Pta-bejaarde helder oordag in huis beroof

Argieffoto

ʼn Bejaarde vrou van Centurion is Dinsdag helder oordag by haar huis deur twee mans oorval en beroof.

Konst. Mandlakayise Zwane, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 79-jarige vrou was omstreeks 11:30 alleen by haar huis in Stymiestraat in Clubview toe sy opgemerk het daar is ʼn onbekende wit voertuig in haar erf geparkeer.

“Toe sy gaan ondersoek instel, het sy die twee mans reeds in die huis aangetref. Die verdagtes het haar gedwing om plat te lê en het haar kop met ʼn duvet bedek.”

Die verdagtes het die huis geplunder en onder meer met ʼn skootrekenaar, ʼn Nokia-selfoon, ʼn platskermtelevisiestel en R1 000 kontant gevlug. Die geskatte waarde van die gesteelde goedere is R50 000.

Die Wierdabrug-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval of wat ʼn verdagte voertuig in die omgewing opmerk, om die polisie by 012 685 0008 of 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Callie ·

As daar moeite gedoen word om hulle te vang sal die straf ligter wees vir hulle as vir die dame wat polisie geskel het. Hulle sal nie gevang word nie maar asb moet nie daaroor gefrustreerd raak en hulle name noem nie

Elsa ·

as Polisie sigbaar is het hul eie inligting…dit is moontlik want baie oud Polisielede sal wil help natuurlik met n salaris….tyd ons lsnd kyk na die opsie sodat korrupsie uitgeroei word

Nettie ·

@Elsa, ons kan soveel polisiemanne en-vroue in die land hê dat ieder en elke landsburger persoonlike beskerming kan geniet, maar solank ons landsgrense oopgegooi en onbewaak lê, sal die probleem van misdaad – moord, roof, verkragting ens. – nooit, ooit maar OOIT opgelos word nie. Want ons probleem is nie (hoofsaaklik) misdaad deur ons eie mense, wat hier in SA gebore is nie – ons probleem is die 1000’e Afrikane wat dag na dag en nag na nag in ons land kom om hier onwettig te kom leef, te moor, te roof, te steel, te verkrag, aan te rand ………. noem maar op. En solank Nummawan, die Guptas, Nummawan se verkose (skelm en korrupte) “verkose” top-struktuur en die ANC in die lewe is, so lank sal hierdie eens-pragtige, georganiseerde, funksionele land van ons teen ‘n verblindende spoed dag-na-dag agteruitgaan, tot daar niks meer oor is nie.

Trevor ·

Mens weet dit gaan sleg in n land wanneer mens dink en sê “bly tannie is nie verkrag en vermoor nie”

R. KRUS ·

In my nederige opinie is wat ons in SA beleef veel erger as blote misdaad. Dit begin oorhel na geweldadige plundering. In die geskiedenis van ons land, en ook die wêreld, volg die grootskaalse plundering nadat ‘n volk verslaan is. Dit gaan gepaard met al die gruwels waarvan ons elke dag in die nuus lees, soos verkragtings en verminkings van die bejaardes, vroue en kinders van die oorwonne volk. Wat ons ervaar is ‘n kruipende plundering wat vir eers gefokus is op weerlose teikens. Dit sál weldra eskaleer en tot so ‘n mate dat huise helder oordag geplunder sal word en alle mense, of hulle nou sagte teikens is of nie, aangeval sal word soos reeds oor berig word. Ons is sterk oppad na grootskaalse plundering waar jou koskaste en besittings helder oordag gestroop sal word, mans voor die voet tereggestel sal word en bejaardes, vroue en kinders al die gruwels in die afloop van ‘n stil oorlog sal beleef. Dit is reeds besig om te gebeur en ‘n spanner sal in die ratwerk gegooi moet word. As iets nie gedoen gaan word nie is grootskaalse plundering en uitwissing ons voorland.

Theresa ·

Voorwaar geweldadige plundering. Menswaardigheid in grond intrap en walglike metodes.

alida ·

Ai my tannie baie sterkte vir jou hoop jy oorleef die skok en ontnugtering.

Dries ·

As polisie meer patrollies doen en minder eet en slaap kan misdaad syfer dalk daal, een van die dae kry hulle ook rommel status

Haan ·

My ouma bly om die hoek van stymie str. Stymie str is ook reg langs die weermag se administratiewe geboue. Wys jou hoeveel beteken veiligheid vir hulle

Penellope Jones ·

Bitter ontsteld om hierdie te lees waar ‘n bejaarde persoon helder oordag beroof is, die vermetelheid en arrogansie van aanvallers en rowers maak mens naar op mens se maag.
Ek is net baie verlig dat sy, fisies, ongedeerd is!!

WeetVan ·

In Gonubie, Oos London is al vyf huise beroof helder oordag in die laaste 3 maande. In een geval was die familie besig om lekker vleis te braai terwyl diewe die huis besig was om leeg te steel totdat die vrou v d huis toevallig iets in die kombuis moes gaan kry en haar teen die diewe vasloop. Man en vrou altwee aangerand voordat die diewe voete gemaak het. Die diewe spuit nou n verdowingsmiddel in die honde se oe wat hulle aan die slaap sit voordat hulle eenvoudig oor die muur spring en by die voordeur inloop.

Celia ·

K.Krus- google gerus en kyk wat gaan aan in Swede en die res van Europa.Dis werklik erger as hier-Moslems omsingel wit meisies helder oordag in openbaar, en die sirkel by haar verkrag haar dan, die sirkel buite hulle,keer dat enigiemand help.Meer as 50 areas in Swede is nou onbegaanbaar vir hulle eie polisie. Mag Vader ons behoed dat dit nie hier gebeur nie!Dit is satanskinders. Dit is die eindtye.

Irene ·

Is nie altyd buitelanders wat dit doen nie ons eie suid afrika se mebse dien dit

Marsha ·

Die Afrikaner volk is ‘n lankmoedige volk.Maar moenie ‘n fout maak en dinge te ver dryf nie.Niemand wil he daar moet konflik wees nie.En ek glo dat meeste mense in Suid -Afrika vredeliewende mense is.Ons as n volk neem gewoonlik n tydjie om saam te staan,maar wanneer ons te ver gedryf word sal ons reageer.Dus vra ek die regering stop hierdie moorde op onskuldige mense ONMIDDELIK voordat dit te laat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.