Psira sal Bosasa, DUT-skietery ondersoek

Polisiebeamptes monitor ʼn betoging by die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) ná die skietvoorval Dinsdag (6 Februarie 2019). Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency

Psira, die private sekuriteitsbedryf se regulerende liggaam, het Woensdag gesê hy sal ook ʼn ondersoek doen na die skietvoorval op die kampus van die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) wat tot die dood van ʼn student gelei het.

Die 20-jarige Mlungisi Madonsela is Dinsdag op die DUT se Steve Biko-kampus geskiet toe betogende student met private sekuriteitsbeamptes gebots het. Hy het later in die hospitaal gesterf.

Daar word beweer Madonsela is deur een van die private veiligheidsbeamptes, wat deur die DUT gekontrakteer is, geskiet.

Manabela Chauke, uitvoerende hoof van Psira, het gister in ʼn verklaring gesê die owerheid se senior wetstoepassingsbeamptes is opdrag gegee om die voorval te ondersoek. Hy het namens Psira sy medelye teenoor Madonsela se naasbestaandes uitgespreek.

Intussen sal Psira ook ondersoek instel na die verdoemende bewerings teen African Global Operations (voorheen Bosasa). Dié maatskappy is sedert Desember 1998 by Psira geregistreer. “Die ondersoek hou verband met die oortreding van die private veiligheidsbedryf se gedragskode,” het Chauke gesê.

Bewerings van wydverspreide korrupsie, omkopery en geldwassery by die maatskappy het in die afgelope paar weke aan die lig gekom.

“Ons sien die bewerings wat tans in die openbare domein is in ʼn baie ernstige lig en ons werk onverpoosd saam met ander wetstoepassingsowerhede om hierdie saak spoedig af te handel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Carel ·

Nou is die arme wetstoepasser weer in die moeilikheid en die krimineel word beskerm.
Gaan dit ooit verander??

Skroef ·

Almal het n reg om te staak. Nou staak beteken, STOP! so stop die bedrywigheid. Hou dan op werk! Hou op skryf. Sit, staan of lê net syil. Goed, daar her jy gestaak. STAAK beteken glad nie die reg op te plunder, klipgooi, breek, brand of vandaliseer nie. Dan nog n vraag…. Sou die NP se polisie so passief bygestaan het en stakers met hulle onwettigheid laat aangaan het?

Grieta Venter ·

Daardie studente was nie daar om koor te sing nie. Leer om julle te gedra soos volwassenes, julle ouers het julle verkeerde gewoontes geleer.

Die waarheid ·

Psira beteken net mooi niks. Hkmkomhulle nou eers agter van Bosasa se dinge. Wat van die maandelikse opgawes wat ons almal wat by hulle geregistreer is moet indien. Het Bosasa nie of het niemand dit gemonitor nie. Wat n grap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.