Die prokureur wat glo miljoene van sy regsfirma gesteel het, is op borgtog vrygelaat.
Corné Ackerman (45) het Woensdag in die landdroshof in Bethlehem in die Vrystaat verskyn en is op borgtog van R25 000 vrygelaat. Maroela Media het vroeër berig Ackerman staan tereg op 40 aanklagte van bedrog nadat hy glo meer as R16 miljoen gesteel het. “Hy word daarvan beskuldig dat hy tussen Januarie en Junie 2019 geld uit die regsfirma se trust- en beleggingsrekening oorbetaal het na verskeie onbekende begunstigdes. Toe hy daaroor gekonfronteer is, kon hy glo nie rekenskap gee vir die transaksies nie,” het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.
Hy sal weer op 18 Mei in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Hy betaal sy borg van R25000 met n smile en gaan dan verdwyn met die R15975000. Winsgewende bedryf.
hulle word nie verniet proku-rowers genoem nie