Pta-bejaarde deur honde verskeur

Tom Chapman in die ambulans. Foto: Verskaf

Oudsupt. Tom Chapman (74) het Maandagoggend, half verlam, verwoed geveg om twee honde met sy regterhand van sy gesig af weg te hou nadat dié hom buite sy huis aangeval het.

Sy vrou, Francis Chapman (72), het Dinsdag aan Maroela Media gesê die egpaar woon die afgelope vyf jaar in hul huis in Louis Trichardstraat in Parktown Estate in Pretoria se Moot-gebied.

“My man is omstreeks 10:00 na buite om die motorhek te gaan oopmaak vir ʼn vriendin wat sou kom kuier het. Sy kom loer gereeld in om te kyk of alles nog reg is hier by ons,” het Francis gesê.

Sy het gesê sy en Tom het die hele oggend gehoor die honde in die buurt is onrustig en blaf onnodig, maar weet nou nog nie hoekom nie.

“Ons buurvrou het terselfdertyd hul hek oopgemaak om haar motor uit te trek en skielik toe storm twee honde daar uit en tackle vir Oupa buite die erf.”

Elmarie Linde, die DA-raadslid in wie se wyk die voorval plaasgevind het, het verduidelik ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat die buurman aan die ander kant van die Chapman-egpaar se bure, glo bouwerk op sy perseel doen. Daar word glo vier middelmatige na groot honde van gemengde rasse aangehou.

“Twee van die honde het vermoedelik op boumateriaal geklouter en op dié manier in die Chapmans se bure se erf beland en in die straat ingehardloop toe die buurvrou die hek oopmaak.”

Francis verduidelik Tom het in 2005 ʼn beroerte gehad wat die hele linkerkant van sy lyf verlam gelaat het.

“Hy het sedertdien rehabilitasie ondergaan en kon weer mooi loop maar hy sukkel nog met sy balans en die honde het hom maklik omgespring.”

Francis het gesê toe sy buite kom was die hek toe en kon sy nie uit die erf kom nie aangesien die hek met ʼn afstandbeheerder oop- en toemaak. “Ek was halfpad om oor die muur te klim en het net gesien hoe die honde Oupa aan die linkerkant van sy lyf byt en nie wil los nie. Tom het met sy regterhand gekeer dat die honde nie sy gesig verskeur nie. Die honde het stukke vleis uit sy linkerarm en -been geskeur, maar gelukkig nie ʼn hoofslagaar beskadig nie.”

Intussen het Phillip Snyders, koster van die NG gemeente Mootvallei, opgedaag en probeer om die honde van Tom af te kry. Hy is ook erg beseer toe die honde hom aan die been beetgekry het. ʼn Motoris, Marchel Nienaber, het ook stilgehou om help en is ook gebyt.

Tom en Francis Chapman.

Snyders kon uiteindelik die honde verjaag nadat die buurvrou ʼn tuingraaf vir hulle aangegee het om die honde van Tom af te kry. Die polisie is ook intussen ontbied nadat Francis hulp op die plaaslike gemeenskappolisiëringforum se radio ontbied het. Snyders het Tom se lewe gered deur die honde van hom af weg te hou terwyl noodhulp op Tom toegepas is. Polisiebeamptes moes die honde doodskiet toe hulle verwilderd deur die buurt gehardloop het.

Tom het erge bytmerke aan albei sy arms en bene opgedoen en al twee sy ore is verskeur. Tom en Snyders is na hospitale geneem vir behandeling.

Tom word in die waakeenheid van die Eugène Marais-hospitaal behandel. Hy het erge pyn en is op sterk medikasie. Sy toestand is stabiel.

Francis raak bewoë as sy sê: “Ek glo nie my man sal weer kan loop nie. Ons sal nou ʼn rolstoel moet aanskaf met geld wat ek nie weet van waar af dit gaan kom nie. Hy het gisteraand ʼn goeie aand gehad, maar ek weet nog nie wat die toestand van sy wonde is nie en of hy dalk sy been gaan verloor nie. Toe ek sy wonde toegedruk het [ná die aanval] het ek gesien daar is senuwees beskadig.”

Sy het gesê die afgelope vyf jaar wat hulle daar woon het hulle nog nie ʼn probleem met die honde gehad nie.

Linde het gesê die eienaar van die honde was nie tuis toe sy in die middag ʼn besoek daar gaan aflê het nie. Die honde se eienaar is glo ʼn dokter van Nigerië en was by die werk.

