Die staatsdiensvakbond PSA het Vrydag sy lede gemaan om “drastiese stappe” te doen om die regering te dwing om loononderhandelings vir dié jaar af te handel.
Dit kom nadat die regering vroeër vandeesweek ontken het dat hy doelbewus loononderhandelings vir staatswerkers vertraag.
Ivan Fredericks, algemene bestuurder van die PSA, sê die organisasie sou verkies dat die loononderhandelings van aangesig tot aangesig kon plaasvind in plaas van die fasiliteringsproses wat die regering klaarblyklik verkies.
Hy sê die onderhandelingsproses het tot dusver geen vrugte afgewerp nie omdat die partye nog nie tot ʼn gesamentlike besluit oor lone kon kom nie.
Fredericks sê die organisasie sal nou die pad vorentoe in ʼn arbeidshoofdevergadering bespreek. “Die PSA waarsku sy lede om voorbereid te wees op onvermydelike,” het hy gesê.
Die PSA verteenwoordig meer as 230 000 staatswerkers.
Vir die hope papierwerk, regulasies, instruksies en burokratiese rompslomp verdien staatsamptenare ñ verhoging.
Salarisse hou nie tred met die jare se inflasie en verhogings.
Los die PSA en suit by SOLIDARITEIT aan. Dit lyk my die PSA is te “sag” tydens onderhandelings.