
Petro Nel. Foto: Facebook
Nel het glo verlede week van Suid-Afrika na Nepal gereis. Joe McGluwa, DA-leier in Noordwes, het gesê Nel is Donderdag as vermis aangemeld. “Sy is met vakansie daar en was op besigtingsvlug oor ʼn bergagtige gebied toe kontak met die vliegtuig verloor is.”
Volgens McGluwa is twee helikopters ontbied om na die vermiste vliegtuig te soek. Nel is ook ʼn DA-raadslid in die Matlosana-munisipaliteit in Klerksdorp. “Sy is ʼn toegewyde lid van die party en ons almal hoop vir haar veilige terugkeer.”
DPA berig intussen dat die vliegtuig sowat ʼn halfuur na opstyging kontak met die beheertoring verloor het en dat daar sedertdien na Nel en Vallery Buttenin, ʼn Russiese vlieënier, gesoek word.
© RDM News Wire
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Matlosana-Klerksdorp – nie Krugersdorp
Wie gee om of dit klerksdorp of krugersdorp is daar word iemand vermis
Die DA wou nog altyd naam gemaak het in die buiteland!
Geagte Piet Pompies – dit is ‘n skokkende uitlating en die naam PIET POMPIES
pas ook nie by die ANC nie … wonder net !!