Psigiatriese evaluering vir man wat glo vrou, kinders moor

court-hammer_thumbDie man van Durban wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou en twee tienerkinders met ʼn tradisionele Hindoe-voorwerp doodgeslaan het, het Maandag in die Chatsworth-landdroshof verskyn.

Natasha Ramkisson, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is tot 10 April uitgestel sodat Rajan Kandasamy (44) psigiatriese evaluering kan ondergaan. Sivian Samuels, Kandasamy se regsverteenwoordiger, het op 10 Januarie ʼn aansoek ingedien en versoek dat sy kliënt psigiatries geevalueer word maar was daar nie ʼn bed in ʼn psigiatriese instelling beskikbaar nie. “Hy sal vandag [Maandag] opgeneem word,” het Ramkisson gesê.

Kandasamy het glo ʼn gada, ʼn tradisionele ampstaf van die Hindoe-god Hanuman, gebruik om sy vrou en twee kinders, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, te vermoor. Hul bebloede liggame is op 29 Desember opgespoor nadat ondersoek ingestel is toe die gesin nie ʼn herdenkingsdiens bygewoon het nie. Die beskuldigde se familie het hom op Oujaarsaand aan die polisie oorgegee.

Lees ook:
Gada-moord: Man weer in hof
Gada-saak uitgestel vir sielkundige ondersoek
Man in hof wat glo vrou, kinders met Hindu-voorwerp vermoor
Ma, kinders met “religieuse voorwerp” doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.