Prokureur wou glo Valke omkoop

Argieffoto

ʼn 67-jarige prokureur is in Parktown in Johannesburg in hegtenis geneem toe hy lede van die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) wou omkoop.

“Godfrey Sipho Sibiya (67) het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, gesê.

Sibiya het die Valke glo omkoopgeld van R50 000 aangebied sodat hulle hul ondersoek teen sy kliënte moet opskort. Die man verteenwoordig vyf werknemers van die departement van gesondheid wat ondersoek word dat hulle in 2016 poste binne die departement verkoop het vir tussen R5 000 en R6 000.

“Sibiya is vrygelaat op borgtog van R2 000 en die saak is uitgestel tot 18 Mei vir verdere ondersoek,” het Mulamu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Geraamte ·

Janee die regsmanne is nie altyd bo verdenking soos wat hulle ons wil laat glo nie. Jy word gedreig as jy iets verkeerds teen hulle durf waag om te se terwyl baie van hulle maar geraamtes in die kas het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.