Prokureur voor hof ná skietery op sitrusplaas

hof-hamer

Argieffoto.

Tumi Mokoena, die bekende prokureur wat gesoek is ná ʼn skietery Donderdagoggend op ʼn sitrusplaas naby Polokwane in Limpopo, het Vrydag voor die Lebowakgomo-landdroshof in Limpopo verskyn op vier aanklagte van poging tot moord.

Mokoena, wat daarvan beskuldig word dat hy vier werkers Donderdagoggend tydens ʼn vergadering op die Zebediela-sitrusplaas geskiet het, is Donderdag omstreeks 17:30 in Polokwane vasgetrek.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê hy sal tot 27 Junie agter tralies wees wanneer hy ʼn formele borgtogaansoek kan indien.

Maroela Media het vroeër berig Mokoena, wat ook ʼn direkteur van die Zebediela-sitrusplaas is, is deur die polisie gesoek ná die skietery tydens genoemde vergadering. Konflik het glo tydens die vergadering ontstaan en toe die werkers oproerig raak, het die man na bewering ʼn vuurwapen uitgepluk en lukraak op die werkers losgebrand.

Vier mense, onderskeidelik 32, 38, 50 en 52 jaar oud, is gewond, van wie een se toestand ernstig is. Die man het onmiddellik ná die skietery in sy voertuig gespring en gevlug.

Die Zebediela-sitrusplaas was eens op ʼn tyd ʼn reuse-sitrusprodusent, maar het finansiële probleme begin ervaar sedert dit in 2003 ná ʼn grondeisproses aan die plaaslike gemeenskap oorhandig is.

Die polisieondersoek na die voorval duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Drakensberger ·

Ja, so sal alles agter uit gaan as dit “oorhandig” word! Dankie tog dit was nie ‘n blanke wat die skiet werk gedoen het nie. Laat ons maar sien of dit enige opslae in die media gaan maak.

Toe nie so liberaal ·

Dit maak nerens oplsae nie. Die kamma “liberale” media niem dit nie eers nie.

Tersia ·

Waar is die ANC, EFF en vroueliga om die mense op te sweep. Die plek te verwoes. Hul is afwesig by die hospitaal en polisiekantoor

Scalla ·

Dit is mos nou weer die gulde geleentheid om n paar drank winkels te plunder.

Siek en Sat ·

En dit is nog Malema se prokureur…Wonder Maar net….

Net soos ·

Net soos ‘n motorwerktuigkundige wat sy eie voertuig onderhou kan hy homself in die hof verdedig. Hy weet mos ook presies wat gebeur het.

Swart boer ·

Baie plaaswerkers het al vir my gesê hulle werk baie meer graag vir blanke boere as vir swart boere want eersgenoemde behandel hulle baie, baie beter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.