Protesgeweld in Dunoon veroordeel, skade beloop moontlik miljoene

Die protesaksie duur sedert Donderdag in Dunoon, Milnerton en Joe Slovo. (Foto: Twitter)

Felicity Purchase, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het vandeesweek se gewelddadige protesaksie in Dunoon, Milnerton en Joe Slovo skerp veroordeel.

“Daar is geen regverdiging vir die vandalisme en woede wat gerig is op onskuldige inwoners, pendelaars, MyCiTi-personeel, stadspersoneel en ander wat hulle toevallig in hierdie gebiede tydens die betogings bevind het nie,” het sy in ʼn verklaring gesê.

Purchase voer aan dat die inwoners van Dunoon en Joe Slovo veral deur die gebeure geraak is omdat hulle hul lewe gewaag het om die afgelope paar dae by die werk, skool en ander bestemmings te kom.

Betogings het Donderdag in die Moederstad opgevlam waartydens motoriste met klippe bestook en MyCiti-busse onder meer aan die brand gesteek is. Boosdoeners het Vrydag die Phoenix-MyCiti-bushalte in Joe Slovo met klippe bestook om toegang te verkry waarna die kiosk geplunder is. Die stasie is daarna aan die brand gesteek.

Hoewel niemand in die voorval beseer is nie, sal die stasie tot verdere kennisgewing gesluit wees weens die skade.

‘n Vragmotor is ook Vrydag naby Dunoon aan die brand gesteek. (Foto: Henk Kruger, ANA)

“Ons kan hierdie wettelose gedrag nie aanvaar of duld nie,” het Purchase beklemtoon.

Die MyCiti-bushalte in Dunoon het ook vandeesweek deurgeloop hoewel dit reeds gesluit was nadat dit ʼn paar jaar gelede deur vandale beskadig is.

“Daar is niks meer oor om te skend nie,” het Purchase gesê.

“Ons sal die koste van die skade deeglik beoordeel sodra die situasie gestabiliseer het. Ons sal waarskynlik miljoene rande benodig om die infrastruktuur te vervang en te herstel. Dit sal ook maande duur om die herstelwerk te doen. Pendelaars sal ongelukkig daartydens nie die geriewe kan gebruik nie.”

Die Stad het ook ʼn strafregtelike klag aanhangig gemaak en identifiseer tans boosdoeners wat gedurende die chaos op kringtelevisie vasgevang is.

“Ons moet sterk optree teen diegene wat verantwoordelik is vir die geweld, vandalisme en skade,” het sy gesê.

Luidens die verklaring monitor die polisie die gebiede wat geraak is deur die protesaksie. Die Sanddrift-MyCiTi-stasie is ook as voorsorgmaatreël gesluit en MyCiTi-roetes 261, 262 en 260 is tot verdere kennisgewing opgeskort.

Busse wat gebruik maak van roete T03 sal van Omuramba na Century City via Montaguerylaan afwyk. Verdere afwykings sluit die T01- en T04-busse in wat reeds by Potsdam- en Killarney-stasie draai. Albei stasies sal tot verdere kennisgewing gesluit bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Vita ·

Dit mooi dit SA se nuwe span sport, en daar geen reels nie,dit nou lekker

sweis ·

Hierdie is die patetiese polisie se werk om hierdie kriminele te arresteer en aan te kla ,ons moet belasting betaal maar kry geen diens ,waneer is genoeg nou genoeg of moet ons net aanvaar,gee ons n tuisland waar hierdie anargie nie sal plaasvind nie.

Sollie ·

Sweis jy is 100% korrek. Toe die Vrybrger vanaf Kaapstad getrek het ooswaards het hulle vir die eerste keer swartes by die Visrivier teëgrkom. So maak die hele Kaapprovinsie tot by die Visvivier ‘n tuisland sodat ons ons self kan regeer.

Deon ·

Ons betaal mos belasting en eindomsbelasting, dienste ens. sodat HULLE dit kan vernietig en ons herstel dít weereens!!!. Wanneer gaan ibs sê genoeg is genoeg, nou weier ons om te betaal!!! Beloftes word deur DA gemaak dat skuldiges sal vervolg word, maar weereens leë beloftes!!!. Mun. verkiesings is amper hier!!!!!!

Sê maar net ·

Ja so belaglik, ek moes noodgedwonge verlof insit, Vrydag. Kon glad nie by werk uitkom, moes omdraai en al die paaie was versper. Mense is verontrief en polisie kan nie net ingaan en hul wapens toets nie

Claudia ·

Se maar net: hoekom verlof insit vir iets waaroor jy en ons geen beheer oor het nie?!

