Proteas kniel vóór Sri Lanka-stryd

Quinton de Kock. Foto: Maroela Media.

Die Proteas het vóór die aanvang van hul Wêreldbeker-wedstryd teen Sri Lanka die knie gebuig. En die TV-kameras het veral op Quinton de Kock gefokus.

De Kock, wat in die plek van Heinrich Klaasen speel, het ook agter die paaltjies gekniel, maar hy het nie sy vuis in die lug gesteek nie.

“Dinge gaan baie beter met die span as ’n paar dae gelede en Quinton is ook heelwat beter. Ons is gereed vir vandag se wedstryd,” het Temba Bavuma, Protea-kaptein, gesê.

’n Storm het vroeër die week om die talentvolle paaltjiewagter se kop losgebars nadat hy die Suid-Afrikaners se wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande om “persoonlike redes” misgeloop het.

Dit het gevolg kort op die hakke van Krieket Suid-Afrika (KSA) se eis dat elke speler vóór die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde die knie moet buig.

De Kock het vantevore staande gebly.

Hy het Donderdag ná ’n “emosiebelaaide” gesprek met KSA-verteenwoordigers gesê hy sal bereid wees om die knie te buig “as dit sal help om ander op te voed en die lewe vir ander beter te maak”.

Hy het egter steeds in die rigting van KSA gekap.

“Ek gaan nie jok nie. Ek was geskok toe ons op pad na ’n belangrike wedstryd aangesê is om ’n opdrag uit te voer, terwyl ’n mens tussen die reëls kon lees wat die moontlike gevolge sou wees as jy dit nie doen nie,” het De Kock in ’n verklaring gesê.

Die 28-jarige paaltjiewagter meen ook dat dit wat op die wedstryddag gebeur het, vermy kon gewees het as KSA vroeër die situasie met die spelers bespreek het.

“Ek kon nie verstaan waarom ek met ’n gebaar iets moes bewys nie, terwyl ek daagliks by mense van alle rasse leer en vir hulle lief is. Wanneer jy sonder enige voorafbespreking aangesê word om iets te doen, is dit betekenisloos.”

KSA het ook erken dat sy tydsberekening beter kon gewees het om die opdrag uit te reik.

Sri Lanka is tans 62/3 in die tiende boulbeurt.

Proteas teen Sri Lanka: Temba Bavuma, Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Aiden Markram, Rassie van der Dussen, David Miller, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Keshav Maharaj, Anrich Nortjé en Tabraiz Shamsi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

119 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Ja wat, dis die einde van my steun aan enigeiets waarmee KSA temake het. Om die waarheid te sê, krieket as ‘n sport, wat ek vir 26 jaar lank aktief gespeel het, is dood vir my. Klaar.

Ek kan nie en sal nie iets steun, wat trouheid aan Marxisme toon nie.

Althes ·

En Marxisme is uitgedien en onvolhoubaar. Ek is nou nog kwaad vir daardie amerikaanse polisielid wat die vonk genoeg kruitvat gegee het deur polisie brutaliteit om dit in ñ bosbrand te verander.
Polisiebrutaliteit is net polisiebrutaliteit solank dit wit polisielede is.
KSA moet eerder ñ ophef maak van die hoë misdaadsyfer in SA.
Dis omdat KSA en kie hul met beuselagtighede besig hou wat die land verval in chaos.
Maar wag – KARMA is ñ ding wat jou aan die hak byt.

Pieter ·

En toe wen ons. Moet vir jou ‘n bitter beker wees. Lippe teen die klippe.

Nie Verbaas ·

Wat maak dit saak of Proteas gewen het? Dit verander niks aan die BLM klug nie.

Retha ·

Juis omdat Quinton, nie met gebalde vuis gekniel het nie, maar eerder gelyk of hy in Gebed met Sy God praat.

Hennie Biebouw ·

‘n Redelike mens sal verstaan dat wanneer iemand ophou om iets te steun, jy ook nie omgee of dit goed of sleg gaan nie. As ‘n beskaafde individu is dit ook my natuur om aan niemand enige ongeluk toe te wens nie. Dit sou dus ook van toepassing wees op KSA.

Gert ·

KSA en spelers moet bly by knie buig want in krieket gaan hulle nie veel bereik nie!

