Prostituut sit lank vir moord op eggenoot

court-hammer_thumbThenjiwe Griffiths (32) van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Woensdag gevonnis vir die moord op haar 60-jarige man, Alan.

Griffiths is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord en ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede. Alan se liggaam is in Januarie 2006 in ʼn veld naby Colenso gevind. Hy was verwurg en van sy ribbes was gebreek.

Die paartjie was agt maande lank getroud. Regter Sishi Seegobin het tydens vonnisoplegging gesê Alan, ʼn afgetrede ingenieur, “het nie verdien om op die manier dood te gaan nie”.

Griffiths het glo mense gehuur om hul as rylopers voor te doen en haar man te vermoor. Alan, ʼn alkoholis, was ʼn afgetrede ingenieur in Richardsbaai toe hy Thenjiwe, ʼn prostituut, ontmoet het. Sy het in ʼn plaaslike kroeg gewerk.

Connie Marais, Alan se voormalige prokureur, het aan die hof gesê dat sy kliënt binne ʼn maand nadat hulle getrou het, wou skei. Hy het ʼn beskermingsbevel teen haar en haar familie bekom. Hulle was binne gemeenskap van goedere getrou en sy was dus geregtig op die helfte van sy besittings. Sy het onder meer Alan se motor, bankkaarte en ander besittings gevat en hom by tye binne die huis toegesluit of uitgesluit.

Griffiths het onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.