Kolskoot ·

To little to late geen wet en orde meer. Polisie is ok maar net teenwoordig Polisie mag nie geweldadig optree nie anders is dit nog n Marikana voorval en dan stem die betogers nie meer ANC nie meer aanvaarbaar as onskuldige mense beseer en gedood word . Mnr Allen de Winde wys jou staal die Kaap val uitmekaar so asof betogers optrede van elders organiseer word .Die ekonomie sal nooit so groei nie werkloosheid styg soos die Petrol prys

Pieter C ·

Die EFFen ANC het lank terug reeds gesê hulle gaan die Wes Kaap onregeerbaar maak.

Christa ·

Wat help dit as julle dit veroordeel maar julle laat dit toe. Hulle Moet nie n pinkie gegee word nie want hulle group hele hand. Hulle sien Mos hulle Kom Niks oor nie.

Koos Kookwater ·

Die polisie monitor die situasie. Hulle volg alle leidrade op. Nog geen arresstasies

Verstom ·

Praat praat praat en kla kla kla , maar niks gebeur nie! As ek jou motor stamp, is ek verantwoordelik vir die skade, maar as ek jou motor met klippe bestook en dit aan die brand steek, noem ek dit n diensleweringbetoging en ek is onskuldig! Lekker ou regstelsel beskerm mos die misdadiger!

Ig ·

Hulle vernietig ons land, skrik wakker ANC!!!!Wonder wie gaan wet en orde herstel in SA, seker die DA en EFF of dalk VF, nienand doen niks en dit word net erger??????

Harry ·

Leer maar by die Hong Kong betogers – hul bedek hul gesigte, skyn met laserligte in die onregverdige Chinese polisie se oe, waartydens hul dan die polisie met klippe en ander wapens aanval en terugdryf.
Ons moet dieselfde met belhamels doen wat in ons gebied motors en geboue beskadig deur hul met lasers te verblind en terug met klippe en selfs loodpille te gooi. Beskadig hierdie belhamels ook en dryf hul terug, want die polisie gaan niks doen nie. Wie kan iets teen honderde tot duisende gemaskerde en gewapende voetgangers doen wat hul eie gebied en infrastuktuur beskerm?
Staan saam en doen iets daadwerkliks, of vat die houe van die belhamel en boosdoener en bly stil!

HP ·

Terwyl daar nie gevolge vir die misdadigers se dade is nie, sal dit maar net erger en erger word.

Hans ·

Tronkstraf sonder keuse van boete en natuurlik geen parool. ‘N kostebevel ten opsigte van die skade moet ook gegee word.

Susan ·

Om sulke optrede sterk te veroordeel in die media gaan niks verander nie. Begin deur die skuldiges met tronkstraf te ‘beloon’. Dis niks anders as om te ‘shop’ sonder om te betaal vir goedere

Kallimaari ·

Wat nie oor berig is nie, is dat die protes begin is oor die Kaapse Metropolisie wat taxi’s “impound” het weens swak padwaardigheid en uistaande boetes. Toe raak die taxi base haaks en vuur die vlamme van verwoesting aan. Wetteloosheid en anargie word as wapen teen wetsgehoorsaamheid. Polisie keer blykbaar dat die spul heeltemal hand uit ruk. Ek sien nie tans enige verbeteringe nie, en ek bly so 8km van DuNoon af. Dis ‘n gemors, en môre gaan chaos wees op die omliggende paaie.

Jaco ·

Los al die infrastruktuur in die township wat beskadig is, moet nie gels spandeer om reg te maak. Die MyCiti bushalte in Dunoon word 2 keer n jaar afgebrand en elke keer herstel, hoekom ? Los dit so

Jerry ·

Felicity jy uiter lee woorde. Maklik om te se julle duld nie wettelose gedrag en geweld nie, maar dan is die teendeel waar en daar vir almal om te aanskou.

LHS ·

Vuur kan net met vuur beveg word en die sal die regering nooit toelaat. Rome brand maar die volk kyk anderpad.

Jacoba ·

Julle wat die polisie so afkraak moet n dag in hul skoene loop. Ja daar is wat verby sleg is, maar daar is ook die wat hul bes doen soos in alle beroepe. Ek het n Skoonseun wat n speurder is. Hul werk as ons le en slaap arresteer mense maar wat gebeur hul loop uit hof al is daar genoeg bewyse teen hulle.

Dj ·

In 1994 was die eerste demokratiese verkiesing.Daar was baie lang toue by die stembus.ń Verslaggewer het van die een na die ander in die tou geloop en gevra hoe hulle nou voel om vir die eerste keer te kan stem.Byna almal het gesê :’I am hêppy’
Dit was die laasste keer wat ons sou hoor die mense is hêppy.Al wat mens sedertdien hoor is dat hulle sê:’We are êngry!’

Gert van Wierdapark ·

Die plunderaars en brandstigters moet in die toekoms met Sertifikate beloon word as deel van hul voortgesette “professionele ontwikkeling”
(CPD) in hul spesialis veld(e) . Die enigste vereistes moet wees, dat hul jaarliks ‘n registrasie fooi moet betaal soos byvoorbeeld eiendomsagente (R2 200) wat soort van pasella aan die EAAB geskenk word!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.