Protesaksie in Kaapstad: Minstens 8 vas

Foto: SAPD/Twitter

Die polisie se eenheid vir openbare orde is Dinsdagoggend na verskeie plekke in Kaapstad ontplooi weens protesaksie.

Die protesaksie is deel van die “Total Shutdown”-veldtog waarmee inwoners hul misnoeë met armoede, misdaad en bendegeweld te kenne wil gee.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê daar was onder meer protesoptredes in gebiede soos Kensington, Philippi, Bonteheuwel en Bellville.

“Agt betogers is op die hoek van Bluegumstraat en Jakes Gerwel-rylaan in Bonteheuwel in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld nadat hulle met die polisie slaags geraak het en verkeer ontwrig is.”

Foto: SAPD/Twitter

Volgens ander mediaberigte is daar reeds tot 13 betogers in hegtenis geneem, maar Potelwa kon dit nie onmiddellik bevestig nie.

Volgens Potelwa het die polisie skokgranate en rubberkoeëls afgevuur om orde te herstel. “Die polisie gaan voort om die situasie te monitor en doen ʼn beroep op betogers om hulle op ʼn ordelike wyse te gedra wat nie inbreuk maak op die regte van ander nie.”

Potelwa het gesê sekere paaie is steeds gesluit weens die optogte en dat die polisie gereeld terugvoer sal gee oor die situasie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben ·

Hierdie is ‘n onwyse protes aksie. Deur die publiek te verontgerief gaan julle niks bereik nie. Die Publiek kan nie julle lot verander nie. As julle will protesteer gaan doen dit voor Gigaba se kantoor of die Minister van Finansies of CR. Dink ‘n bietjie.

Stemsaam ·

Ben ek stem 100% saam met jou. Wens die klomp wil bietjie verder dink. Die regering stuur die polisie in net om hulle stil te maak. Daar word nie tweekeer na hulle gekyk of geluister nie. Maar as jy dit na die minister se voordeur toe vat is dit heeltemal n ander storie.

Kaap se klong ·

Ag Ben miskien verstaan jy nie hoekom die mense dit doen nie . Doen jouself n guns vat n minibus taxi en gaan bly vir een aand in n plek soos Hanover park, Bonteheuwel, Elsiesrivier. Of soveel ander voorstede waar mense soon wat deur bendegeweld of deur soveel ander uitdagings elke dag in die gesig moet staan. Dan kyk ons of jy dieselfde gaan voel . Ek stem nie saam dat paaie afgeblok word nie. Maar die mense is desperaat om gehoor te word en wil graag die fokus op hul areas en omstandighede plaas. Dus nie n grap om heelnag wakker te le en aan skietery te luister nie. Daar is mense wat net n reg wil he om van die een hoek van die straat na die ander te loop sonder om vir hul lewens te vrees . Ek hoop die mense se stemme word gehoor en dat daar werklik opgetree word.

Ben ·

Kaap se klong. Ons sien julle pein en frustrasie maar die publiek kan niks daaraan doen nie. Gaan betoog by die minister wat iets kan doen. Sit staakking in sy kantoor, voor sy deur. Gaan praat met die mense wat iets kan doen en hou op om vir ‘n regering te stem wat net vir hulle self daar is. Dink ‘n bietjie. Dan julle as Community weet wie die bendelede is. Julle kan die inligting aan die relevante minister stuur al is dit naamloos. Dink…

Kaap se klong ·

Ag Ben is dit maar net so eenvoudig was soos jy dit stel dan was al ons probleme in hierdie land opgelos. Almal was vroegtydig gewaarsku ooe die shutdown . As jy maar weet waardeer mense in die areas elke dag moet gaan. En om die mense se pein wat hul het aan n politieke stem te verbind is dwaas van jou . Elke landsburger het die reg om beskerm te word ongeag sy politieke voorkeer. Sal jy daarvan hou om weggewys te word by n polisie stasie van wee jou politieke party? Baie van die polisie is kop in een mus met gangsters in hierdie areas. En publieke transport vanaf hierdie areas is onveilig ek dink as die gemeenskappe kon sou hulle voor die minister se kantoor betoog. Ek hoop hul bring volgende keer al die hoof wee tot stilstaand en dwing die regering om doeltrefend op te tree. Dus een ding om van uit n bevooregte posisie ander se pein te veroordeel want dit is wat hier gebeur en n ander ding om die strate in vaar om die wereld bewus te maak van gemeenskappe se omstandighede. Hierdie gemeenskappe genoeg gehad van gangster wat op hul drimpels oorlog voer. Jy sou dieselfde gedoen het as dit jou lot gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.