Psigiatriese pasiënte sterf: Verslag later bekendgemaak

Argieffoto

Argieffoto

Die DA in Gauteng het Maandag sy teleurstelling uitgespreek oor die vertraging in die bekendstelling van ʼn verslag oor die omstandighede waarin talle geestesversteurde pasiënte in die provinsie dood is.

Qedani Mahlangu, die Gautengse LUR vir gesondheid, het Vrydag versoek dat die sperdatum vir die bekendmaking van die verslag na Dinsdag volgende week uitgestel word, om haar tyd te gee om haar kommentaar op die verslag te formuleer.

Die verslag oor die sterftes, deur prof. Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, sou Woensdag bekendgestel word. Makgoba het in ʼn verklaring bevestig die bekendstelling van die verslag is “tot verdere kennisgewing” uitgestel.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het in September verlede jaar opdrag gegee dat ʼn ondersoek gedoen word nadat Mahlangu die Gautengse wetgewer oor die sterftes ingelig het. Minstens 36 psigiatriese pasiënte is in die sorg van nie-regeringsorganisasies dood nadat hulle van Life Healthcare na die NRO’s oorgeplaas is toe die provinsiale departement van gesondheid sy kontrak met die maatskappy, wat na 2 000 pasiënte omgesien het, gekanselleer het.

Jack Bloom, die DA se skadu-LUR vir gesondheid in Gauteng, het gesê hy verwag dat die verslag negatiewe bevindinge teen Mahlangu sal bevat. “Ek is teleurgesteld, maar nie verras dat die bekendstelling van die verslag uitgestel is omdat die LUR [Mahlangu] ekstra tyd wil hê om op die bevindinge te reageer nie,” het Bloom gesê.

“Ek verwag dat die bevindinge in die verslag verwoestend sal wees en dat LUR Mahlangu en sommige senior amptenare strafregtelik verantwoordelik gehou kan word.”

Bloom het gesê dit is belangrik dat daar aanspreeklikheid in hierdie saak is omdat die sterftes verhoed kon word. “Mahlangu het geweier om vrae oor die sterftes in die Gautengse wetgewer te beantwoord, wat tipies is van haar algemene arrogansie en minagting van die wetgewer in hierdie en ander sake,” het hy gesê.

“Ek hoop die LUR sal nie nog vertragingstaktiek gebruik nie en dat die verslag binnekort bekendgemaak sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spikkel ·

Kyk maar hier sal niks van kom nie. Dit gaan toegesmeer word

Johann ·

Medepligtig aan moord! Maar sy hert so waaragtag die invloed en vermetelheid om n verslag te onderskep en uit te stel!!!!!

PJ ·

Sy moet toegesluit word..hoop geregtigheid geskied…weerlose mense wat hier met hulle lewens betaal het vir haar onbevoegdheid ?

Lance ·

Onkundig en onbevoeg …kan die mense ASB tot verantwoording geroep word …of gaan hulle net WEER wegkom met moord ….

Jem ·

Hulle gaan seker weereens met moord wegkom. Trains dat dit so gaan on die land. Hier geskied nie reg en geregtigheid nie. Alles sal weer toegesmeer word.

Claudia ·

Alles kan weggesteek en toegesmeer word, maar God het gesien en Hy sien. Met dieselfde maat waarmee jy meet, sal jy gemeet word.

John ·

Slinkse sadisme en wreedheid van die ergste vorm vind daagliks orals in inrigtings en hospitale plaas. As die onlangse skoolboelie-foto’s geskok het, sal beelde en verhale van verwaarlosing van weerlose pasiente, familie en buitestaanders hul hare laat uitpluk van skok. Mense is sieker van trauma opgedoen by hulporganisasies as van hul eie kwaal.

Maria Van Dieweeck ·

Dit is massa-moord, sy is vooraf gewaarsku, maar het toe voort gegaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.