Psigiatriese sterftes: Komitee ondersoek premier se rol

Jack Bloom Vrydag buite die Sentraal-Johannesburg polisiestasie. Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA

Jack Bloom Vrydag buite die Sentraal-Johannesburg polisiestasie. Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA

Die oorsigkomitee van die Gautengse wetgewer gaan die rol wat premier David Makhura se kantoor gespeel het in die dood van 94 psigiatriese pasiënte, nadat hulle na die fasiliteite van ongelisensieerde nieregeringsorganisasies (NRO’s) geskuif is, ondersoek.

“Tydens die komitee se vergadering wat Vrydag gehou is, het ek uitgewys dat dr. Barney Selebano, hoof van die Gautengse departement van gesondheid, ʼn kommerwekkende bewering in die gesondheidsombudsman se verslag maak,” het Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, Sondag gesê.

“Volgens Selebano is die besluit om die pasiënte uit die sorg van Life Healthcare Esidimeni te skuif  deur die kantoor van die premier en die departementshoof geneem.”

Bloom het gesê die oorsigkomitee het die party se voorstel goedgekeur om dié bewering te ondersoek asook die rede waarom die premier en sy kantoor gefaal het om die oorplasings te monitor.

Hy het gesê daar was ʼn oorvloed mediaberigte oor die lot van die pasiënte, klagtes deur hul families asook twee hofaansoeke waar die premier as ʼn respondent aangehaal is. “Dit is nie geloofwaardig dat die premier en sy kantoor nie bewus was van die probleme nie.”

Bloom het gesê die premier moet ook rekenskap gee hoekom hy nie Qedani Mahlangu, voormalige LUR van gesondheid in Gauteng, afgedank het toe sy op 13 September verlede jaar bekend gemaak het dat 36 pasiënte weens die oorplasings dood is nie.

Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, het Woensdag onthul minstens 94 psigiatriese pasiënte het ná die oorplasings na die NRO’s gesterf en nie 36 soos Mahlangu vroeër in die Gautengse wetgewer beweer het nie.

Volgens die verslag is die pasiënte na NRO’s oorgeplaas wat nie die basiese bevoegdheid en ervaring gehad het om na hulle om te sien nie. Die organisasies het ook nie die leierskapkapasiteit gehad om vir psigiatriese pasiënte te sorg nie en is met ongeldige lisensies bedryf. Die getal pasiënte wat gesterf het, kon sedert Desember verlede jaar gestyg het aangesien die pasiënte sedertdien steeds in die sorg van die NRO’s is.

Mahlangu het kort ná die aankondiging bedank en is deur die voormalige adjunkminister van gesondheid, Gwen Ramokgopa, vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pieter ·

DIE APARTHEID PRESIDENTE HET LANKAL DIE VERANTWOORDELIKE PERSONE VOOR STOK GEKRY EN WEG GEJAAG.WAAR IS ZUMA.

sioux ·

die premier us te belangrik n man om koerantte lees of TV nuus te kyk. gee hom en die lur n medalje en n bonus. how kan die ombudsman ba were vas. ondersoek nog nie se 98 of 102 mense nie, maar steeds net “ten minste 94”? vir my se dit hy het ook nog net bekkoliek maar nog geen Steen den indersiek aangeraak nie.

sioux ·

ekskuus dit moes lees “na weke van” en “steen den ondersoek’

wilma ·

premier en sy kantoor het seker ni kans gesien om verder geld op die pasiente te spandeer ni want dan sou daar te min wees vir hul eie sakke?

Johann ·

Waar kry ons die profiel van die pasiënte? M.a.w. ras, geslag, ouderdom ens? En hoe betrek mens AL die familie lede by n “klas aksie” saak teen die persone en instansies verandwoordelik? Waars die SG Prokureur Firmas wat VIR jou baklei as jy nie self kan nie?

Esme Strauss ·

Ek wens ek kan vir julle foto’s wys toe ek my kind gister by een van die sogenaamde NGO’s gaan besoek het. Nodeloos om te se, ek het hom summier daar gevat en hy is in ‘n privaat hospitaal opgeneem. Daar is eenvoudig net nie geld vir enkel ouers om gestremde kinders by privaat sentrums te laat versorg nie. Ons enkel ouers werk daagliks en is gedwonge verplig om ons kinders in sorg van hierdie mense te laat. Ongelukkig en baie jammer maar Suid-Afrika het nie tyd of plek vir enige gestremde nie – of dit ‘n motoris is wat op ‘n rystoel parkering stop, of ‘n NGO is wat pasiente verwaarloos – ons gestremde persone is uit op ‘n dood vonnis.

Hennie ·

Net nog ‘n mors van tyd en belasting geld vir elke ding word ‘n komitee aangestel en daar word niks van gehoor, net Chicken Lick’n eet en waarhede toesmeer.

Christo ·

Hoekom praat niemand oor die feit dat in Afrika kultuur hulle glo jy is “ge-toor” deur bose gees en daarom tree jy so op as jy n sielkundige toestand het?
Of is dit nie polities korrek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.