Proteas en Springbokke pak mekaar

nelson mandela legacy proteas springbokkeDie Proteas en die Springbokke gaan mekaar Vrydagaand op Wanderers in Johannesburg die stryd aansê in die Nelson Mandela Nalatenskapbeker T20-wedstryd.

Die wedstryd word gereël deur Krieket Suid-Afrika (KSA), die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) en die Nelson Mandela-stigting, ter ere van die eerste herdenking van die afsterwe van oudpresident Nelson Mandela, het die stigting in ʼn verklaring op sy webwerf gesê.

Verskeie fondsinsamelingsveldtogte sal ook op die dag gehou word en aan die stigting geskenk word.

“Ons almal onthou nog die opwinding tydens verlede jaar se wedstryd tussen die Proteas en die Springbokke in Kaapstad,” het Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van KSA, gesê. “Ons verwag dieselfde vreugde van ondersteuners wanneer die nasionale spanne mekaar pak.”

Die bestuur van die twee spanne het onderneem om hulle beste spelers beskikbaar te stel vir die westryd.

“Madiba se afsterwe het alle Suid-Afrikaners geraak en ons het ʼn plig om sy nalatenskap voort te sit,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SARU, gesê.

Klik hier om kaartjies vir dié besonderse geleentheid te koop.
Klik hier om meer oor die wedstryd te lees.

Flip van der Merwe van die Springbokke en Hashim Amla van die Proteas het met ANN7 gesels:
http://youtu.be/gBIaanqLr8s

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.