Regsverteenwoordigers van voormalige president Jacob Zuma, die voortvlugtige Gupta-familie en die voormalige minister van openbare ondernemings Lynn Brown, het Maandag die Staatskapingskommissie van ondersoek versoek om hulle nog tyd te gun om die bewerings teen hul kliënte te ondersoek.
Die advokate het gesê hulle het ʼn kort kennisgewing van die kommissie gekry om hulself namens hul kliënte voor te berei.
“Die reëls bepaal dat ons redelike kennisgewing ontvang. Julle het baie werk gedoen om voor te berei; ons versoek slegs ʼn redelike tydsraamwerk om die bewyse te hanteer,” het adv. Michael Hellens, wat Ajay Gupta verteenwoordig, gesê. “Ek verwys spesifiek na die getuienis van Vytjie Mentor en Themba Maseko, asook toekomstige stukke bewyse wat kruisondervraging sal benodig.”
Hellens is verantwoordelik om getuienis van voormalige staatswoordvoerder Themba Maseko en voormalige ANC-LP Vytjie Mentor na te gaan. Maseko het aan die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela gesê toe hy destyds die uitvoerende hoof was van die regerings se kommunikasiediens (GCIS), het Zuma hom in 2015 gevra om die Gupta-broers te “help”, wat in daardie stadium die eienaars was van die nuuskanaal ANN7 en die New Age-koerant.
Maseko het gesê toe hy geweier het om te help, het Ajay vir hom gesê hy sal “hanteer word”. Hy is later uit die GCIS afgedank.
Zuma se advokaat Muzi Sikhakhane het gesê hy het op 3 Augustus kennisgewings van die kommissie ontvang. “Ons versoek dokumentasie wat dit vir ons maklik sal maak om te weet watter saak dit is en wat die implikasie is vir ons kliënte. Ons het ʼn dokument ontvang toe ons dit Vrydag versoek het. Ons bevestig daar sal nie enige vertragings wees nie.”
Paul Pretorius, hoof van die kommissie se regspan, het vroeër die omvang uiteengesit. Hy het gesê bewyse van die nasionale tesourie sal ook aan die kommissie voorgehou word. Die kommissie sal glo teen die einde van die week kenners se getuienis hoor oor staatskaping en ʼn vergelykende analise van ander lande, het Pretorius bygevoeg.
Hou op speel vir tyd en maak die tronkdeure oop!
Daar is nie verskoning oor tyd nie. Die ondersiek is al meer as jaar terug deur die destydse OB aanbeveel en versterk deur hofuitspraak. Is maar net desperate poging om nie in tronk te beland nie. Ook om finale aksie te vertraag tot na verkiesing. Ons is in groot gemors ongeag jou velkleur. Rowers het geen genade nie.
Ou taktiek. Speel.vir tyd . Zuma se ou taktiek.
Hoe lank wil hulle nog sloer? Did nie n staatsgeheim dat daar massiewe staats kapping was nie? Wow is dit nuus vir enige een. Wonder of sy regspan slaap in die aand?