Propvol Vaaldam se sluise Dinsdag oopgemaak

Die Vaaldam se sluise sal Dinsdagoggend oopgemaak word. (Foto: Dept. van water en sanitasie)

ʼn Propvol Vaaldam se sluise sal Dinsdag om 10:00 oopgemaak word.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, sê die damvlak het teen Maandag op 107% gestaan.

“Die opening van die sluise volg op volgehoue swaar reën oor die afgelope twee weke in die opvangsgebied van die geïntegreerde Vaalrivierstelsel en die Oranjerivier,” sê Ratau.

Die departement sal die stelsel deurlopend monitor en kan mettertyd meer sluise oopmaak as die reën voortduur.

Boere en gemeenskappe stroomaf van die dam is gewaarsku om hul toerusting te beveilig of te verskuif en mense is gemaan om nie enige kanse op laagliggende brûe wat moontlik kan oorstroom, te waag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.