“Die slagoffers is geregtig om siviele sake aanhangig te maak vir verdere ondersoek. Die metro kan wel ondersoek of daar enige munisipale bepalings oortree is en daarvolgens optree. Volgens dié bepalings mag ʼn huiseienaar of huurder nie meer as drie honde op ʼn erf aanhou nie,” het Linde gesê.

Sy het inwoners versoek om ten alle tye te verseker dat hul honde nie uit hul erf kan kom nie.

Francis het die GPF, ambulansdienste, polisie en almal wat gehelp het bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Dawson ·

Dis nou al die hoeveelste een die jaar? Hoop die honde word van kant gemaak en die eienaar n hengse boete en hospitaal kostes en vir die trauma

Amanda du Plessis ·

Die arme oom. Ai ek hoop hy maak n volle herstel. Die eienaar van die honde moet verantwoordelik gehou word vir alle mediese kostes en wat nog met sy ongemak verduur mag word. Soos n rolstoel koop! Kyk ek het selfs twee leeus, maar sorg dat hulle nie kan uitkom nie en wanneer ons die hek oopmaak kyk ons rond dat niemand buite is nie. My hart gaan uit na die mense.

Asjas ·

Eienaar is dokter van Nigeria, laat by betaal, dis die wet van Transvaal.
Ek is seker by kan dit bekostig.

Jordaan ·

Volgens die berig is die honde reeds van kant gemaak deur die polisie.

ADRI ·

Dawson : Hul het in berig gese “Polisiebeamptes moes die honde doodskiet toe hul verwilderd deur die buurt gehardloop het”

maggie ·

En so word berig gelees van honde wat tot boer en sy werkers se redding kom tydens gewapende roof op plaas. Honde so onvoorspelbaar, wees maar altyd paraat.

amvi ·

Los die honde uit. Straf die eienaar. As ek ‘n hond was en ‘n nigerier my eienaar, sou ek ook my kop verloor.

Johan ·

Ek hoop só daar’s ‘n prokureur wat simpatie het met seniorburgers en wat sommer hierdie saak pro-bono gryp. Ek glo dat as Maroela so ‘n samaritaansdaad publiseer sal daardie prokureur soveel besigheid kry, hy sal nie kan draai nie.

Poppie ·

Dis tragies! Ek wil nou nie polieties raak nie, maar wat gaan aan dat tot honde mense deesdae aanval… Is ons dure ook besig om koekoes te raak soos mense met al die stres en alledagse dinge… Iets klink nie reg nie, of die honde was siek of geleer om dit te doen. (Net my opinie) Ek bid dat die oom herstel en sou dit nodig wees vir ‘n rolstoel dat die Here sal voorsien. Sterkte.

Spook ·

Mense het dieselfde geword… Honde volg maar net die voorbeeld wat gestel word.

John ·

En inspuitings teen hondsdolheid, sou dit toegedien word, is verskriklik gevaarlik. Gesonde mense ly vir meer as 3 mnde aan erge koorsaanvalle en sukkel om te slaap. Skade aan die imuunstelsel is in uitsonderlike gevalle moontlik.

Koos1 ·

Dit is soos die engelman sê, ‘n “catch 22” situasie. Honde eienaars hou kwaai honde aan om hulle te beskerm teen booswigte, want ons regering is te veel met politiek gemoeid, om hulle oor die landsburgers te bekommer, en dan val honde onskuldige mense aan.
Dink net as daar geen misdaad was nie in die land nie, sou BAIE mense minder of geen kwaai honde aangehou het. Dit is en bly maar een van die beste en goedkoopste afskrik middels vir kriminele.
Ek hoop die oom herstel ten volle en ook gou. Ek glo die honde eienaar sal ook nie wou hê dat dit gebeur het nie!

Asjas ·

Honde kan geleer word om slegs aan the val wanneer hul mense bedreig word. Toe hulle by ons ingebreek het, het die honde niks gemaak nie. As ons by die huis was, was dit ‘n ander storie. Hulle draf ook uit wanneer ons by die huis kom maar het niemand nog ooit aangeval nie.

marianne ·

Ek stem 100% saam Koos……dis presies wat die geval is……sjoe…hoe hartseer…Oom moet spoedig herstel…

CS ·

Ai siestog oom, bid oom word gou beter, dat so iets nou moet gebeur met ‘n 74jarige oom-baie sterkte vir oom en tannie

Asjas ·

Buurman, jou hond probeer elke dag daar oor my agterste muur klim en my kom byt. Hy hang nou al half lyf oor en blaf sy longe uit terwyl ek in my tuin werk. Ek het nou al van my kant af plan gemaak laat hy nie kan oor kom nie. Hy het my al gebyt terwyl ek JOU bome wat oorhang aan my kant snoei. Maar dit is goed om te weet ek kan jou seviel aan kla. Vanmiddag kom my versperrings af en dan sit en wag ek. Ek het al met jou hieroor gepraat.

