‘Prys die Here,’ sê Poppie se pa ná ma se arrestasie

Poppie se pa, Christo.

Poppie se pa, Christo.

“Halleluja! Prys die Here! God slaap nie.”

Só het Poppie van der Merwe se pa, Christo van der Merwe, gesê nadat hy gehoor het Louisa Koekemoer, Poppie se ma, is ook in verband met haar moord in hegtenis geneem. “Vergifnis is in my woordeskat, maar dit gaan nie vir Poppie terugbring nie,” het Van der Merwe gesê in reaksie op ʼn vraag oor of hy diegene wat verantwoordelik is vir Poppie se dood sal kan vergewe.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Louisa Koekemoer omstreeks Donderdag 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal naby Brits in hegtenis geneem is. “Sy sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van moord,” het Talane gesê.

Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer (43), is reeds in aanhouding vir dié driejarige se moord. Poppie is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas nadat sy vermoedelik aangerand is. Sy is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem.

Tydens Koekemoer se borgtogaansoek verlede maand het hy in die hof ontken dat hy Poppie ooit aangerand het. “Ek het haar hier en daar pak gegee, maar Louisa het my gevra om haar pak te gee. Ek het ʼn goeie verhouding met my stiefdogter gehad, daar was geen probleme nie,” het hy gesê.

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Hy het die hof vertel Poppie het vir ongeveer ʼn maand voor haar dood “episodes” gekry wanneer sy onverwags ophou asemhaal het en dat dit uiteindelik tot haar dood gelei het. Adv. Hanna Conradie, die staatsaanklaer, het Koekemoer tydens kruisondervraging beskuldig dat hy vir die hof lieg. Conradie het gedeeltes uit die staatspatoloog se nadoodse verslag aan die hof voorgehou. Die patoloog se bevinding tydens die nadoodse ondersoek was dat die hoofoorsaak van Poppie se dood ʼn harde hou teen haar kop was.

Die patoloog het verder bevind Poppie het ronde kneusplekke aan albei hande, voorarms en voete gehad en albei haar oorskulpe was gekneus, “wat dui op oormatige aanranding van die kind”. Die patoloog het ook aangedui daar was bloed aan die onderkant van Poppie se skedel en die linkerkant van haar brein het bloeding gehad.

Koekemoer het ontken Poppie het uitermatige kneusplekke gehad en het volgehou sy het kneusplekke opgedoen wanneer sy en haar boetie gereeld buite gespeel het. “Poppie was gʼn engeltjie nie. Sy was baie rof. Partykeer het sy sommer haar ouer boetie geboelie. As hy aan haar geslaan het, sou sy teruggeslaan het. Sy was baie rof,” het hy gesê.

Daar is ook ʼn verklaring van Louisa aan die hof voorgelees. In dié verklaring voer sy aan dat Koekemoer Poppie en haar vyfjarige broer verskeie kere aangerand het. Sy het ook gesê Koekemoer het haar verbaal en emosioneel mishandel sedert hulle in 2015 getroud is nadat hulle in Orania ontmoet het.

Louisa Koekemoer. Foto: Facebook

Louisa Koekemoer. Foto: Facebook

Louisa het beweer dat sedert die gesin ʼn paar maande gelede na Brits verhuis het, sy nie toegelaat is om alleen die huis te verlaat nie.

Sy het in haar verklaring gesê Koekemoer het haar die dag van Poppie se dood gedreig dat hy haar sou doodmaak indien sy die waarheid vertel oor wat met Poppie gebeur het. Louisa beweer sy het toe uit vrees vir die verpleegsters by die hospitaal gelieg en gesê Poppie het die kneusplekke aan haar lyfie in die bakkie op pad na die hospitaal opgedoen.

Nadat die polisie by die hospitaal opgedaag het, het Louisa egter aan hulle erken Koekemoer het Poppie die vorige dag aangerand. Hy is toe in hegtenis geneem.

Buite die hof het Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, aan verslaggewers gesê hy is tevrede dat borgtog geweier is en dat “almal verantwoordelik vir Poppie se dood” lewenslank agter tralies moet bly. “Almal wat betrokke is, moet in die tronk sit,” het hy gesê.

