Psigiatriese pasiënte sterf: Verslag binnekort bekendgemaak

Argieffoto

Argieffoto

Prof. Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, het bevestig ʼn verslag oor die omstandighede waarin talle geestesversteurde pasiënte in Gauteng dood is, sal Woensdag met die belanghebbendes bespreek word.

Makgoba het Vrydag bevestig Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid in Gauteng, het terugvoer verskaf oor die sterftes. “Die terugvoer bestaan uit twee dokumente. Die eerste 10 bladsye is op 13 Januarie vanjaar ontvang en ʼn dokument van 12 bladsye is Dinsdag ingedien,” het hy gesê.

Die verslag handel oor pasiënte wat gesterf het nadat die provinsiale departement van gesondheid sy kontrak met Life Healthcare Esidimeni gekanselleer het. Minstens 36 psigiatriese pasiënte is in die sorg van nie-regeringsorganisasies dood nadat hulle van Life Healthcare na die NRO’s oorgeplaas is toe die departement sy kontrak met die maatskappy, wat na 2 000 pasiënte omgesien het, gekanselleer het.

“Die verslag sal Maandag aan die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die kantoor van die toepassing van gesondheidstandaarde (OHSC), Bafana Msibi, oorhandig word,” het Makgopa bygevoeg. Die gesndheidsombudsman sal daarna met van die klaers en respondente vergader om die bevindings en aanbevelings van die verslag te bespreek. Die vergadering is vir Woensdag belê, waarna ʼn perskonferensie gehou sal word. Msibi sal die verslag aan lede van die media en ander betrokke belanghebbendes voorhou.

Lees alle vorige berigte oor Life Healthcare Esidimeni op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

wilma ·

Familielid van my was ook opn stadium in een van hieri NGO’s. Pateties. Kani glo di staat laat sulke gemors tu ni. Ma ai die arme kiesers stem weer en weer vi hierdi govt wat vir almal gratis medies belowe het. Aitog kyk hu lyk gratis medies . Alles is vervalle en mense gan dood. Waar in jou lewe het jy gesien partykeer het hospitale nie eers genoeg kos vir hul pasiente. Hu pateties. Sies govt officials

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.