Prokureur vas wat glo eie dood vervals

Adriaan Venter. Foto: Facebook

ʼn Voormalige prokureur van Vryheid in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy eie dood vervals het as deel van beweerde versekeringsbedrog.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 34-jarige man en 25-jarige vrou is vandeesweek in Durban in hegtenis geneem in verband met beweerde versekeringsbedrog nadat een van hulle op 28 Augustus vanjaar ʼn bedrieglike versekeringseis in verband met ʼn persoon se afsterwe ingedien het.

Die twee verdagtes het Vrydag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog. Gwala kon nie onmiddellik die uitkoms van die hofverrigtinge bevestig nie. Die saak word deur die Punt-polisiestasie in Durban ondersoek.

Die Vryheid Herald het die twee verdagtes as Adriaan Venter en sy verloofde geïdentifiseer. Gwala wou egter nie die name van die verdagtes onmiddellik bevestig nie.

Die Vryheid-gemeenskap is in Julie vanjaar geruk deur die skielik afsterwe van Venter wat ʼn regsfirma op dié dorp bedryf het. Vryheid Herald het destyds ʼn boodskap van Venter se ouers, Frik en Remertha Venter, geplaas waarin hulle skryf dat hulle almal in kennis wil stel van die afsterwe van hul seun.

In die boodskap word beweer dat Venter op 25 Julie 2017 aan ʼn hartaanval gesterf het. Die berig lui verder dat Venter se praktyk ʼn eenmanspraktyk was, en dat die firma om daardie rede nie meer bestaan nie. Venter se verloofde het in dié tyd ook ʼn foto van haar en Venter op haar Facebook-profiel gedeel waarna talle mense hul skok oor sy skielike afsterwe uitgespreek het en boodskappe van bemoediging gedeel het.

ʼn Gedenkdiens vir Venter is in ʼn kerk op die dorp gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Buitestander ·

Al is die leun hoe snel die waarheid agterhaal hom wel!!

Daisy le Roux ·

Julle nuus is altyd eerste bekend en op die man af.

Andre ·

Ek is nou regtig dom daar is mos n ligaam nodig n dokter wat n dood sertifikaat moet gee n lyks besorger wat die ligaam moet begrawe hoe het alles gebeur?

Tokkie ·

Nee dis nie dom nie goeie vraag waar is die lyk ? Doodsertifikaat , ook baie verdag om op 34 n hartaanval te kry ? Die versekering moes sekerlik al hierdie dinge nagegaan het

Dewald ·

Tokkie, hartaanval op so jong ouderdom is lankal nie meer so vreemde ding nie maar al die ander dinge is baie verdag.

KG ·

Dis baie moontlik dat die verskeringsmaatskappy agterkom het dat daar bedrog betrokke is. Daar is baie faktore wat na gekyk word wanneer ‘n eis deurkom.

SommerNetSê ·

In die Vryheid Herold berig verwys hulle na ‘n vervalsde doodsertifikaat, verassing wat deur sy verloofde gereel is en dat die versekering wel onraad vermoed het en dis hoe hulle op die lughawe gevang is. Aai voel so jammer vir sy ouers. Hulle is gesiene mense op die dorp. Sout van die aarde mense.

Leo ·

As jy n skelm is is daar baie maniere om sertifikate te vervals!

Anoniem ·

Dink daar is baie meer medepligtiges….. Die man is weg met miljoene rande ban kliente….. Mag reg en geregtigheid geskied……

SjN ·

Daar is ander persone betrokke saam met die skelm prokureur, verslae ens, hoop hul boet almal, geld wat stom is maak reguit wat krom is, tot op n punt.

Cor ·

Daar is goeie eerlike prokureurs en ook nie sulke eerlikes nie. As jy hoer leef as jou inkomste en daar is kliente se trust gekde is dit maklik om dit te misbruik. As jy nie die fondse kan terug plaas nie moet jy n ander plan maak , selfs deur dood te speel . Korrupsie is mos die nuwe nasionale sport.

Dereck Le Roux ·

Die leuen het spoed maar die waarheid het uithouvermoe.

Tienie ·

Ek is ook ‘n Venter , maar as ek hierdie rubriek lees lyk my ons is soos katte want die gesegde wat sê – ‘ die kat kom terug ‘ ?

Hansie slim ·

Aai julle is darem skerp!
Tussen al die slegte nuus, het julle darem my lekker laat lag vir ‘n slag. Ons soek sulke kommentaar!!!
Is die man se naam nie dalk Gupta Venter nie?

alwyn burger ·

Ons het te veel prokureurs!. Elke tweede politikus is ñ persoon met ñ LL. B.-graad. ñ Te maklik bekombare graadjie. Hulle kan nie hul werk waarborg nie en word vêr buite verhouding vergoed.

Carien Lambert ·

Ag regtig.Vertel ons bietjie van jou kwalifikasies Alwyn.Dalk kan al ons ou LLB tjies iets beter word..jy weet,iets soos wat jy is.

Tienie ·

Jy weet Hansie slim , terwyl jy daarvan praat , hy trek darem baie na Ajay Gupta – mag dalk wees

Casper Labuschagne ·

Die positiewe aspek hiervan is dat persone wat as “verdagtes in aanhouding” geklassifiseer word, vir die volgende dekades 24/7 gratis regshulp sal ontvang vanaf ‘n bedrewe kenner in die veld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.