Drico ·

Ai tog! So gehoop hy gaan by sy standpunt bly, maar toe het hy ook maar voete van klei…

JohanR ·

Seker van alle kante geboelie Renata, en ek dink hy het gese sy familie het dreigement gekry. Welcome to the ANC’s South Africa. Maar julle weet wie om Maandag NIE voor te stem nie!

anniekiewiet ·

Mag God my die krag en sterkte gee om voor Hom staande te bly, sou ek in ‘n soortgelyke situasie gedreig word. Want om te moet sê ek vrees mense bo ons Vader, moet verskriklik wees.

Shakespeare ·

BLM = Satanies. Ek buig net voor Jesus en dan met OOP hande. Nie soos BLM met aggressiewe GEBALDE VUIS nie. Quintin. Jy en jou makkers mag kniel met oop hande sodat almal kan weet julle dien die Here en NIE BLM nie. Dink daaraan !!!

Pieter ·

Ag asseblief. Jy sien ook die duiwel agter alles. Musiek ook seker agteruit probeer speel om die duiwel se boodskap te hoor.

Nie Verbaas ·

Onkunde en arrogansie is n veel groter probleem as wat sommiges verstaan. Ons gaan speel nie in die kraal van die bogenoemde nie.

Jannie van Niekerk ·

Jy is heeltemal reg. Indien die BLM ondersteuners wat sê hulle is Christene navorsing gaan doen sal hulle geskok wees om te sien wat ‘n geba;lde vuis se simbool regtig is.

Pieter ·

LoL…Soos die 5G of die musiek wat agteruit gespeel word en lucifer se boodskap duidelik te hoor. Gaan probeer dit weer. Dit werk vir kopies wat jy kan aflaai. Speel sykant toe dan luister jy. BHahaaaaaa

jou gewete ·

daar is geen kopptomis nie. as jy kniel soos blm verwag is jy deel. oop hande se niks totaal niks my vriend. jy buig steeds saam met die duiwels

jou gewete ·

wat is jou small things. as dit blm aanbidding is dink asb weer

jou gewete ·

As jy se ons vereenselwig jy jou daarmee onherroeplik. gaan vind uit waaroor dit gaan my vriend.

Skyspy007 ·

Vir my part kan hulle maar verloor…..ek vereenselwig myself nie met sulke mense nie. KLAAR met krieket “for good”……or bad….

Nie Verbaas ·

Ek stem. Hulle kan maar knie buig en BEE toepas tot hulle in die grond is. Minderwaardigheid is n lelike siekte.

Janee ·

Agge nee wat …. daar doen hy dit toe! Wat ‘n vernedering….nie net vir hom maar ook vir die wat hom ondersteun het. Seker ‘n ekstra geldjie aangebied….

JohanR ·

KSA sal seker nou vir hom se om sy vuis in die lug op te gooi!

Klipkop ·

Jy sal kniel…… en sal die inenting ontvang…… en eendag die merk van die dier. So werk dinge deesdae in die wêreld.

Heleen ·

Inenting het Ek self ontvag. Hoekom want Ek werk in die omgewinv en wens mense buite Kan sien wat werklik I’d covid sale aangaan.

Jr ·

Ja en geen waarborg dat u hom nog nie kan kry al het u inenting gekry so hoe hou jou argement nou dan water

Pieter ·

OMG…nou het jy die merk van die dier.. Jy is nou ‘n uitgeworpende hier.

piet ·

Hy beter lopies kry, sy plaasvervanger van nou die dag het goed gevaar. Hoekom speel Klaassen nie, is hy beseer?

JohanR ·

Willem – na die gemors dink ek nie die Proteas het veel meer ondersteuning nie. Het nooit gedink ek sou hoop dat hulle verloor nie. Ons wag vir die einde van die toernooi en die uitval as die Proteas nie in die finales speel nie. Die skuld sal by KSA rus!

piet ·

So asof SA al enige krieket wereldbeker-eindstryd gewen het vantevore. Simpel redenasie wat jy het, die KSA speel nie die wedstryd op die veld nie. Goeie kans dat ons nie nou ook sal wen nie, en kniebuig en KSA het niks daarmee te doen nie maar ander spanne wat beter is..

