Proses skop af om Mugabe uit kussings te lig

Robert Mugabe. Foto: ANA

Zimbabwe se parlement het Dinsdag met die proses begin om pres. Robert Mugabe in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Jacob Mudenda, speaker van die parlement, het gesê ʼn mosie in dié verband is ontvang en dat die parlement se verrigtinge na die Internasionale Kovensiesentrum in Harare verskuif is om ʼn gesamentlike sitting te huisves. Die parlement is te klein om lede van die nasionale vergadering en die senaat te huisves.

Duisende mense het intussen buite die parlement betoog en geëis dat Mugabe bedank. Die verrigtinge sal na berig word om 16:30 begin.

Die parlementêre sitting kom nadat Mugabe nie gehoor gegee het aan Maandagmiddag se spertyd om te bedank nie. Mugabe en sy vrou, Grace, is Sondag van hul pligte in Zanu-PF, die regerende party in Zimbabwe, onthef.

Mugabe het nie Sondagaand soos verwag as president van dié land bedank tydens ʼn regstreekse uitsending op die openbare uitsaaier ZBC nie.

Maroela Media het vroeër berig art. 97 van die grondwet maak voorsiening vir Mugabe om verwyder te word. Die artikel bepaal dat as ʼn eenvoudige meerderheid van die senaat en die nasionale vergadering glo die president moet van sy amp onthef word vanweë ernstige wangedrag, sy versuim om die grondwet te handhaaf of sy onvermoë om die funksies van die amp te verrig, hulle by magte is om ʼn komitee saam te stel wat alle partye in die parlement verteenwoordig om die president se afdanking te ondersoek.

Indien die komitee aanbeveel dat die president uit sy amp ontslaan moet word, kan ʼn gesamentlike sitting van die senaat en die nasionale vergadering daarvoor stem. Indien tweederdes ten gunste daarvan stem, word die president onmiddellik uit die kussings gelig.

Die persoon wat mees onlangs die waarnemende president was, sal dan vir ʼn tydperk van 90 dae waarneem as president, terwyl die regerende party vanuit eie geledere ʼn plaasvervanger kies om die ampstermyn te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Benjamin ·

Ek sien daar word berig dat Zuma opad is Zim toe.. seker om te gaan probeer keer. Plaas fokus hy op die gemors op eie bodem. Wens so zim gooi hom uit. Zuma seker bang soortgelyk gebeur eersdaags op sy eie voorstoep.

Johann ·

Whahahahaaaa! Askuus, weet dis AFRIKA en AFRIKA tyd, maar watter.proses van watter voorstel van watter opsie van watter tyd speel om wat oor is leeg te dra praat ons? En ek kan net IMAGINE hoe die tel warmmmmm gepraat word na Bob se comrade Zumaiki hier in Syid Zuptipia vir blyplek.

Johann Marx ·

Aggenee….as dit gebeur en Zim word weer die land wat dit was, en al die Zimbabweans gaan terug Zim toe, sit die kontrakteurs in Suid Afrika in ‘n penarie……want doen moet hulle probeer om produktiwiteit uit die plaaslike arrogante, lui, stakende, onopgeleide, aanmatigende astrante arbeiders te kry………en dit gaan nie maklik wees nie!!

Chris Ws ·

Pas op BBC Nuus gehoor Robert Mugabi het bedank uit sy eie uit!Nou is dit Zuma se beurt!!

Stephen Namibia ·

Weet nie wat Zuma daar gaan soek nie. Hy kan die proses nie meer keer nie. Dis soos om die Dokter te roep as die pasient reeds in die Lykshuis is.

Benjamin ·

Stem saam Stephen.. maar jy weet Zuma so dikvellig môre sal hy seker voor Zim se parlement gaan staan en giggel soos hy altyd doen en sê “oh the honorable Mugabe made a funny mistake, he is still president”… Zuma moet maar eerder terug kom en sy tas kom pak en saam Mugabe Dubai toe trek.. good riddance!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.