Protes op Musina oor watertekort

Brandende motorbande in die strate van Musina [Foto: Revelation Christian online radiO, Facebook]

Chaos het Donderdag in Musina, Limpopo, geheers toe inwoners vroegoggend begin betoog het. Hulle is kwaad omdat die dorp die afgelope twee dae ʼn tekort aan water ervaar.

Betogers het ondernemings op die dorp tot stilstand gebring, terwyl talle paaie – insluitend die N1-snelweg – weens betogings gesluit is. Betogers het ook motorbande in die strate aan die brand gesteek en ook voertuie op plekke met klippe bestook.

Matodzi Ralushai, woordvoerder van die Vhembi-distriksmunisipaliteit, het aan Maroela Media bevestig dat die dorp ʼn watertekort ervaar weens drie lekkasies aan die dorp se hoofpypleiding.

Chaos heers in Musina waar inwoners betoog [Foto: Revelation Christian online radio, Facebook]

“Tegnici van die Vhembe-distrik is tans besig om die lekkasies reg te maak. Watertenks sal ook in die middag water aan inwoners voorsien,” het Ralushai gesê.

“Die munisipaliteit verwag dat die herstel van die lekkasies na verwagting teen Donderdagmiddag voltooi sal wees. Die pomp sal dan onmiddellik begin om hoofreservoirs vol water te pomp. “Inwoners sal waarskynlik teen Vrydag vroegoggend weer water hê. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit veroorsaak.”

Volgens die Limpopo-verkeersdepartement is die N1-Noord by die Chinese-winkelsentrum vir motoriste gesluit, omdat vragmotors die pad daar versper.

Die Musina-winkelsentrum het op sy Facebook-blad aangekondig dat die sentrum tydelik gesluit is ter wille van die veiligheid van hul klante en huurders.

Protest action in Musina just before the mall coming from Beitbridge side

Posted by SA Trucker on Wednesday, May 11, 2022

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

So tipies!Brand, verwoes, verniietig gooi klip as jy nie tevrede is terwyl jy die kaders verkies het!!!!!Geen strategie van soos gewoonlik afwesige Polisie!!!!

Marius

Maak dit nou sin om alles aan die brand te steek, te vernietig en om onskuldige mense se karre te beskadig net omdat jy ontevrede is oor iets? Dit maak alles net erger. Verstommend hoe onnosel mense kan wees.

marius

In hierdie hool beteken betoog brand , vernietig , plunder , beskadig en nugter weet wat nog . Waarom gaan probeer julle dit nie in Zimbabwe nie ? Want julle sal soos vliee afgemaai word .

Dup

Brand en toi-toi mense,oormôre sal julle almal water,krag,huise en werk kry……of so het julle party aan julle belowe…!

Jack

Chaos.Die mense kry alles gratis so dit is nie asof hulle betaal vir die water of die diens nie.Ook die swak dienslewering is juis as gevolg van hulle onoordeelkundige stem vir die ANC.Maar verduidelik dit nou maar vir hulle.