Chris dupreez ·

Om te kniel met n gebalde vuis is n baie agressiewe gebaar,

Philip ·

Ag siestog die ou libtards is nou hoogs tevrede wat hulle sal beskou as n deurbraak.Die gematigde persoon in die SA publiek ontrek hulle ook nou van die Bal/Bal voorskriftelikheid met die waarskuwing dat julle ou Bleeding Hearts vorentoe die gevolge van julle bravade sal moet dra.

Pieter ·

Gaan kry jou spuit. En as jy het, het jy ook nou die merk van die dier. Gaan staan buite die poorte

Chris dupreez ·

Quinten de Kock se weiering om te kniel het niks met blm of rassisme te doen gehad nie, hy het hom ontrek omdat ksa dit nie met die spelers bespreek het nie. Nou is dit uitgesorteer en hy het besluit om ook te kniel om nie – rassisme te ondersteun en nie om die black lives matter beweging te ondersteun nie. Quinten se stiefma is swart en hy het twee bruin sussies so hy is beslis nie – rassisties groot gemaak. Mooi so Quinten

Tiptol ·

Maar Chris, die kniebuig en bal vuis gaan juis oor blm. Niks anders nie.

Maggies ·

Ek dink hy het gebid terwyl hy daar kniel. Ons mensdom oordeel soms té vinnig.

Daleen ·

Stem saam Maggies…. Wie weet wat hy gedoen het terwyl hy gekniel het…. Baie van ons wat hom nou oordeel buig elke dag die knie voor Mammon…. Drank, rook, vloek, geld, ander oordeel…. Niemand is heilig nie vee maar eers voor jou eie deurtjie – elkeen gaan eendag op sy eie voor Jesus moet rekenskap gee vir ELKE daad…

anniekiewiet ·

Daniël het nie voor ‘n mensgemaakte beeld gekniel en gebid nie. Ons God soek geloof, nie verskonings nie.

Tiptol ·

Maggies, dit mag so wees, maar dis nie die boodskap wat uitgestuur word nie.

NEO ·

Al my respek verloor vir die proteas. Ondersteun hulle glad nie meer nie.

Waarnemer ·

En nou is alle oe net op Quinton,wat van CVan der Dussen en Klaasen en Markram,Muller Pretorius en Nortje?Die res van die span is te verstane,hulle sal voor hulle god buig……

Harley Davidson ·

Verkoop jou siel aan die duiwel vir ‘n bordjie lensiesop

Buck ·

Knie knakers verkoop hul siel vir pot lensiesop. Mooi man, die res van ons is nie beter. Kyk hoe word blankes hanteer, maar almal vat dit maar. Ons het n swak nasie geword wat maar net als vat.

Frik ·

Nee wat, ek kniel slegs voor God en nie n marxistiese ideologie nie.
Hierdie gekniel het niks met rassisme te doen nie.
Gaan doen navorsing oor BLM en sien wie en wat hul regtig is.
Tragies dat die krieketspelers so maklik val vir hierdie tipe goed.
Hul moes opgestaan het teen BLM en ruggraat getoon het, maar duidelik het hul voete van klei.
Stel beslis nie meer belang om hul wedstryde te kyk nie en sal hul nie verder ondersteun alvorens hul wys hul het murg in hul pype nie.

Jannie van Niekerk ·

Die egste van alles is die mense het NIE navorsing gedoen oor hirdiue beweging nie., Tot Dr Boeska beweer dat hy die beweging egstig het, Grapjas, Die meeste van Amerika se BLM lede is geharde msidadigers.

Suzette ·

Stem saam Frik voor God en God alleen sal ek buig en kniel en my hande oop uitsteek vir waardering, erkenning en Genade. Ek was n paar keer in hof en het nooit maar nooit daai ou simpele ou buigingkie gemaak as ek by deur inkom nie. Met n kop knik het ek almal begroet. Nooit gesweer”help my god”, my Ja is my ja en my nee is my nee. So ja nooit was ek uitgejaag of tereg gewys nie. En as ek die dag die Queen ontmoet of haar familie of enige koniklike sal ek hulle dieselfde groet met n vriendelike kopknip maar buig voor enige mens NOOIT. Voor enige blm of wat ookal Nooit. Daar is in my net EEN voor wie ek sal kniel en buig en dis my VERLOSSER DIE VADER DIE SEUN EN DIE HEILIGE GEES. Lo

