Protesoptogte in Pta: Vermy hierdie strate

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Die Tshwane-metropolisie het Pretorianers gewaarsku twee verskillende optogte deur politieke partye word Woensdag in die stad gehou.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê toestemming is verleen aan onderskeidelik die DA, EFF en SAKP om vanaf 08:00 tot 15:00 Woensdag optogte in die stad te hou. Die SAKP het egter intussen op Twitter aangekondig hul optog is gekanselleer aangesien die aanklagte teen Pravin Gordhan, minister van finansies, teruggetrek is.

Die DA en EFF se optogte gaan egter voort en sal vanaf Kerkplein na die Pretoria-landdroshof gehou word.

Die EFF het Maandag in ʼn verklaring gesê die party se optog sal nie gekanselleer word nie, aangesien die optog nie beplan was in reaksie op die Gordhan-sage nie. Volgens die party hou die optog verband met die #FeesMustFall-veldtog, ʼn eis dat adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, bedank en ʼn eis dat pres. Jacob Zuma bedank omdat hy sy ampseed oortree het.

Die DA het ook op Twitter gesê sy optog, ter verdediging van SA se demokratiese instansies, sal voortgaan.

Volgens Mahamba sal die optogte deur WF Nkomostraat in ʼn westelike rigting gehou word, verby Bosmanstraat, links in Sophy De Bruyn-straat, verby Pretoriusstraat en links in Francis Baard-straat. Nog ʼn organisasie, Save South Africa, sal ook buite die Pretoria-landdroshof betoog van 08:00 tot 15:00.

Volgens Mahamba sal die EFF ook môre (1 November) buite die hooggeregshof in Pretoria betoog, ook vanaf 08:00 tot 15:00.

“Tshwane-metropolisiebeamptes sal al die strate wat deur die optogte geraak word, monitor. Motoriste word aangeraai om hierdie strate te vermy en eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak, soos Nana Sita-straat, Visagiestraat, Eskia Mphahlele-rylaan en Boomstraat,” het Mahamba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Xman ·

Jy noem Jouself ‘n Pretorianer ampie maar doen nie eers die moeite om die nuwe name te leer nie? Hoe dan nou…

Ed ·

Het hulle of wil hulle nie werk nie? Leegleers gaan nie n toekoms he in hierdie land nie.

bakoor ·

Vandag word die winkels weer geplunder want dit is Sy reg as betoger

Nico K ·

Dit het nou niks met hierdie berig te doen nie, maar met die kommentaar hierbo. Ek hoor gereeld swartes hier in Pretoria vir mekaar in hul eie taal pad beduie. Ek verstaan nie veel nie, maar ek kan die straatname herken, en hulle gebruik net ou straatname. Selfs hulle ken nie die nuwe name nie.

Basson ·

Vir diegene wie se kinders dalk van hierdie roetes gebruik maak om by die skool uit te kom (bv vir Matriek eksamen), neem kennis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.