Kobus Koekemoer is borgtog geweier en sal op 25 Januarie weer in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Marimda ·

Dis ‘n skryende skande en sonde om kinders wat aan jou toevertrou is, tot die dood te martel.
Ek het geen simpatie met die ma nie. Waar was haar moedersinstink om haar kind te beskerm!
Verwyder hul albei uit die samelewing.

Jan maak n plan ·

Dit ia n jammerte dat lewenslank in Suid Afrika selgs 25 jaar is. Dit moes elintlik vir die res van jou lewe gewees het. Dit sou ook nog te kort gewees het.

MissDemeanor ·

Ja stuur daai vrou tronk toe. Sy is veronderstel om haar kind se belange op die hart te dra. Dis maklik om weg te kruip agter verskonings soos ” hy het my ook aangerand”. Mense kies om slagoffers te bly. As jy ‘n slagoffer is dan hoef jy nie verantwoordelikheid te dra nie. Sy het haar kind in die steek gelaat.

Speedguard ·

AMEN Christo AMEN, nou weet ek sy het jou die selfde behandel, nie net vrouens en kinders word mishandel en afgetakel nie, ek het nou nie my kind aan die dood afgestaan nie maar het my tweeling dogters verloor met toesighouding onder toesig met al die leuns , gelukkig het hul oe oopgegaan toe die onskuldige moedertjie haar werklike kleure wys, hul bly by my vanaf Graad 9 en is albei nou 3de jaar studente, en is ek nog steeds ‘n enkel ouer SONDER verhoudings en losse sedes, PRYS DIE HERE!!! roep ek ook uit

Lance ·

Kommmiinnnn !! Net soos die 2 boewe wat die oom aangerand het ook in daardie Brits area as ek reg onthou.

LB S ·

Skeer jy dus nou al die Brits omgewing mense oor dieselfde kam?

Annie ·

Skuim van die aarde. Enige ma wat haar sout werd is sal haar lewe vir haar kinders gee.

CQ ·

Lance…ek dink die 2 wat die oom aangerand het was Rustenburg…? Brits/ Rustenburg mos maar klipgooi van mekaar…
Kry hierdie verskoning vir n ma gladnie jammer nie – vrouens moet opstaan vir hulself en hul kinders!!

1st time you’re a victom
2nd time you’re a volunteer
Eks daardeur. 1x was genoeg om my te laat besef – I DESERVE BETTER!!!

Perdeby ·

As ‘n ander man jou kinders moet grootmaak kan jy nie jou mond rek as hulle iets oorkom nie. WAAR WAS JY? Besig met ‘n nuwe lewe en nuwe kinders. Jy het Poppie ook in die steek gelaat.

Nr1 ·

Rerig ne. Het jy in sy spore geloop of hulle persoonlik geken. Moet nie oordeel as jy nie self daar was nie. Jyt geen idiee wat ander mense se lewens verhaal is nie.

Hannes ·

En hoe weet jy dat sy hom nie dalk gelos het nie? Dat sy nie dalk gaan rondloop het nie? Moeders kry meeste van die tyd toesig en die man kan niks daaraan doen nie.

Anna ·

Ek stem 100% saam. Het hy nie in elk geval self n gesinsgeweld saak teen hom nie? Dis waarom die seuntjie nie by hom mag bly nie. Nou is hy n Engel uit die Hemel. Lyk vir my hulle is maar almal eenders.

Clueless ·

Het sy die kind ook aangerand? Moord is ‘n ernstige aanklag. Of kan jy van moord aangekla word as jy niks gedoen het om die aanrandings van die stiefpa te stop nie? Want dan is daar baie mense wat in die tronk moet gaan sit.

Pop ·

Oral is ma’s wat hulle kinders in die steek laat vir n man. Mans is voorop in hulle lewe. En perdeby daar is baie mans wie se kinders deur ander grootgemaak word. Wat moet daai mans doen as vroutjie hom los omdat haar g-t jeuk,en dan soveel liegstories vertel dat die mans gn niks kan doen om sy kinders te kry nie. Hierdie is n goeie voorbeeld van n tangerige vrou. En moet haar nie die mooi woord “ma” noem nie.

