Provinsie betaal miljoene ‘foutiewelik’ aan munisipaliteit

(Argieffoto)

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur ná miljoene rande verkeerdelik in die bankrekening van die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit (net buite Rustenburg) se bankrekening betaal is.

Die parlementêre komitee vir samewerkende regering en tradisionele sake, water en sanitasie het die Noordwes- provinsiale regering opdrag gegee om ondersoek in te stel, nadat R134 miljoen van die provinsie se geld in dié munisipaliteit se rekening beland het. Die betaling is boonop nie in die provinsiale staatskoerant aangedui nie, ʼn oortreding van die wet op verdeling van inkomste.

Die provinsie moet ook optree teen dié wat deel gehad het aan die “foutiewe en onregmatige” oordrag van die geld.

“Dit is onaanvaarbaar dat die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake nie die foutiewe transaksie opgemerk het voor die geld oorgeplaas is nie. Die munisipale stelsel het ook misluk, aangesien hulle nie die fout vinnig genoeg raakgesien het nie en die betrokke komitee eers komende Vrydag die saak gaan bespreek,” sê China Dodovo, die hoof van die betrokke parlementêre komitee.

Die munisipale bestuurder en hoof- finansiële beampte het intussen die trekpas gekry. Die komitee het versoek dat ʼn interne ondersoek so gou moontlik voltooi word en dat die provinsiale departement van finansies seker maak dat alle wetlike riglyne gehoorsaam word voordat geld oorgedra word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lizelle ·

Ek probeer so hard om nie kwaad te raak nie en om kalm te bly oor die situasie in ons land wat betref beurtkrag, korrupsie, ens… maar dan lees ek sulke artikels en styg my bloeddruk hemelhoog.
Mens weet nie meer wat om te se nie.

Oujongvrou ·

Ek is ook elke dag bevrees ek kry beroerte van woede, maar meer oor moedeloosheid. Want daars niks erger as om op die kantlyn hande afgekap te staan nie.

Asgat ·

Nou wonder ek ….. wie het die fout toe agter gekom en rapporteer….

Johan ·

Ek wil nou nie skinner nie maar dis baie snaaks dat daar nou so baie “foutiewe” inbetalings aan die lig kom

Rooijan ·

Daar word nêrens gesê of die enorme (R134 000 000.00) bedrag geld toe terug betaal is nie?

Oujongvrou ·

Want dis so vinnig in ander rekenings betaal soos dit ingekom het. Dis weg.

Marianna ·

‘n Mens kan net eenvoudig nie glo wat in SA gebeur nie. Of KAN ‘n mens dit maar glo?

Misky ·

Alle groot instansies het n reel dat 2 begunstigdes moet goedkeur voordat geld oorbetaal word – veral so enorme bedrag. Een persoon laai die bedrag en 2de of selfs 3de persoon moet goedkeur. Indien n fout gewoonlik intree, sien die 2of 3de persoon dit ten minste.

Hoe het die wiele van die bus dan hier afgeval???? Gaan my verstand te bowe

Niné ·

Die stelsels is in plek maar niemand check dit nie. Teken net en stuur aan en hoop die volgende ou tel n fout op. Hulle sit net op hulle dik agterente en kfc vreet. Die belasting betalers sal mos sorg!

Annelize ·

Soos wat ek van ander sosiale platforms verstaan is die R134miljoen ook nou skoonveld. Julle maak geen melding daarvan in julle berig nie MM.

Sandra ·

Die probleem gebeur wanneer hulle mense het wat met geld werk en nie ‘n clue het oor hoe nie. As dit by geld kom, en spesifiek die getalle wat hulle in werk, moet jy ‘n oopkop ervare, sal ek byvoeg, want dis die belangrikste, persoon he wat die oorbetalings behartig. En net een persoon of hoogstens 2 moet dit behartig, want too many cooks spoil the broth, soos ons nou hier sien.

RekmyBek ·

Lekker lag ek nou hardop vir die woord “foutiewelik” . Dink eerder die opskrif moes lui – Doelbewuste of opsetlike oorbetaling……

Niklaas ·

Dit sal sekerlik nou een tamaai gesukkel wees om die geldjies terug te verhaal , glo ek. Dit gaan lol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.