Proteas: 2 toets positief, 3 by toetsgroep gevoeg

Dwaine Pretorius in aksie. Foto: Christiaan Kotze/AFP

Krieket Suid-Afrika (KSA) het bevestig twee spelers het positief vir Covid-19 getoets terwyl drie spelers by die toetsgroep vir die reeks teen Sri Lanka gevoeg is.

“KSA bevestig dat twee lede van die Proteas-span positief vir Covid-19 getoets het ná hul geskeduleerde eerste toetsronde voor die toetrede tot die bioborrel vir die toetsreeks teen Sri Lanka.”

Dit volg kort nadat nog drie spelers tot die Proteas-groep gevoeg is vir die twee toetse teen Sri Lanka.

Raynard van Tonder, Lutho Sipamla en Dwaine Pretorius het by die groep aangesluit.

Van Tonder en Sipamla het nog nie toetskrieket gespeel nie, terwyl Pretorius van sy dyspierbesering herstel het.

Van Tonder is die voorste kolwer en puntemaker in die meerdagreeks met 604 lopies in vyf wedstryde met ʼn gemiddeld van 67,11. Die 22-jarige Knights-kolwer het vandeesweek sy derde dubbele honderdtal aangeteken.

Die eerste toets begin op 26 Desember in Centurion en die tweede toets op 3 Januarie in Johannesburg.

Proteas-groep:

Quinton de Kock (k), Temba Bavuma, Aiden Markram, Faf du Plessis, Beuran Hendricks, Dean Elgar, Keshav Maharaj, Lungi Ngidi, Rassie van der Dussen, Sarel Erwee, Anrich Nortje, Glenton Stuurman, Wiaan Mulder, Keegan Petersen, Kyle Verreynne, Migael Pretorius, Dwaine Pretorius, Lutho Sipamla, Raynard van Tonder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.