Psigiatriese sterftes: ‘Nie genoeg dat LUR bedank’

David Makhura, premier van Gauteng, en Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, by die mediakonferensie (1 Februarie 2017). Foto: ANA

David Makhura, premier van Gauteng, en Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, by die mediakonferensie (1 Februarie 2017). Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het Woensdag gesê die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, Qedani Mahlangu, kan nie “net wegstap” nadat 94 psigiatriese pasiënte onder haar toesig gesterf het nie.

“Die skandelike, onprofessionele en onmenslike manier waarop die LUR hierdie situasie hanteer het regverdig niks minder as haar bedanking nie. Ons glo egter noudat die gesondheidsombudsman se verslag bekend is, moet verdere ondersoek gedoen word om nie net die optrede van die voormalige LUR te ondersoek nie, maar ook dié van die beamptes wat betrokke was by die oorplasing [van die pasiënte],” het Mzukisi Grootboom, voorsitter van Sama, in ʼn verklaring gesê.

“Mahlangu kan nie net uit haar pos as LUR bedank en hiervan wegstap nie. Sy en die ander beamptes in die departement moet verantwoordbaar gehou word.”

Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, het Woensdag onthul die 36 pasiënte-sterftes wat verlede jaar deur Mahlangu in die provinsiale wetgewer voorgehou is, weerspieël nie eens naastenby die werklike stand van sake nie. Volgens Makgoba het minstens 94 psigiatriese pasiënte tussen Maart en Desember 2016 gesterf nadat hulle uit die Life Esidimeni-sentrum na verskillende nie-regeringsorganisasies (NRO’s) in die provinsie geskuif is.

Qedani Mahlangu, LUR van gesondheid in Gauteng, het bedank.

Qedani Mahlangu, LUR van gesondheid in Gauteng, het bedank.

Volgens die verslag het die betrokke NRO’s nie die nodige bevoegdheid, ervaring of leierskapskapasiteit gehad om na geestelik versteurde pasiënte om te sien nie en is al die organisasies onder ongeldige lisensies bedryf.

Kort nadat die skokbevindinge aan die lig gekom het, het David Makhura, die Gautengse premier, aangekondig dat Mahlangu haar bedanking ingedien het.

Sama het Makhura se besluit verwelkom om al die pasiënte wat tans in die sorg van die NRO’s is terug te skuif na staatsgesondheidsinstansies.

Die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid het Makhura se onderneming om op te tree en Makgoba se aanbevelings te implementeer, verwelkom. Fish Mahlalela, waarnemende voorsitter van die komitee, het gesê die komiteelede is geskok deur die verslag en doen ʼn beroep op die minister van gesondheid [Aaron Motsoaledi] om te verseker dat die nodige stappe gedoen word en dat die aanbevelings ten volle geïmplementeer word.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid, het gesê Makhura moet ook aanspreeklik gehou word vir die tragedie. “Hy moes vroeër opgetree het deur Mahlangu af te dank en die nodige stappe te doen om die pasiënte te beskerm, waarvan baie steeds ly in NRO’s wat nie geskik is om hulle te versorg nie,” het Bloom gesê.

“Dit het 141 dae geneem vir Mahlangu om te bedank nadat die eerste sterftes op 13 September vanjaar, in antwoord op my vrae in die wetgewer, aan die lig gekom het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan Venter ·

141 dae geneem voor sy bedank, nadat die eerste sterftes op 13 September vanjaar aan die lig gekom het???????? Is Siener Van Rensburg terug om te sien wat 13 September vanjaar inhou. Ons is nou eers by 02 Feb vanjaar.

Johann ·

Dis niks anders as massa moord nie! En n barbaarse voorbeeld van wat totale onbevoegdheid en gewetenloosheid tot gevolg het. Ergste is dis wat vir almal voorlê as die ANC sy absurde Nasionale Gesondheids Wetgewing gaan af forseer!

Justice ·

Ek vertrou dat sy krimineel vervolg sal word sonder die keuse van ‘n boete. Dit is hoog tyd dat regeringsamptenare strafregtelik verantwoordbaar gehou word vir die wanbestuur en korrupsie in hulle departemente.

Pam ·

Pj….jy vat die woorde so uit my mond. Ek dink Gerrie Nel gaan nog baie sports veroorsaak.

