Provinsiale partyvoorsitter oorleef ‘sluipmoord-aanval’

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek nadat die provinsiale voorsitter van ‘n politieke party ʼn beweerde sluipmoord-aanval oorleef het.

Sabelo Sigudu, woordvoerder van die National Freedom Party (NFP) in KwaZulu-Natal, het gesê daar is Vrydagaand op die NFP se voorsitter in die provinsie, Vikizitha Mlotshwa, se motor geskiet toe hy by sy huis in Bergville aangekom het.

Volgens Sigudu is daar vyf skote op Mlotshwa se bakkie afgevuur en het drie die windskerm getref en twee die bestuurderskant se deur. Mlotshwa moes Saterdag die NFP se nasionale werkkomitee se vergadering in Durban bywoon, maar het weens die voorval besluit om nie die vergadering by te woon nie.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van poging tot moord is Saterdag by die Bergville-polisiestasie aanhangig gemaak nadat ʼn 48-jarige man aangeval is by sy huis.

“Daar word beweer die man het omstreeks 23:20 by sy erf ingery toe twee verdagtes glo op sy bakkie losgebrand het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

miemie ·

Ek sal dit baie wardeer as ek moroela media nuus kan kry dankie miemie

Landi Slatter ·

Dagsê Miemie

Maak dit vir jouself baie maklik om seker te maak jy mis nie iets nie:
• Besoek daagliks ons webwerf by http://maroelamedia.co.za/
• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia) of Toeter (http://www.toeter.com/MaroelaMedia/toete)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)
• Jy kan selfs op elke werksdag ʼn laatmiddag WhatsApp-boodskap ontvang om seker te maak jy het nie die belangrikste stories van die dag gemis nie: http://maroelamedia.co.za/whatsapp-nuusflitse/

Lekker, Maroela!
Groetnis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.