Protesgangers vaar Sandton se strate in teen rasse-uitsluiting

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Die Solidariteit Beweging sê groot verkeersontwrigting word die komende week in die Sandtonse sakesentrum verwag wanneer ʼn reuseprotesoptog teen Sasol en rasse-uitsluiting oor die algemeen gehou sal word.

Volgens die beweging sal verskeie bus- en motorkonvooie Donderdag van Pretoria en van elders in die land na Sandton beweeg vir dié protesoptog. Verskeie strate in Sandton gaan gesluit wees wanneer die protesgangers memorandums aan die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) en by Sasol se hoofkantoor gaan oorhandig.

Solidariteit gaan ook op die dag hofstukke op Sasol beteken om die wettigheid van Sasol se Khanyisa-aandeelskema in die hof te toets.

Die protes volg op ʼn dispuut tussen Sasol en die vakbond Solidariteit oor die uitsluiting van wit werkers uit Sasol se Khanyisa-personeelaandeelskema. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê egter dat dié optog nie net gaan oor wat by Sasol aan die gebeur is nie, maar oor rasse-uitsluiting in die algemeen.

“Die Sasol-werkers simboliseer ʼn groter gevoel van uitsluiting wat onder Suid-Afrikaners in die algemeen, maar veral onder minderhede soos ook bruin Suid-Afrikaners en Indiërs, posgevat het.”

Hermann sê ʼn gevoel van uitsluiting word ook beleef by universiteite, skole, in werkplekke en wat algemene politieke invloed betref. “Die Sasol-staking het dus nou iets baie groters as net die Sasol-werknemers of Solidariteit geword,” sê hy.

Instansies wat deel vorm van die Solidariteit Beweging, insluitend AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) insluit, het sy steun aan die optog toegesê.

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gaan die optog oor normaliteit en gelyke burgerskap. “Dit is tragies dat ons in die strate moet gaan loop oor iets so normaal soos dat mense nie totaal op grond van ras uitgesluit mag word nie. Ons ideaal was om deur gesprekvoering ʼn skikking met Sasol te bereik, maar nou moet ons hof en strate toe oor iets wat duidelik moreel verkeerd is. In Suid-Afrika het iets so abnormaal soos om minderhede op grond van ras uit te sluit, normaal geraak. Ons stap moet die abnormaliteit daarvan uitlig,” verduidelik hy.

Solidariteit-lede het aan die begin van September met ʼn staking by Sasol begin. Die staking het reeds tot groot ontwrigting van Sasol se produksie gelei, maar steeds kon die vakbond en maatskappy nie tot ʼn vergelyk kom nie. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het later tot die dispuut toegetree, maar Sasol het geweier om enige toegewings te maak.

“Dit is baie simbolies om die protes juis in Sandton te hou. Sandton is die tuiste van groot internasionale en nasionale kapitaal- en mediabelange. Dit is gepas om Sandton se strate af te sny omdat ons uitgesny word. Dit gaan die saak op die internasionale tafel plaas. Ons het ook besluit om ʼn memorandum by die Johannesburgse Effektebeurs te oorhandig om ʼn duidelike boodskap aan alle maatskappye in Suid-Afrika te stuur dat dié soort rassediskriminasie nie aanvaarbaar is nie,” het Hermann gesê.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, stem saam met Buys dat Suid-Afrika sy sin vir balans verloor het. Hy wys daarop dat die rol van die burgerlike samelewing is om balans te bring.

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

“Die regering ken die taal van protes. Een optog in Sandton is ʼn harder stem as ʼn boek vol goeie argumente. Ons het die argumente waarom rasse-uitsluiting nie geduld moet word nie en nou voeg ons die protes daarby. Dié soort samelewing van uitsluiting wat Sasol pleeg, is nie die soort samelewing wat ons vir ons kinders wil hê nie,” sê Kriel.

