‘Prominente sportster’ vas wat spoedgrens oorskry

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bekende sportster is Vrydag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy glo die spoedgrens oorskry en met ʼn motor sonder nommerplate gery het.

Ishmael Mnisi, woordvoerder van die departement van vervoer, het die inhegtenisneming aan Maroela Media bevestig. Mnisi wou egter nie die persoon se identiteit onthul nie.

“Al wat ons nou kan sê is hy is ʼn prominente sokkerster. Ons sal eers sy naam bekend kan maak wanneer die polisie se voorlopige ondersoek afgehandel en hy formeel aangekla is,” het hy gesê.

Mnisi het bevestig die man is in die weste van Johannesburg in hegtenis geneem en is tans in polisieaanhouding. “Nog aanklagte kan dalk bykom, maar ons wil nie nou bespiegel nie. Ons wag vir die polisie om hul ondersoek af te handel en dan sal die departement sy naam bekendmaak.”

Dit is nog nie duidelik wanneer die bestuurder in die hof sal verskyn nie.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het in aanloop tot die Paasnaweek gesê bestuurders wat gevang word dat hulle teen ʼn hoë spoed jaag, se name moet bekendgemaak word en hulle moet nie die opsie kry om vir borgtog aansoek te doen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vra maar net ·

Is hy Polisie stassie toe geneem sodat hy kan ontsnap?

Martie Squier ·

Goeiedag,

Hoe gaan ek te werk indien GrysKrag ‘n persvrystelling op julle internetkuierplek wil plaas

Martie Squier

Ben ·

Hou maar sy naam! Ek kan een en een bymekaartel! Gooi net asb die sel se sleutel weg!

Mariana ·

Hoekom moet sy naam geheim gehou word? Is hy verhewe bo die res van die samelewing omdat hy n sportster is. Geen wonder ons land is deurtrek van korrupsie nie. As hy in daardie kar sou gesterf het as gevolg van spoed en dalk n paar onskuldige padverbruikers saam hom sou geneem het, sou jy seker ook n ere begrafnis gehad het en as n held die wereld verlaat het. Solnk ons die ongehoorsame, wetbrekers van ons land beskerm gaan die gehoorsame wetstoepassers van die land met hul lewens boet. Dis tyd dat daar voorbeelde gemaak word van sulke mense, hulle moet weet, hul is nie verhewe bo die wet net omdat hul sportsterre of hoog geplaastes is nie. Ons onskuldige, nederige wetstoepassers het tog ook n se of hoe?

Johann ·

Maak maar sy naam bekend. Onlangs was ‘n man van PE in ‘n ongeluk betrokke en sy naam en werkplek was bekend kort daarna! Waar trek ons die skeidslyn?

Vicus ·

Omdat dit n swart sokkerster is. Logika. Wat het nou van Dipuo se onderneming geword. Nog net ses weke dan is ek in Australië. Down under! Lekker.

Jef ·

Gooi hom in die sel en verkoop sy kar en gebruik die geld om kos te koop vir arm mense.

Bruno Stef ·

Toe Steve Hofmeyr by Bronkhorstspruit gevang is vir n spoedoortreding het die media eintlik kortasem geraak om sy naam en detail van die aangeleentheid bekend te maak.Die geleentheid is toe ook sommer benut om Steve se persoonlike lewe tot vervelens toe te herhaal solank hulle in hulle eenvoudigheid hom net kon bykom.

Jan maak n Plan ·

Hi mense, ons weet mos nou al lankal ddar twee stelle reels. Een vir ons en een vir hulle. Die outjie sal net met salie blaar takkie oor die vingers gepiets word dis al.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.