Psigiatriese pasiënte verkrag glo kind by hospitaal

hospitaal

Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com

’n 12-jarige seun is Dinsdag na bewering deur drie psigiatriese pasiënte by die RK Khan-hospitaal in Chatsworth in KwaZulu-Natal verkrag.

Dr. Rishigen Viranna, die DA se provinsiale woordvoerder vir gesondheid, sê in ’n verklaring die party het dié inligting van ’n betroubare bron by die hospitaal bekom.

Volgens dié bron word psigiatriese en nie-psigiatriese pasiënte tans in gemengde sale by die hospitaal behandel weens ’n tekort aan personeel en spasie.

Die DA doen nou ’n beroep op Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, om dit te bevestig. Viranna verduidelik dat indien dit die geval is, dit teen die streng regulasies van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) gaan en moet die LUR en die waarnemende uitvoerende hoof van die hospitaal aanspreeklik gehou word vir die voorval.

“Ons hospitale is veronderstel om veilige plekke te wees. Die afgelope paar weke het ons gewelddadige voorvalle by KwaMsane, Nkonjeni en nou by RK Khan gesien – en dit is slegs die voorvalle waarvan ons weet,” sê Viranna.

Viranna verduidelik dat hoewel daar sekuriteitswagte by hospitaalhekke is, daar oor die algemeen min of geen sekuriteit in die sale is waar pasiënte behandel word.

Luidens die verklaring behoort die kwessie so gou moontlik aandag te kry. Die DA verwag nou van die LUR om ’n behoorlike plan rakende hospitaalveiligheid te prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Psig ·

Wat plaasvind in die staat psigiatriese hospitale van hierdie land is gelykstaande, maar niemand se ‘n woord.

Vra maar Net! ·

Word psigiatriese pasiënte nie, as ontoerekeningsvatbaar beskou nie?! Dan moet hulle mos minderjariges van hulle af weghou…..

Eish ·

Kinders behoort ook nie saam met volwassenes in dieselfde saal te wees!

Sarel ·

Die saak sal kamtig ondersoek word en dasr sal niks van kom nie.

Feite ·

DA, sekuriteit hoort nie in sale nie, slegs verpleegsorg en toesighouding, tweedens is dit krimineel om psigiatriese pasiente saam in n saal te plaas met normale pasiente, veral kinders. Geen, maar geen gekwalifiseerde psigiater of saalsuster sal dit ooit toelaat nie. Wie dit ookal toegelaat het is aandadig aan die verkragting, gekwalifiseerd of nie. SA se staatsinstellings is nie in goeie hande nie!

toy ·

Waar is die verpleegstaf? Eish ek stem saam, kinders moet in ‘n kindersaal wees.
Die ouers van die kind moet die staat dagvaar vir alles wat die kind moes deurmaak. Mens is al so moeg om te hoor daar is nie geld, daar is nie staf nie, daar is nie dit of dat nie.

Oujongvrou ·

Ja toy, en hierdie is dieselfde lot wat kamptig nou gehalte sorg behoog met die nuwe gesondheidsorg wat miljarde gaan kos. Maak eers die gemors by bestaande hospitale reg.

Dink net ·

Geweldenaars kan nou makliker as ooit net vir hulle regspan sê hulle moet ‘n saak vir psigiatriese evaluasie maak in die hof en dan in die hospitaal gekom, stap jy sommer uit. Die sekuriteit bestaan dan beswaarlik. Ons land maak mens daagliks banger.

Hanna Hoekom ·

En ons moet die Staat vertrou om ons gesondheidsorg (NGV) te bestuur? Dream on…

Sarel ·

Kry sommer die mrk ook daar. Ek is seker daar is ‘n minderheid ook daarom word dit so stil gehou.

Boervrou ·

Toe my pa so n paar maande terug in die staats hospitaal gele het,was daar ook een langs hom wat aan die bed vas gemaak was.hy was so mal so sy mense moes hom met n lepel voer.

Ronel ·

Nie baie mooi gese nie Boervrou! As dit jou familie was sou jy ook so van “mal” gepraat het? Dis hartseer wanneer mense siek is en gevoer moet word, my hart bloei vir diegene wat hulself nie kan help nie.

Db ·

Terwyl die kind deur hel gaan slaap die vet moeë verpleegsters in die dienskantoor of miskien nog in ‘n privaatkamer met ‘n heerlike bed en komberse. Trap die goed in die modder terug DA (dis te sê indien julle wat oor alles gal braak die moed en deursettingsvermoë het) om ‘n verandering te maak.

A Mac ·

As iemand nou nie gaan “klik” het oor die geval nie, sou niemand daaroor gepraat het nie? Hoop die president en sy comrades neem kennis van hierdie en sekerlik baie ander vergrype in die gesondheidsvelde voordat hy die dag met groot gejuig sy nuwe gesondheidsplan instel. Die tyd dat mense ander pad kyk is verby. Elke ongeruimdheid, vuil vloer/badkamer/linne, slapende of etende verpleegster/suster moet op ons fone vasgelê word en met die wereld gedeel word dat mense kan kennis neem wat werklik aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.