die knaap. Vandag bedryf hy ‘n privaat “besigheid” in Hoedspruit en gaan aan met sy lewe as of niks verkeerd is nie. Sulke “prokureurs” moet summier in die tronk gegooi word want dit is BEDROG om my gelde vir privaat gewin te gebruik!!!

Estelle ·

Wat van die prokureur wat in Pretoria praktiseer en in Hartbeespoort bly wie so ‘n paar jaar terug saam met sy sekretaresse sowat R50m gesteel het in ‘n “scam”? Die meneer prokureur kry toe vir homself ‘n prokureur, nogal een wat lid is van die prokureurs se orde, om hom te verdedig. Raai wat het hy oorgekom, en die geld is tot vandag toe net “weg”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.