Francois le Cochon ·

@Asjas. Neem foto’s en gaan sien die Metro Polisie.

Valerie ·

Gevaarlike honde (enige ras) hoort nie tussen mense nie. Nou soek mense weer “triggers” vir die aanval, en dit is juis die punt. Die goed hoort nie tussen mense nie. En dan raas van hulle 24 uur aanmekaar.
En honde is ook nie “kinders” nie; hulle is diere. Kinders (nie tieners) byt en verskeur nie ander nie, en val ook nie hul eie ouers aan en byt hulle amper dood nie net vir een of ander “trigger” nie.

Spook ·

Nee ek dink dit is andersom, mense HOORT nie om diere nie. Mensdom het honde gemaak, en dit is mnsdom Wat honde so laat optree, memse doen nie navorsing nie en teel sommer enige hond op mekaar.

prokureur ·

Ek is ‘n prokureur en bereid om die oom te help. Maroela media mag ek my kontakbesonderhede hier deel, of hoe gaan ons te werk om met die oom / sy familie kontak te maak

Janie Monsieur ·

Dagsê prokereur,
Dankie vir jou navraag! Stuur gerus ‘n e-pos aan die joernalis wat die berig geskryf het. Sy naam is Phillip en sy e-pos adres is [email protected]

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Dankbare buitestander ·

Baie dankie aan hierdie prokereur wat help.

Chivago ·

Valerie – ek verskil van jou opinie. Ek kan jou baie voorvalle gee van kinders wat byt, moor en ouers aanval, die mens is baie gevaarliker as ‘n hond!
Sterkte aan die oom, dis so tragies, mag hy ten volle herstel.

lief diere! ·

ek stem, gee my diere,,,,,,,,,,,,,, mense aaklig, baie gevaarlik!

Wouter ·

Ons almal weet dat honde onvoorspelbaar is. Hul kry ook n sleg dag net soos ons en dan gebeur sulke goed. Mens kan nie gaan stap nie en honde spring oor mure. Ek het ook 2 honde, toe hul groter word moes ons mure hoër. Luister mense dan nooit. Of hul dink hul weet.

Janie Monsieur ·

Dagsê Bertus. Dankie vir jou kommentaar. Ons het jou selfoonnommer na die betrokke persone gestuur. Dankie!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

LMF ·

Wat n hartseer verhaal wat ek sien met n gelukkige einde die mense wat so bereid is om te help laat my trane in my oë kry met trane van jammerte vir die oomie hoop op n spoedige herstel en MNR die prokureur jy moet die eienaar gas gee please en Amen

Susan du Toit ·

Eienaar moet sorg vir rolstoel en mediese koste betaal Wens die slagoffer alle sterkte toe

Pietgeldmal ·

Dagvaar vir skok , pyn en lyding , verlies van inkomste , dokters gelde vir nou en vir toekomstige dokter ondersoek en medisyne , regs advies , post dramatic stress disorder , geld vir toekomstige wagte om jou op te pas , privaat versorging , verlies van dele van jou ligaam ,

Theresa ·

Ek is nou sommer in trane oor die goedheid wat nog in die wêreld is. Dankie Bertus. Ek ken oom Tom nie, maar wel twee van sy dogters! Sout van die aarde mense!

Hans ·

Mense kan nooit gevaarliker wees as honde nie want n hond het nie n keuse wat hy kan beoefen nie, mense het n keuse.Selfs die ergste moordenaar het n keuse.

Vlakvark ·

Ek dra altyd my jagmes saam met my wanneer ek met my drie klein brakkies aan leibande gaan stap. Bewaar daardie groot honde wat ons aanval. Die bloed en derms sal waai. Kieries as afskrikmiddel beteken niks as ‘n Rottweiler of twee jou aanval nie.

Marli Snyders ·

Ek is so gelukkig om die skoondogter te wees van Oupa Phillip Snyders. Hy is en was nog altyd vir ons almal ‘n voorbeeld van onbaatsugtige opoffering en naasteliefde. Hy het ‘n hart van goud. Hy is tans in die hospitaal en gaan more vir die 2de keer teater toe. Ek vertrou dat hy volkome sal herstel want ons Hemelse Pappa sal mooi na hom kyk en hy is Sy kind. Toe hy vir ons die storie vertel se hy, hy moes die ou omie gaan help. Pa Philip is 75 en oom Tom 74. Priceless!! Ons is trots op ons super hero oupa!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.