Prokureur steel glo van kliënt se boedel

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

ʼn Voormalige prokureur het Maandag in die Port Elizabethse streekhof verskyn op aanklag van diefstal. Hy word daarvan beskuldig dat hy R261 000 van ʼn kliënt se boedel, wat hy as eksekuteur hanteer het, gesteel het.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die prokureur, Gavin du Plessis (48), was slegs geregtig op ʼn fooi van R 60 000 vir die diens wat hy in Junie 2008 as eksekuteur gelewer het.

“Die ondersoek wys egter dat Du Plessis ʼn totaal van R320 000 van die kliënt se boedelrekening na sy eie persoonlike bankrekening oorbetaal het,” sê Nkwalase.

Toe die begunstigdes nie die boedelgeld ontvang het nie, het hulle dit aan die Valke in Port Elizabeth rapporteer.

Nkwalase sê Du Plessis is in 2009 van die prokureursrol geskrap.

Du Plessis het skuldig gepleit op die aanklag van diefstal. Hy sal op 29 Julie vanjaar gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ES ·

4 jaar se harde leer, 2 jaar se praktiese beroepsopleiding (voorheen bekend as artikels) en 4 baie moeilike raadseksamens – net om dit als weg te gooi omdat jy gulsig is…

Ek kan nie verstaan hoe werk mense se verstand nie.

Stofdonkie ·

Dis nou regtig ‘n mors. Ek is seker die prokureur kon darem goeie geld maak deur eerlik te wees. Nou vir 60k sy hele lewe opmors.

Scalla ·

Volgens wetgewing was hy geregtig op 3,5 % eksekuteursfooi, benoude katte maak benoude spronge, mag hy swaar gestraf word aangesien hy die beroep oneer aanbring.

ES ·

Dis reg – en dis voor belasting! Dis basies geld vir jou handtekening en papierwerk en ‘n halwe dag by die aktekantore (wat die artikels klerk in elk geval vir jou doen). Hoe gulsig kan mens dan wees…?

Dana ·

Dieselfde het met my pa se boedel gebeur. My ma het dit egter eers uitgevind na die prokureur se afsterwe. Gelukkig is die geld aan haar terugbetaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.