Pta-advokaat in hof vir aanranding

Argieffoto

ʼn Advokaat van Pretoria verskyn Maandag in die stad se landdroshof nadat hy glo ʼn 29-jarige vrou met ʼn bierbottel aangerand het toe sy vir ʼn sigaretaansteker gevra het.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die Sunnyside-polisie, het gesê die 26-jarige advokaat is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die beweerde aanranding vroeër die maand by die vrou se woonstelgebou in Sunnyside. Die voorval het tydens ʼn partytjie plaasgevind wat albei bygewoon het.

“Die vrou het na bewering die aand van die voorval vir die verdagte vir ʼn sigaretaansteker gevra, waarna ʼn rusie ontstaan het. Hy het haar glo met ʼn bierbottel aangerand en verder geskop toe sy op die vloer geval het,” het Mavimbela gesê.

Die vrou is die aand van die voorval na die Sunnyside-polisie, waarna sy met sigbare beserings aan haar gesig met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem is. Haar verklaring is afgeneem toe sy sterk genoeg was om dit te doen. Sy het nie geweet waar die man woon nie. Die polisie het nie die man se woonadres gehad nie en sy beroep en werkplek is deur nadere ondersoek vasgestel.

Die advokaat is Vrydagmiddag met sy aankoms by die hooggeregshof in hegtenis geneem en formeel aangekla.

Hy sal teregstaan op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

lorayne ·

Bad en aantrek . . . maar nêrens heen vat nie! Ek sou wragtig ‘n bietjie meer beskaafdheid verwag het van ‘n ‘geleerde’ man . . . Maar deesdae koop mens sommer jou papiere!

Williew ·

26 jarige advokaat??…Is dit nie bietjie jonk vir advokaat nie??

Piet Snot ·

Nie te moeilik nie. 5 jaar studeer, 6 mnde pupilskap; tel dit by 18 jr en jy kan advokaat wees voor jy 24 is.

Koos1 ·

Hier is weer ‘n bewys dat almal gelyk is voor die wet, party net meer gelyk as ander.
Grace Mugabe kom voeter ‘n vrou op met ‘n koord en sy word verskoon uit ons land uit. Hierdie ou slaan ‘n vrou met ‘n bierbottel en hy word gearesteer!
Williew, op 26 kan jy al ‘n advokaat wees. 4 – 5 jaar se studies en 1 jaar “articles” en as jou van reg is stap jy by enige regsfrima in as advokaat.

Andre C ·

Sal die advokaat of slagoffer se name ooit gepubliseer word ??net nuuskierig want die nuus is baie vaag.

Eish ·

Ek dink hy moet eers formeel aangekla word en pleit alvorens name gepubliseer mag word. Maar ek het n spesmaas…

Andre ·

Wat is SA kwalifikasies? Uitgevang: Mahou Pheko SA ambassadeur in Japan was 15 jaar ‘n Doktor van Lasalle-universiteit – gesluit in 1996 deur FBI want hulle verkoop vals sertifikate en eienaar kry 5 jaar tronk straf, Kanada waarsku in 2010 ons ambassadeur se graad is “fake”, dan stuur ons haar in 2012 na Japan), sy vra omverskoning want dit was ‘n oordeelsfout en nie bedoel om te mislei nie). Palo Jordan lieg oor sy Doktors graad en was uitgevang en vra om verskoning. dan is daar Hlaudi Motsoeneng, Ellen Tshabalala destyds SAUK voorsitter, Schabir Shaik – Ingenieur ens….

Theresa ·

Dalk is die twee se ouderdomme omgeruil.
Dalk klaar studeer vir hierdie rigting, maar GLAD nie gereed daarvoor nie – nie as hy nog dink hy is geregtig daarop om iemand aan te rand nie??
Sou graag wou weet wat die dame vir hom gesê het tydens die argument?! Wie is die twee mense (hul haal die nuus – dus mag mens seker ook hul name weet).

jannie ·

jy kan die bas van die boom afhaal…..maar jy kan nie die boom van die bas afhaal nie…

Skande ·

Nice man, dit is die advokate van die toekoms, die mense in wie se hande jy jou lewe plaas as jy regshulp nodig het. Geen wonder die sake verloop deesdae so beroerd nie. Dit is jou REGSLUI van deesdae. Hy gaan seker weer niks oorkom nie, in die ou dae sou hy van die rol geskrap gewees het, nou gaan hy seker REGTER word.

Nee kyk ·

Nee kyk, ons gaan vir hom wag, hy moet mos begin 48 uur voorkom, as sy naam nie genoem word nie, kan ons mos begin vrae vra, sekere mense kan doen net wat hul wil en het dan regte……… ek dink al hoekom hy wel gearresteer is, is die feit dat hul nie geweet het wie hy is en wat hy doen nie. As jy ‘n advokaat is op 26 is dit onder verdenking, maar dan is jy veronderstel om te weet dit is ongehoorde gedrag, het jy ooit geleer vir advokaat. Verder verwag mens morele waardes.

Kommentaar ·

Daar is niks snaaks daaraan om op 26 ‘n advokaat te wees nie – 4 jaar LLB en aansoek om toelating by die hooggeregshof. Mens kan teen 22 reeds ‘n advokaat wees sonder enige snaaksigheid. Kommentaar en/of suspisie oor die ouderdom van die advokaat is dus ongegrond.

Tanya Kruger ·

En waarom is daar geen nadere besonderhede van hom nie? O jammer, ek het vergeet, hy moet seker eers verskyn. Dit is darem meer as belaglik man!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.