Prokureur wat steel moet getrouheidsfonds terugbetaal

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Prokureur van George wat aan diefstal skuldig bevind is, moet net meer as ʼn kwartmiljoen rand aan die getrouheidsfonds vir prokureurs terugbetaal.

ʼn Kliënt het in Junie 2015 altesaam R275 209,99 in Terence John Mouton (40), verbonde aan TJ Mouton Prokureurs, se trustrekening inbetaal vir die aankoop van ʼn eiendom. Die geld is egter nie gebruik vir die koop van die eiendom nie, maar is wanbestee, het Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, gesê.

Mouton is in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem. Hy het skuldig gepleit op die aanklag teen hom, is skuldig bevind en vyf jaar tronkstraf opgelê. Dit is op streng voorwaardes vir vyf jaar in geheel opgeskort.

Die landdros het Mouton beveel om minstens R55 051,99 per jaar aan die getrouheidsfonds vir prokureurs te betaal tot die skuld ten volle vereffen is.

Hani sê Mouton moet ook 16 uur gemeenskapsdiens per maand vir die duur van sy vonnis verrig. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Nou hoe het sy bevoegdheid om vuurwapen te besit, iets met die diefstal te doen?