Prokureur vas in hof oor dwelms

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Prokureur van Kaapstad het Donderdag in die Mitchellsplein-landdroshof verskyn nadat sy die vorige dag in dieselfde hof in hegtenis geneem is.

Eric Ntabazalila, woordoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Ursula Vreugde is Woensdag in die Mitchellsplein-landdroshof in hegtenis geneem nadat sy glo 30 pakkies tik aan haar kliënt gegee het. Ivan Jacobs, Vreugde se kliënt, het in ʼn onverwante saak in die hof verskyn.

Volgens Ntabazalila het Vreugde Donderdag op aanklag van die besit van dwelms in die hof verskyn en is sy op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lindie Lourens ·

30 pakkies tik- net R1000 borg???????????????????????

lillian ·

Hopelik word sy van die prokureursrol ook geskrap en sit in die tronk vir altyd!

Eish! ·

Is die berig nie bietjie afgeskeep nie? Regtig meer inligting sou beter gewees het. Het sy die klient verteenwoordig? Is dit ‘n drug klient of iemand wat haar dienste vir ‘n saak gebruik het? Waar het die ruiling plaasgevind? Het iemand vooraf inligting gehad oor die smikkel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.