Protea-kolwers sal hul sokkies móét optrek

Josh Hazlewood het vroeg van Rassie van der Dussen ontslae geraak. Foto: Indranil Mukherjee/AFP.

Die Protea-kolwers sal inderhaas hul sokkies moet optrek indien die span enigsins daarvan wil droom om vir die uitspeelwedstryde van die T20-Wêreldbeker te kwalifiseer.

Temba Bavuma, Quinton de Kock, Rassie van der Dussen en Kie. het vandag klei getrap en die Suid-Afrikaners kon slegs 118/9 in hul toegelate 20 boulbeurte teen Australië in Abu Dhabi bymekaarskraap.

Snaaks genoeg was dit nie net die draaiers wat verwoesting onder die Protea-kolwers gesaai het nie; Josh Hazlewood (2/19) het met sy lyn en lengte beïndruk en hy het vroeg van De Kock en Van der Dussen ontslae geraak.

Daarbenewens het sommige van die kolwers met die onsekerheid van ’n skaam tiener (wat boonop ’n swak rapport vir sy ouers moet wys) gespeel.

In ’n Wêreldbeker-wedstryd is daar nie tyd vir onsekerheid nie – ’n span moet vinnig sy stempel afdruk.

Dit is egter geen geheim dat die Proteas se boulaanval hul sterk punt is nie, en hulle het so byna die kastaiings uit die vuur gekrap.

’n Vurige Anrich Nortjé het gereeld die spoednaald in die rooi gedruk, terwyl Kagiso Rabada van die gevaarlike David Warner ontslae geraak het.

Aiden Markram het met ’n skitterende vangskoot vorendag gekom om van Steve Smith ontslae te raak. Foto: Indranil Mukherjee/AFP.

Voeg daarby akkurate draaiboulwerk en ’n briljante vangskoot deur Aiden Markram en die Aussies het skielik op 81/5 in die 16de boulbeurt gesteier.

Maar die Australiese kolflys is lank en Marcus Stoinis het uiteindelik die wenlopies van die tweede laaste aflewering van die wedstryd geslaan.

Die Proteas kan trots wees op die wyse waarop hulle teruggeveg het, maar hulle sou ’n baie groter kans gestaan het om die wedstryd te wen as die kolwers net tien meer lopies geslaan het.

Bavuma het juis ná die wedstryd gesê dat die kolwers hand in eie boesem sal moet steek.

“Australië het goed geboul en hulle het vinnig by die kolfblad aangepas – hul snelboulers het vroeg in die beurt ’n korter lengte begin boul. Aiden verdien lof vir die wyse waarop hy gekolf het, maar verder het dinge kolfgewys glad nie volgens plan verloop nie,” het Bavuma gesê.

Die Suid-Afrikaners speel Dinsdag teen die Wes-Indiese Eilande.

Opsommende telkaart:

Proteas 118/9 in 20 boulbeurte: Aiden Markram 40, Kagisa Rabada 19 en Josh Hazlewood 2/19.

Australië 121/5 in 19.4 boulbeurte: Steve Smith 35, Marcus Stoinis 24* en Anrich Nortjé 2/21.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dries ·

CHOKERS,,,,,CHOKERS. Shame. Hand in eie boesem steek. I rest my case????????????????????????????????????????

Jr ·

Van af die kniel storie, gee nie n dit om wat met hulle gebeur. Kan alles verloor vir al wat ek omgee.
En ek is lief vir krieket

Malan ·

Ja, almal sover ek kon sien. Gewoonlik kniel Quinton en Heinrich nie, maar ek kon hulle nie sien nie.

MakersMark ·

Ja nee spul blm profete. Dankie Australië. Dan staan Bavuma daar met sy mond vol tande…..spul narre.

Malan ·

Dit is onmoontlik om van “chokers” na knielers na kampioene te gaan.

piet ·

Ons gaan die toernooi wen. Selfde begin as die rugby wereldbeker. Van nou af gaan ons almal platvee.

MakersMark ·

piet ek ondersteun sa sport met watter spelers ookal. Al wanneer ek bly is hul verloor is wanneer hul begin kniebuig. Dit waarvoor blm staan het geen plek in sport nie. Bygesê rassisme het ook nie plek in sport nie. Dis die een ekstreem na die ander. En heeltemal onnodig.

Dirk Mostert ·

Dit moet ‘n nuwe variant van covid wees. Ek stem sowaar met jou saam!

piet ·

Hoekom? Die kniebuig-storie is ‘n persoonlike ding. Sover ek weet word hulle nie gedwing om knie te buig nie en is daar inderdaad van die spelers wat nie kniebuig nie. So nou wil sommiges nie die span ondersteun nie omdat van die spelers hul persoonlike mening ten toon stel. Wat het van vryheid van spraak geword, moet ons dit nie respekteer nie (vryheid van spraak)? Ons weet egter dat daar rassiste is wat in elk geval nie die span ondersteun nie vir die blote rede dat daar swart spelers in is. Persoonlik sal ek ook nie die knie buig nie maar ek respekteer ander se besluit om dit wel te doen en dit gaan my nie afsit om die span te ondersteun nie.

Dirk Mostert ·

My gedagte ook. In die WB Rugby is die eerste wedstryd verloor en daarna nie weer teruggekyk nie. Dis ‘n goeie span.

Pieter ·

Mooi gedoen proteas. Julle het ten minste 100 gekry. Julle het julle self vandag oortref. Bietjie te vroeg ge piek.Hulle moet nou nie grootkop kry nie.

Casper ·

Jeff presies hoe ek ook voel hulle verraai ons boere wat vermoor word.Ek voel vir hulle ….. en Greame Smith is net so rugstekers maar hy moet gatkruip.

casper ·

Die klomp rasse korrek kordaartjies is nie enigsins iets werd nie.
Hulle prestasies sal maar diedelfde as die magtige Bagfan wees !! -Bottom of the log !!
Viva regstellende aksie – almal ewe kark !!!

MakersMark ·

Ag wat is die eintlike woord nou weer…….?”
…… chokers” ja dis die Proteas daai.

Casper ·

Om die land verdere verleentheid en vernedering te spaar kom huistoe.Vir die spelers wat dinge moet “regstel”totale mislukking.De kock wat ‘n skandalige vertoning sovêr.

Casper ·

Jou openingskolwers moet ‘n vennootskap aan die gang kry vir jou middelorde kolwers om ‘n verdigbare telling daar te stel.As een kolwers vir min lopies uitgaan beteken dit indirek nommer 3 kolwer open die beurt.Kyk maar teen Pakistan het Rassie die boulers reg oor die veld geslaan.Bavuma is nie ‘n openingskolwer nie maar hy dring daarop aan dat hy open.Hardloop eens en twees en hou die telbord aan die gang en moet nie die leer van die bal af probeer slaan nie die swak aflewerings sal wel kom en speel elke bal op meriete.

piet ·

Rassie het nie lopies gekry nie, almal het vrot gekolf totdat Rabada die telling darem effe beter laat lyk het.

Dirk Mostert ·

Die snelboulers moet nog leer om die paaltjies aan te val en nie weg van die kolwer af te boul nie. Wydlopers het ons die wedstryd laat verloor. Dat v/d Dussen vroeg uit is was statisties verwag na sy vorige 101*.

Pieter9 ·

Oefen die knieg-hurk en vuis in die lug, mag dalk help met veldwerk… Ek ondersteun nie meer krieket nie en kan hulle maar elke wedstryd verloor. Want hulle wil eintlik in die politiek wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.