ʼn Konvooi busse en motors gaan Donderdag om 08:00 van die Voortrekkermonument in Pretoria na Sandton vertrek. Kleiner konvooie wat van elders kom, kan teen 10:00 by die Rosebank Union-kerk in St. Andrewsweg in Hurlingham by die Pretoria-konvooi aansluit. Mense sal vandaar per bus na Mushroom Farm-park in Sandton vervoer word waar die optog om 11:00 gaan begin.

Besoek Solidariteit se webtuiste vir meer inligting of om te registreer om saam te stap. ʼn SMS met die woord StapSaam kan ook na 34802 gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hannetjie ·

Ek ondersteun julle ouens.Bly net te ver om ook daar te wees.Dankie vir julle knaend Sasol “gasgee’?.Dis twak hierdie rasding.En ook die nuwe twak waar die regering nou vir ‘n besigheid(Maatskappye) sal besluit wie aangestel sal word in hul besighede.

Wiehan ·

Die staking maak seer maar nog steeds will Sasol nie luister nie. Ons sal Sasol toemaak as dit moet

Eish ·

Sterkte vir die optog.
Ek dink tog die uitslag van die hofsaak gaan bepalend wees vir miderheidsgroepe.
Daarmee saam, ons toekomstige optrede om n menswaardige bestaan hier uit te beitel…

Callie ·

Sterkte mense. Ons gebede is met julle. Volgende stap is om te maak soos swart stakers.

John Samuel ·

Fantasties!! Alle sterkte en ek glo almal sal veilig wees…

Staan Sterk, maak n punt !!!!

Pierre ·

Wat bet ek dat Sasol se Topbestuur met sy twee CEO’s (‘n witte en ‘n swarte) nie naby Sasol P(a)lace gaan kom Donderdag nie. Pas in September het daai einste Topbestuur per sens aankondiging elk aandele ter waarde can miljoene rande ontvang. Check die sensaankondiging op hul werbwerf. Hulle word sommer by die naam en randwaarde genoem.

Wilma ·

Hoop die swart massas gan oplet dat beskaafde mense nie afbrand en plunder wanneer hul staak of optog hou ni

Jz ·

Gee hulle gas is net te ver om ook daar te wees en Sasol se brandstof is te duur maarjulle het my stem.Genoeg is nou genoeg.

MVeldman ·

Laat ons saamstaan agter die Sasolwerkers! Al kan ek nie daar wees nie, het julle my stem!

Ai ·

En weerweens sal hierdie nuus nie die buite wêreld on gesensor bereik nie. MM is mos net in Afrikaans, vir Afrikanses. ‘n Ou kuierplekke om die braai waar ons vir onsself, oor onsself kla, terwyl Naspers en Reuters die naratief bepaal in die buiteland.

Ons sal mense een-een oor die wêreld stuur om hoofstroom media te beveg in Engels. Skerp.

Thinus ·

Dis duidelik dat sasol bestuur julle nie ernstig opvat nie. Om ontwrigting te veroorsaak gaan nie werk nie. Sluit ‘n plant dat hulle miljoene verloor dan sal hulle dalk luister. Dis duidelik dat ‘n beskaafde staking hulle nie pla nie. Verander julle strategie na ‘n hoer rat toe en hou op om so beskaafd te wees. So sal julle nie wen nie.

Chris Ws ·

Ek stem saam met Thinus.Alle Sasol vulstasies moet geblokkeer word en alle tenkwaens wat Sasol vervoer moet verhoed word om te ry.Steek hulle aan die brand as hulle nie wil terug draai na hul depots toe nie.Sny steenkool toevoer af na Sasol se aanlegte.Mooi woordjies help niks.Slaan Sasol waar dit seermaak – sy bankrekening.

MANIE ·

Witmense moet ophou met die ding van hoe gedissilplineerd hulle is. Julle sal niks bereik in die land met die optrede. Ek se nie mens moet afbreek en vernietig nie maar die anc en rassiste soos sasol verstaan net sterkman taktiek

VanAfrika ·

Ek skryf eksamen, studie verlof more en skryf Woensdag, sou graag daar wou wees, maar ek is saam julle daar in gees. Voorspoed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.