Lindie ·

Ek sukkel om te glo in hierdie dag en eeu, is daar geen hulp vir vroue wat mishandel word nie. Hoevele ander het probeer, en is deur die sisteem in die steek gelaat, maar hulle het nie niks gedoen nie! Almal het Poppie in die steek gelaat ook haar biologiese pa in my opinie, hoewel ek geen insae in hierdie mense se lewe het nie. Ongelukkig as ouers skei, word kinders ook geskei, dikwels deur die pa’s wat nuwe gesinne begin en aanbeweeg, dikwels ook onstandighede wat daartoe aanleiding gee. Nietemin, dit is altyd die kinders wat nie ‘n sê het waar hul wil wees, wat die hoogste prys betaal.

lettie ·

Hoop nie sy kry borg nie. Die monster was vir haar belangriker as haar kind. Onvergeefbaar.

ada ·

Die welsyn is net so skuldig. Hoop hulle word ook opgevolg. Hulle het mos geweet daar is groot probleme.Ek hoop mede lesers stemmet my saam? Die ma is nie die woord ma werd nie. Hoop nie sy kry borg nie. Dit sal n skande wees as sy kry.

E ·

Dis altwee ouers se skuld, maar hoekom is sy nou eers gearisteer? Wie het haar so geslaan? pa, ma of albei?

Cacophony ·

Dis hartseer hierdie mense kry so maklil kinders en dan behandel hulle die kinders soos gemors. Ja dit sluit die biologiese pa in wat erken he hy het die vrou en haar kinders rondgeruk. Jy het lisensie nodit vir alles maar enige stuk gemors kan ‘n kind kry.

Hannes ·

Stem 100% saam. Om ‘n dier aan te neem by DBV is ongelooflik baie draadwerk, maar kinders kan jy 100 kry as jy wil, al het jy niks geld en verslaaf en het kriminele rekords ens ens ens.

Richard ·

Soos tannie Stienie altyd gesê het:

“Klomp rubbish mense die.”

E ·

As ek kyk na die fotos van hul troue lyk die ma so mooi en jonk, maar in ń kwessie van ń jaar sommer baie ouer en siek. Dalk het hy haar gekry on saam dwelms te gebruik? en haar so afgetrek saam met hom? Dis baie hartseer.

Hannes ·

Dalk as mens ‘n veer plant kom daar ‘n hoender op!!! Of dalk maak die vrou haar eie besluite in die lewe…

koos ·

Hulle het op orania ontmoet. Dis dan die plek wat hulle aansoekers so erg streng keur. n Ongetrouwde couple mag nie eens saamwoon daar nie. So hoe is díé 2 kindermishandelaars wat nie eens getroud is nie dan vir orania goedgekeur?

Hannes ·

Ag my magtag Koos, die berig sê dat hulle in Orania ontmoet het. Punt. Nie dat hulle daar saam gebly het of enige iets anders nie. Net dat hulle daar ontmoet het. Dis al.

Janine ·

So vreemd dat die pa nou oral aandag soek. Selfde dag of dag na sy dogtertjie doodgeskop is, ‘n ‘selfie’ op FB, met die byskryf iets soos: So lyk ‘n pa wat se kind vermoor is.’ (Ek kan nie die presiese bewoording onthou nie) RERIG? Watse ouer het tyd om simpatie op FB te soek na sy kind se dood? Jammer, ek het ‘n vieslike grief in die man gekry. As jy vir 2 jaar NIE jou kinders sien nie, is daar fout. Ook as jy nie baklei vir besoekregte nie! En die wat wil voorgee die ma’s kom weg met als by die hof: Julle praat absolute TWAK!

Cherokee ·

Janine, vroeëre berigte het vertel dat Poppie se ma geskei is van Poppie se biologiese pa as gevolg van gesinsgeweld. As hy sy gesin opgepas het sou dinge anders gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.