Magda ·

Plaas KSA dit wat hulle di WERELD buite SA grense wil wys eerder toepas in di land self. Hier word swart mense deur hulle eie mense op n daaglikse tyd vermoor maar nerens in die WERELD word daar van Di SWART MOORDENAAR IN SA VERWAG OM TE KNIEL NI. HOOP HULLE VERLOOR ELKE GAME VAN HIER AF EN KSA MET ELKE SPORT WAAR HULLE N SE HET. RUGBY IN KLUIS

Jerry ·

De Kock sal nou altyd onthou word as die knie knakker….. Shame

Heleen ·

Lekker sirkes. Daarom ondersteun geen suid afrikaanse sport Nie. JA moan en kerm Soos julle wil omdat Ek maar dis alles belaglik. Sal my Kiwi’s liewers ondersteun wat nog waardigheid en trots in hulself sport en land het en die joke van die wereld is Nie.

Heleen ·

Ongelukkig JA. Moes meer geluister het Na my ouers en harder geleer het

jou gewete ·

baie van ons het geen keuse maar dit beteken nie ek moet God veloen nie

piet ·

Jy’s bewus daarvan dat die Kiwi’s soos een man kniel ne? Vir my so snaaks, ander spanne mag kniel en word dan deur ons trompoppies ondersteun maar laat die Proteas nou net kniel…..

Perdevy ·

Heleen, onder Jacinda Ondier gaan dit nog vrotter in Arotorea of wat ookal NZ nou genoem word

Chris dupreez ·

En toe wen Suid Afrika teen Sri lanka. Maar julle het seker almal gekyk.

NEO ·

Jy mis die punt. Wen of verloor ek sal die proteas nooit weer ondersteun nie.

piet ·

Puik oorwinning. Bavuma speel ‘n puik kapteins, ankerbeurt en siedaar. As hulle vroeer almal teen Aus gekniel het, het ons dalk gewen. Dis duidelik dat die knieery goed is vir spaneenheid.

Pieter ·

Puik oorwinning. Nee, die mense hier het mos hul skottel saam met steve opgekap. So hul kan nie kyk

jou gewete ·

ek kyk mer as 22 jaar nie meer sa wedstryde nie en ondersteun geen sa span nie

Jr ·

Quinton is erger van n man as die ander want eers het hy so gesê maar so gemaak. n Man wat nie agter sy besluit kan staan met n staal vuis maar met ‘n rubber arm is in my oë net n fool wat homself fool. Gun murgbeen nie. Empty vessels make the most noise

TO ·

En so kies hy toe ook maar weer die mens/geld bo wat hy glo. Was trots dat hy standpunt ingeneem het, maar ja toe is die voete ook maar van klei

AW ·

So dit is toe GELD, wat jou laat ingee…. en jy jou Beginsels die rug laat draai het !!

annie ·

… en toe gaan dit maar steeds broekskeur ten spyte van die modder op die knieë. BLM het nou BLMMost geword en onderdane van die magsbehepte Black Power Movement met groot aanhang in die VSA en die gebruiklike gebalde vuis-in-die-lug soos Mandela ook hier dit mode gemaak het.

Pieter ·

Julle is snaaks. Gister was Quinton almal se held. Vandag hang almal hom op. Ek is seker hier is mense wat hom wil aanrand. Maar more sit julle weer almal hoog heilig in die kerk. Verstommmend.

Magda ·

Jammer Pieter maar regtig weereens het quinton sy siel verkoop om krieket te speel, het my respek verloor, want ek wens KSA wil dieselfde vir SA SE mense doen want ook regtig onskuldig vermoor word, maar née swart Moor swart en swart Moor wit, maar NÉE die kniebuiging word ni hier verwag ni. Hulle is n klomp agterbakse klomp gemors.

Jr ·

Pietertjie los daai ding van sit in die kerk want dis snert. Tot die heilige nasie in die bybel het opgestaan en sy vyand verslaan.