Esme Strauss ·

My kind is een van die duisende gestremdes wat “wreed” uit hulle gemaksone geruk is en uitgeplaas is. Dit is angswekkend om te probeer dink wat gaan in gestremdes se gedagtes aan as hulle almal net op ‘n dag in ‘n bus gedruk word en eenvoudig “gedump” word by on onbekende plek. Ek was nie eers telefonies gekontak nie – ek het ‘n sms ontvang dat my kind by ‘n ander instansie afgelaai is. Toe ek die Sondag daar kom, was Clinton weg – hulle het nie eens geweet van hom nie. Dit het my amper ‘n uur gevat om hom op te spoor. Intussen het ek al ‘n skriftelike klagte by die Departement van Gesondheid ingedien oor die toestand van die plek (NGO) asook die manier wat hulle behandel word. Ek is Jesus net baie dankbaar dat Clinton normaal kan praat en redeneer….hy vertel my as hy nie gelukkig is nie maar my hart gaan uit na die mense wat nie vir hulself kan praat nie.

snoefie ·

die families skree alreeds “finansiele vergoeding” as of eie oorledenes die enigste broodwinnaars was. weer moet die belastingbetalers verantwoording neem vir n egoïs se optrede. laat haar uit eie sak betaal.

Anoniem ·

Enige vergoeding ter sprake kan van haar persoonlik verhaal word. En ook persoonlik van al die ander onbevoegdes, vanaf verantwoordelike persone soos David Mahura en Aaron Motsoaledi tot en met die eienaars van die NGO’s wat sekerlik betalings van die Departmement van Gesondheid ontvang het om vir die pasiënte te “sorg”.

Dis hoog tyd dat die hogere mense in die regering leer dat jy nie net ‘n vet salaris kan trek nie, maar dat jy jou verantwoordelikhede moet nakom.!!!

Andre ·

Ek sit in Saudi Arabia. Ek lees nounet die ‘arab news’… Dit het ook ‘n deel oor die bostaande berig. Ons is ‘n internasionale grap met ons goverment en ons ‘officials’ wat so aangaan.
Mense van ander lande soos selfs Romania huil soos hul lag oor die tipe berig.

Johanna Botha ·

Onkunde onkunde onkunde! ! ! …sy kon nie eers check dat die tehuise gelisensieer was waarheen die mense gestuur was ….nie eers een uit die 27 plekke het n lisensie gehad …mense is dood agv dehedrasie en geen voeding ….wat n SKANDE !! Dink hulle weet alles as hulle n bril dra ….die anc is VOL onkundige mense …net NOG n voorbeeld !

Johann ·

Hartseer voorbeeld van die ANC se voorgestelde Nasional Mediese Skema! Beste is…die twee manne op die foto is die onskuld van self? Massamoord!!!!!

snoefie ·

hoe sterf mense oop en bloot van honger en dors in n instansie vol mense? was daar ondersoek ingestel na wat aanleiding tot die omstandighede gegee het? was die pasiënte in afsondering en van vergeet? mense sterf nie n dag of twee van honger en dors nie.

Columbiana ·

Wat ‘n tragedie. Die weerloses wat lei onder die “dont care” houding van die in gesag. Die hele lot behoort aangekla te word regdeur van die LUR tot die NGO lede. Toe 1 mens dood is moes hulle tog sekerlik bekommerd geraak het maar toe die sterftes by 50 kom moes hulle heeltemal histeries geraak het. Kla die spul aan en slaan die tronkdeure agter hulle toe vir altyd

Skollie ·

Die mense is na sogenaamde NGO’s … soms sommer net HUISE geskuif? Wie dink julle se plekke was hierdie? Nie EEN van die 27 “inrigtings” was gelisensieerd of sodanig ingerig dat hulle na Psigiatriese pasiente kon omsien nie, duidelik het hulle ook nie die nodige mediese behandeling ontvang nie want van hulle is aan diarree en ontwatering dood? Dit is omdat alles geBEE moes word .. en dit na vriende en familie wat ‘n lekker geleentheid gesien het om GELD te maak geskuif. MOES iemand van AUTHORITY nie hierdie mens oorteken na hierdie fasiliteite toe nie? Jy doen mos tog eers jou huiswerk voordat jy mense oorteken na ONGELISENSIEERDE huise wat nie die nodige sorg kan verskaf nie . vreemd dat so baie dood is en dit by 27 “NGO’s”?? Dit is skokkend, maar kom ek vat ‘n raaiskoot, sy gaan NIKS oorkom nie, sy het bedank, dit is nou haar straf, sy gaan weer by ‘n ander departement aansluit! INCOMPETENCE is aan die orde van die dag en dit kos menselewens, net soos in staatshospitale.

