ʼn Vooraanstaande prokureur wat onder andere die EFF-leier, Julius Malema, verteenwoordig, verskyn na verwagting vandag in die hof ná ʼn skietery Donderdag op ʼn sitrusplaas naby Polokwane in Limpopo.
Maroela Media het vroeër berig die man, wat ook ʼn direkteur van die Zebediela-sitrusplaas is, is deur die polisie gesoek nadat hy na bewering vier werkers op die plaas die oggend tydens ʼn vergadering geskiet het. Konflik het tydens die vergadering ontstaan en toe die werkers oproerig raak, het die man na bewering ʼn vuurwapen uitgepluk en lukraak op die werkers losgebrand. Die man het onmiddellik ná die skietery in sy voertuig gespring en gevlug.
Vier mense, onderskeidelik 32, 38, 50 en 52 jaar oud, is gewond van wie een se toestand ernstig is.
Die prokureur is omstreeks 17:30 deur die polisie in Polokwane aangekeer.
Die man sal na verwagting in die plaaslike landdroshof verskyn op vier aanklagte van poging tot moord.
Die Zebediela-sitrusplaas was eens op ʼn tyd ʼn reuse-sitrusprodusent, maar het finansiële probleme begin ervaar sedert dit in 2003 ná ʼn grondeisproses aan die plaaslike gemeenskap oorhandig is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Wonder of die EEF en hulle leier ook teen die man gaan betoog en weier dat hy mag borgtog kry.
Was!!!se weer…WAS eers op n tyd. Daar het julle dit.
Hier kom die waarheid nou soos die karakters in Animal Farm. Die een is meer gelyk as die ander.
Ja nee – 2003 – kyk wat het julle gemaak
Ek glo die huis is ook afgebreek en pondokke is gebou, hulle ken nie van bou of boer nie! Drie hoenders en n pondok verder breek hulle af