Prokureur vas ná skietery op sitrusplaas

Foto: SAPD/Facebook

Die prokureur wat gesoek is ná ʼn skietery Donderdagoggend op ʼn sitrusplaas naby Polokwane in Limpopo, is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die prokureur is omstreeks 17:30 in Polokwane vasgetrek. Volgens Ngoepe sal die man na verwagting Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn op vier aanklagte van poging tot moord.

Maroela Media het vroeër berig die man, wat ook ʼn direkteur van die Zebediela-sitrusplaas is, is deur die polisie gesoek nadat hy na bewering vier werkers op die plaas Donderdagoggend tydens ʼn vergadering geskiet het. Konflik het tydens die vergadering ontstaan en toe die werkers oproerig raak, het die man na bewering ʼn vuurwapen uitgepluk en lukraak op die werkers losgebrand.

Vier mense, onderskeidelik 32, 38, 50 en 52 jaar oud, is gewond van wie een se toestand ernstig is. Die man het onmiddellik ná die skietery in sy voertuig gespring en gevlug.

Die Zebediela-sitrusplaas was eens op ʼn tyd ʼn reuse-sitrusprodusent, maar het finansiële probleme begin ervaar sedert dit in 2003 ná ʼn grondeisproses aan die plaaslike gemeenskap oorhandig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johannes van Staden ·

Ken die plaas …en nou is daar niks oor nie van dit ….nog n anc gemors !

Jaco ·

Eerstens wil ek weet. Moes die boer maar wag tot die werkers hom anrand? Nou wil ek ook weet. Wys die berig niks? Wat ek meen is die volgende ” DIE PLAASE WAS N REUSE SIETRUSPRODUSENT TOT DIE GRONDEISE PROSES” Wys jou net waarnatoe gaan ons mooi land.

Cherokee ·

Dìt Jaco, vervreemding van grond, is waarvoor die EFF, ANC en die DA hulle beywer.

Boerseun ·

As bestuurder sou hy voorheen baie konflik situasies moes hanteer. Hoekom sou hy lukraak net begin skiet maar kom ons kyk, jammer vir hom is dit 4 teen een se woord nou.

W ·

Julle moet leer om tussen die media lyne te lees! Die is nie n boer nie, dit is n Malema prokereur wat direkteur van n BEE grondeis mpy is.

Martins ·

Ek glo daars n baie goeie rede hkm daar geskiet was, miskien self verdediging.as hy hul wou dood skiet sou hy.

TDW ·

Ek ken die frustrasie. Partymaal wil ek ook net my wapen uitpluk. Gelukkig hou die Here my onder beheer.

Boerseun ·

Dink nie die ou sou lukraak begin skiet het as hy nie bedreig gevoel het nie. En as bestuurder sou hy baie konflik situasies voorheen ook gehad het so hoekom die keer skie. Moeilikheid nou is, dit is 4 se woord teen een.

hendrik ·

Hy is mos n EFF prokureur. Ek steur my geensins aan hierdie nuus nie.

nhk ·

Die toestand van die plaas wat was en wat nou is spreek van self. Nie al een ook nie. Meniges spreek van self.

Vryheid ·

Om te boer in ons land is byna n onmoontlike taak. Daar is bedreiging van alle oorde. Die swak ekonomie, werksmense se eise, water tekorte, hoe elektriese koste, hoe inset koste, plaas aanvalle en bitter laer winsgrense breek tot die sterkste man se moed. Ek glo dié berig het n baie groter storie agter aan as wat berig word hier.

tom ·

Hierdie probleem op daai plaas kom al langkal gelukkig is daar geen blankes betrokke nie anders was dit weer n rassistiese belediging

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.