Jannie van Niekerk ·

Om met ‘n gebalde vuis in die lug te staan (of kniel) is nie ‘n teken teen rassisme nie maar wel ondersteuning vir satanisme. Dieselfde sogenaamde “swartmag” teken is ook die simbool vir ondersteuning van die mag van duisternis of die “Lucifer rules” beweging. Christene sal of met ‘n oop palm na vore (om te gee) of oop palm na binne (ontvang die Here se seên) staan. Dis jammer dat mnr De Kock kniel, maar ek is bly om te sien hy kniel nie met ‘n gebalde vuis nie.

jou gewete ·

hy kniel vir verkeerde rede. gesigkoop. hy het sy loon weg

Jan Seerot ·

Hierdie gesang raak nou oud. Ek stel nie meer belang nie.
Maak soos julle wil en gaan julle gang.
Ek is tot satwordens toe siek vir julle gekruipery voor ‘n minderheid mense, BLM, LBTQSWAAPZTRGEK++, mans wat vrouens wil wees en vice versa. Julle lot is siek. Al wat mens hoor is van julle slaplatte, verkeerdom vrouens. Van hierdie gesanik en gekyf wil niks meer hoor, sien of lees nie. Liewe land, die kroon van die skepping! Sapperloot.

Ek buig nie voor ‘n ander nie…nie saak of mens nie.
Ek buig slegs voor God Almagtig

Mariette ·

Geen ruggraat nie. Dis ‘n klap in die gesig van alle ander rasse en bowenal van God. Mens kniel nie voor ander nie. Aanbid maar julle politiek. Julle gaan baie hard aarde toe kom.

Pieter ·

Ek het sedert die eerste knie-buigery besluit om geen sport meer te ondersteun nie. Kyk glad nie meer sport nie. Nie eers die sport hoogtepunte op die nuus nie.

Adriana ·

Watse nonsis is dit om te buig oor BLM of rassiste, wie is die grootste rassiste, wie is die mense wat die meeste uitgemoor word in SA. Ek buig vir geen iemand nie, al persoon vir wie ek die knië sal buig is vir my Hemelse vader. Kry eerder jul lewe in orde en bely jul sondes

piet ·

Swartmense word meer uitgemoor in SA in getalle en ook by verre persentasiegewys. As ‘n blanke het jy ongeveer ‘n 8-keer kleiner kans om vermoor te word as ‘n swart persoon.

Harry ·

Ja swart moor swart, wat het dit met rassisme te doen, vertel ons asb!

Jr ·

Wharra wharra chornor. Gebruik wiskunde proporsies as u sulke oningeligte uitings wil uiter. 45 miljoen teen 5 miljoen? Natuurlik sal dit meer wees. 30 % vir wiskunde?

Dirk Mostert ·

Die solidariteit met brandstigters en plunderaars maak my siek.

Pierre ·

Ek sal nie verbaas wees as “iemand” dalk hom, of sy familie gedreig het nie.

Jack ·

Sport is lankal die afgod Baal en dit word nou net gevoer na sy uiteinde. Mense gee hul identiteit prys daarvoor en ook hul waardes. Dis hoe die land beland het in die gemors waarin hy is. Die nasionale party het sport gebruik as voertuig om n ja stem af te dwing. Watter blufspul deur FW en sy kaders was dit nie.

Jakes ·

As dit nie vir David Miller was nie sou hulle verloor het teen Srilanka gister. Die Proteas sal soos alle vorige WB toernooie nerens kom nie. Chokers nes KSA.

Nie Verbaas ·

Dink jouself in aan die oorweldigende gevoel van hopeloos om so ver te gaan om ander te dwing om jou te respekteer. Respek word verdien, nie afgedwing nie. Ons moet dan gedwonge seker ook die ANC respekteer vir hoe hulle Suid Afrika verwoes het.

Willem ·

Die name waarheid Die duikie in Die Gras van n knie gaan maar klein wees in ver gelyking met Die duike in hul beursies

Frank John ·

Leviticus 18:3
[3]Do not follow the practices of the people of Egypt, where you once lived, or of the people in the land of Canaan, where I am now taking you.

Frank John ·

Om te kniel en met gebalde vuis omhoog is ‘n Egiptiese gewoonte wat aanbiddings posisie was.
Daarom.
Leviticus 18:3
[3]Do not follow the practices of the people of Egypt, where you once lived, or of the people in the land of Canaan, where I am now taking you.

Pieter ·

Dit sal interressant wees om te hoor hoe baie sal die knie buig as die alternatief is om sonder werk te sit. Grootbekke hier wat net die duiwel agter elke bos sien.

Gert ·

KSA en spelers moet bly by knie buig want in krieket gaan hulle nie veel bereik nie!

Dries ·

Ek wonder of dit vir hulle lekker was om so te kniel. Dit is aaklig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.