Protesoptogte teen aborsie beplan

Foto: ANA.

ʼn Groep Christene beplan om Sondag protesoptogte in Durban, Johannesburg, Bloemfontein, Oos-Londen en Kaapstad teen aborsie te hou.

Aborsies is wettig in Suid-Afrika. Die National Alliance for Life (NAL), ʼn affiliasie tussen kerke en ander organisasies wat in 1995 tot stand gebring is, sê volgens die Christian Action Network was daar sedert 1997 al meer as 1 400 000 aborsies.

Taryn Lourens, internasionale koördineerder van die Christian Action Network, sê volgens “verskeie studies wat deur ander in hul portuurgroepe hersien is” is geen aborsie ooit veilig nie. “ʼn Hulpelose baba word doodgemaak en die ma is soms fisiek, maar altyd emosioneel, geskend. Aborsie is ook die oortreding van die mees basiese grondwetlike reg – die reg op lewe.”

Die Christian Action Network meen die amptelike syfers oor wettige aborsies is eintlik hoër omdat daar uitstaande statistieke is van sommige provinsies van vorige jare en die versuim van staatshospitale om aborsies korrek aan te teken.

Vroue het ingevolge die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap reproduktiewe regte.

Die ACDP het egter intussen ʼn wysiging aan die wet voorgestel waarvolgens swangerskappe in sekere omstandighede nie beëindig mag word nie en om te verseker dat swanger vroue toegang het tot sonarondersoeke en berading om ingeligte besluite rakende aborsies te neem. Die voorstel moet nog in die parlement gedebatteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Maria ·

As aborsie wettig is, hoekom kan die doodstraf nie terug gebring word nie? Tenminste word verkragters en moordenaars dan vermoor en nie onskuldige babatjies nie…

M ·

Kyk,ek is glad nie vir aborsie nie.Maar sal veel eerder verkies dat n ongewenste swangerskap vroegtydig beeindig word as om rond te lees van baba’s wat oral in asblikke weg gegooi word.Sal nog beter wees as die vrouens hulle self steriliseer as hulle weet hulle kan nie of wil nie kinders he nie!!

duifie ·

Die innige, innige vreugde van aanneem-ouers wat vir jare nie eie kinders kon hê nie kan nie beskryf word nie. Aanneming bring ook groot gemoedsrus vir die biologiese mamma (en soms ook die biologiese pappa), veral in “oop aanneming” (open adoption). En die kindjie is veilig. Dis ‘n uiters diep en kosbare uitweg. Kyk gerus op internet…

Linda ·

Ek sal saamstem in gevalle van verkragting dat ‘n aborsie wettig moet wees of in die geval waar dokters die ouers ‘n keuse gee agv omstandighede.

Johann ·

Aborsie…die Afrika spelling van moord!.ANC LEGACY: laat almal.toe om als te doen solank hulle ANC stem! SIEK SIEK SIEK!

bren ·

Die groep christene moet dalk meer doen vir die hordes straatkinders en kinders wat doelloos ronddwaal; meer aborsies sou die probleem uitkanselleer; en beter voorbehoeding!! Dis jou liggaam; besluit self, en dank die gode dis wettig!!

Dink maar net ·

een baie belangrike rede vir aborsie……VERKRAGTING…..

Anoniem ·

Aborsie is ‘n sonde teen die enigste en Heilige God, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Baba agv verkragting kan opgegee word vir aanneming. Die baba het niks verkeerd gedoen nie, waarom die baba straf

LF ·

Ek is nie pro-aborsie nie, maar ek is pro-keuse! Niemand van hierdie betogers hoef verantwoording namens die vrouens te doen nie.
Want wanneer ‘n beseerde hasie roep, kom die jakkals kyk – maar nie om te help nie. Meeste mense help nie weerlose, huislose, koslose en ouerlose kinders nie…. maar ons wil in die strate met plakkate loop om te sien dat hulle gebore word…

Phumba ·

Maar ons moet teen ons wil verantwoordelikheid neem – wie betaal vir hulle aborsies?

Cacophony ·

Dia alles goed en wel om te wil betoog teen aborsie maar wat is julle alternatief. Nee daardie weerhou jouself anders is dit sonde sal nie werk nie. Watter viable opsie bied julle tot aborsie.

Dina ·

Aanneming. Duisende pare oor die wêreld heen smag daarna om hul eie kindertjies te hê, maar kan nie self kinders hê nie. Daar is ONBESKRYFLIKE vreugde wanneer so ‘n paar ‘n babatjie kry om aan te neem. Kyk op You Tube.

Cacophony ·

So die vrou war verkrag word of die dogtertjie wat gemolesteer is moet eerder laat aanneem as aborteer? Hoe onmenslik is julle nie? Ja ek stem in “normale” omstandighede is aanneem ‘n opsie maar nie alle aborsies spruit voort uit “normale” verhoudings nie veral in hierdie sielsiek land van ons waar verkragting soos nasionale sport is!

Phumba ·

Oplossing – na eerste aborsie word die ma gestrerilseer (hoef nie n permanente proses te wees nie maar laat die ma betaal om die prosedure om te keer) pas ‘n soortgelyke proses op die pa toe (takes 2 to Tango)

Natuurlik geld die reel nie vir buitengewone omstandighede nie (verkragting, lewens gevaar vir die ma of baba ens)

Alida ·

Die optoggangers moet dan maar vir die duisende hawelose kinders sorg. Ons kan nie bekostig om nog miljoene grants te betaal nie. Punt is MOENIE swanger raak nie.

Oumie ·

Nee. Die punt is moenie dit wat God uitsluitlik vir die huwelik bedoel het buite die huwelik veronteer nie. Hy het bedoel dat ‘n babatjie ‘n mamma én ‘n pappa sal hê in die veilige konteks van die huwelik. Daar is baie groot verantwoordelikheid gekoppel aan seksuele eenheid. Dwase mens wil die voorreg hê sonder om die verantwoordelikheid na te kom. Voor God sal ons egter eenmaal verseker rekenskap gee oor die kindertjies wat ons verwek het, in die lewe gebring of geaborteer het.

Ek het n aborsie gehad ·

Ek het n aborsie gehad. Ek was 23 oppad oorsee om te studeer met n beurs. My ‘pil’ het nie gewerk nie agv diaree en naarheid. My kerel en ek het ons verhouding beindig voor ek uitgevind het ek is swanger. Daardie aborsie het beteken dat ek my akademiese geleenthede kon gebruik. Ek het geen fisiese of emosionele skade nie. Ek het wel nou n seun van 4, hy sou nie bestaan het as ek nie sy pa oorsee ontmoet het tydens my studies nie. As julle nog meer wil lees van babas wat in asbliksakke gevind word, protesteer dan teen aborsie. Maar volgens my is dit baie beter om n swangerskap te eiendig op 6 weke as wat dit is om n pasgebore baba in n toilet te los. En die mense wat so teen aborsie is, hul lig ook nie n vinger om ongehude moeders te help om hul kinders groot te maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.