Proteas en Engeland se wedstryd uitgestel

Foto: Barco Greeff/AFP

Die eerste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland is uitgestel nadat een van die Proteas positief vir Covid-19 getoets het.

Die wedstryd sou Vrydag op Nuweland plaasgevind het, maar Krieket Suid-Afrika (KSA) het kort voor die aanvang daarvan die aankondiging gemaak.

Die ongeïdentifiseerde speler se positiewe uitslag het aan die lig gekom nadat toetse gedoen is ná afloop van die span se oefening Donderdag.

Volgens KSA is die uitstel van die wedstryd “in die belang van die veiligheid en welstand van albei spanne, wedstrydbeamptes en alle ander betrokkenes”.

Die eerste wedstryd vind nou Sondag in die Paarl plaas, terwyl die tweede wedstryd Maandag op Nuweland beslis word.

Die reeks eindig Woensdag met die derde eendagwedstryd op Nuweland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jr ·

Wie gee om . Geen verlies want ons sal verloor weer. Gaap. Black bowlers matter. Ngidi mmmmm

MakersMark ·

Dankie CV19 het die kniebuigers gered van ‘n liederlike loesing.

Vrijburger ·

Nee wat, stel sommer af en gee die reeks vir die Ingelse. He-he.

JBN ·

As dit nie kwotas is wat hul belemmer nie, dan is dit covid19. Jammer hulle speel nie vandag nie. Dit is altyd lekker om te sien hoe klap n merietespan n kwotaspan op die bek.

gehasie ·

So! Iemand het n verkoue…… en die persoon was seker nie eers bewus van diè verkoue nie. C-19 is sekerlik een vd grootste bedrog/klug aksies ooit, maar ten minste is daar die keer n voordeel vir een van die partye.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek het so iets verwag. Sport is nog nie gereed om uit die grendeltyd te kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.