simon ·

As daar gekyk word na Maslow se behoefte hierargie sal ons besef dat die mense se belangrikste behoeftes hier ontken word.
Geen wonder dat bedryfs en ander sielkundiges die verandering aan domicilium as een van die aspekte vd lewe identifiseer as seker die MEES STRESVOLLE gebeurtenis in n mens se lewe.
Gesien die vlak waar die mense Daaglikse funksioneer is dit seker te verwagte dat die stress gevoel een en al sal affekteer.
Uit die goed heid van sy hart gaan die mense nou terug na vorige woon plek verskil word – mense wat bekend is dat hulle gebrekkige kort termyn geheue het.
Weer gaan die verskuiwing uiterste trauma veroorsaak en ek voorspel nog massa sterftes sal hier na volg vir mense wat nou net begin vrede maak het met vorige verskuiwing – en nou word hulle weer na VREEMDE OORDE verskuif.
Regtig wat gaan aan in die owerhede se koppe.

Annemarie ·

Wat is nuut ‘n mens se lewe beteken niks meer vir die staatsinstansies nie. My ma was die oggend vand 12 Januarie 2017 na die Helen Joseph hospital toe gevat om opgeneem te word sy was baie siek, toe ek die middag by die hospitaal kom het hulle haar soos ‘n hond op ‘n bed in die ontvangs area waar almal sit om hulle leggers oop te maak gelos en vir my gese sy moet huis toe gaan ons het aangedring om ‘n dr te sien ,daarna moes ek en my suster haar self in die ongevalle instoot. Daar was 5 ander pasiente jong mense hulle het ons mee gedeel hulle gaan eers na die ander 5 omsien dan sal hulle na my ma kyk noodeloos om te se my ma is 1H15 die oggend van 13 Januarie 2017 oorlede.

Scalla ·

Verantwoordelikheid bestaan nie in hul woordeskat nie, wanneer gaan hul dit besef?

m ·

Dis hoogtyd dat al hierdie tipe instansies ondersoek word. Hierdie is verseker nie die enigste plek waar mense so behandel word nie. Hier moet orde kom en vining ook want mense se lewens is op die spel. Nie almal kan vir hulleself praat nie. Dis skokkend wat hier aangaan en lyk of hierdie mense nie eers n gewete het oor hoe hulle die pasiente hanteer nie. Dis siek om die minste te se……. Watse siek mense is in die samelewing wat net niks vir n medemens voel nie…. Is dit wat die toekoms van hierdie land vir ons inhou. ANC hou op met julle rassespeletjies en begin hierdie dinge vasvat en optree…

Amanda ·

Ek is dood seker sy ht ni eers Di kwalifikasies om daar te gews ht I’d eerste plek ni!!!! Let alone nog om met Mense se lewens te wrk!! Nes Di Ander wat daar sit!! Almal std5!!!!

afrikaans ·

Die mense van Suid Afrika wat in ander lande bly….. moet julle nie verlekker nie. Ek weet dis ‘n grootskande en walglik, maar julle daar in die ander lande is ook nie gelukkig nie. Houop om ons land uit te maak……Suid Afrika met al sy foute bly ons land.

John ·

Die staat se mediese dienste is op die meeste plekke in totale verval. Arrogansie is die wagwoord. Oornames van private fasiliteite word as al oplossing gesien, nie herstel en diepe sielsondersoeke oor dit wat verkeerd loop nie. Indien groot epidemies in Suid-Afrika voordoen, gaan selfs die begraafplase, wat nou reeds nie kan byhou nie, woongebiede oorspoel, want stadsbeplanning in daardie opsig, is ook vir 24 jaar agterwee gelaat. Seker die’ dat SA oop grense in Afrika en elders bepleit, sodat ons inwoners kan vlug na veiliger weivelde met minder slinkse regerings.

Darius Els ·

Jul kommentaar beleid is onverstaanbaar.Mense wat polities korrek is skrywe bladsye langer as ek.Maar julle se MY kommentaar is te lank.Laat my dink aan n org wat ons regte beskerm maar self maar foutvol is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.