ʼn Propvol Vaaldam se sluise sal Dinsdag om 10:00 oopgemaak word.
Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, sê die damvlak het teen Maandag op 107% gestaan.
“Die opening van die sluise volg op volgehoue swaar reën oor die afgelope twee weke in die opvangsgebied van die geïntegreerde Vaalrivierstelsel en die Oranjerivier,” sê Ratau.
Die departement sal die stelsel deurlopend monitor en kan mettertyd meer sluise oopmaak as die reën voortduur.
Boere en gemeenskappe stroomaf van die dam is gewaarsku om hul toerusting te beveilig of te verskuif en mense is gemaan om nie enige kanse op laagliggende brûe wat moontlik kan oorstroom, te waag nie.