Pta-bejaarde skiet panga-aanvaller by huis dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende huisrower is Woensdag in die vroeë oggendure by die huis van ʼn bejaarde egpaar in die noorde van Pretoria doodgeskiet.

Mirna von Benecke, woordvoerder van Sinoville-polisie, het aan Maroela Media gesê hoewel nog nie baie inligting bekend is nie, dui voorlopige ondersoek daarop dat ʼn onbekende man omstreeks 04:00 by die egpaar se huis in Annlin toegeslaan het.

“Die verdagte het glo ʼn panga uit die motorhuis gesteel voordat die bejaarde vrou hom gesien het,” het Von Benecke gesê.

Die vrou het om hulp geroep en haar man het sy vuurwapen gaan haal.

“Die verdagte was glo op pad om die vrou te konfronteer, toe hy homself in die man vasgeloop het. Die man het hom en sy vrou beskerm en die verdagte noodlottig gewond.” Hy is op die toneel dood verklaar.

Von Benecke het gesê die verdagte het geen identifikasie by hom gehad nie en sy ouderdom is nie bekend nie. Die slagoffers se ouderdomme is ook nie nou bekend nie.

“Die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek en ‘n saak van huisroof, want gesteelde items is in die man se besit gevind,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Jenny thom ·

Wonderlik, dit is ‘n 10 uit 10 vir die egpaar, anderste was hulle ook maar net nog ‘n moord wat geignoreer sal word.
Wens ons kon meer paraat wees en dat sulke aanvallers, verkragters en moorderaars voor die voet geskiet kan word.
As dit pal gebeur, sal die aanvallers, verkragters en moordenaars dalk 2x dink voordat hulle met die slagting van ABBA Vader se volk voortgaan.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Hoe lekker smille ek nou dankie tog die egpaar is veilig

Ben ☺☺☺ ·

Leer die kroeks nooit nie! Jy kan nie met `n mes by `n “gun- fight” opdaag nie. Mooi gedoen.

Sakkie du Plooy ·

Niemand het die reg om enigeen se huis te betree nie, veral nie met ‘n panga in die hand nie. In die lig van elke dag se nuus, en harde werklikheid in SA en Gauteng, het ‘n mens geen ander opsie as om jouself te verdedig en dood te skiet nie. Die wreedheid van meeste aanvallers sluit onderhandeling as ‘n opsie uit.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Hoop die oom het hom n paar warm klappe gegee,net vir die genot…of is dit nou koue klappe???

Poppie ·

Op pad om die vrou te konfronteer? Bull!! Die verdagte was op pad om die dame met die panga dood te maak. 10 uit 10 vir die 2 bejaardes.

Laurika ·

Konfronteer kan baie dinge beteken. Ek kan ‘n werker op kantoor “konfronteer” omdat sy nie haar werk doen nie. Dit beteken NIE ek gaan haar met ‘n panga slaan nie.

Marius ·

Baie mooi Oom, dit is jammer dat bejaardes so iets moet beleef. God dank die rower het sy riemme styf geloop.

Muis ·

Ai dit is so jammer dat ons bejaardes sover moet gaan net om hulle eie veiligheid te verseker, sterkte oom en tannie !!Jammer jul moet julle goue jare deurbring met agterdog en vrees vir julle eie veiligheid, Die Hemelse Vader hou Sy hand oor julle!!!!

Bruno Stef ·

Ben ek wil van jou verskil as bejaarde persoon myself n vuurwapen in die hand van man of vrou is die gelykmaker teenoor n ROWER wat met messe en pangas jou leed wil aandoen.Ou mense het net nie meer die krag om homself/haarself te verdedig nie.

Anoniem ·

Wed jou die huisrower het die ou mense as n maklike teiken beskou daarom het hy alleen gekom. Wat n verassing vir hom. Sterkte vir die senior burgers en hou die wapen naby.

jacques ·

Dankie oom jy het nog mense se lewe gespaar in die toekoms ook.
Sal Maroela nie ook terugvoering gee vir ons wat gebeur op die ou einde met mense wat hulle eie lewe beskerm nie asb want dit hoor ons nooit nerns.

SNEL ·

Wonderlike nuus! Bly die egpaar is veilig, hoop hulle kom gou oor die skok.

Grotman ·

Dalk moet hulle n klomp bejaardes aanstel om die jonges te beskerm! Meeste van die jeug is net te lug in die broek om dit self te doen… Mooi so mnr, goed gedoen.

Self beskerming ·

Lyk my, mens moet jouself beskerm anders is daar nie hoop vir oorlewing!

Mamsie ·

Mooi so oom!! Net jammer van die vuilgoed se gemors wat skoongemaak moes word

AmY ·

Waar was die huisrower se makkers? Hulle kom altyd in groepe. Nooit alleen nie.

Nee, toe die skote klap toe hardloop hulle weg en los
hulle vriend in misdaad agter.

Ek is dankbaar dat die Oom en tannie praat was. En ook dat hulle nie hulle waken ( soos baie ander mense) gaan in handing het nie.

Eie verdediging ·

As jy nie na jouself kyk, wie anders sal na jou welstand omsien? ?

Jacoline ·

MOOI SO my Oom!

So moet mens wakker slaap en optree. Veg vir mens se eie reg om te lewe!!!!

AmY ·

Jammer vir die paar spelfoute. Is soms moeilik op die selfoon. Ek is dankbaar hulle was paraat en gewapen gewees.

Magda ·

Ek is baie bly julle is veilig oom en tanie, want hoekom ons oumensie die teiken moet wees vir hulle sal ek nie weet nie. BRAVO vir julle dit was nou hulle beurt om te le in die stof!!!!!

ANDRE ·

Goed om te hoor dat ons bejaardes paraat is en nog moedig is in sulke situasies , jammer hulle moes in elk geval deur so n trauma gaan.Sterkte !

Ludwig Visser ·

Skote Petoors! En dis ‘ n mede-gryse wat so sê. Interessant dat een leser hierbo dit ‘n “verassing:” noem. Dis seker wat nou met die oorlede inbreker sal gebeur, hopelik!

Laurika ·

Nee Oom Ludwig, daar sal nie ‘n “verassing” wees nie. Dit sal nog ‘n groot gedoente wees waar almal wat al ooit paaie met die oorlede gekruis het, in busse bymekaar sal kom om te drink en pense vol te eet voor hulle hom laat sak in ‘n duur kis in ‘n begrafplaas wat al reeds oorvol is.
Maar dit weet ek was vir oom ook seker nie ‘n “verrassing” nie….

Ina Soares ·

Lekker man lekkerrrrrrrrrrrrrrrrrr… ons is bly die oom en tannie is OK

Steve Barns ·

The only issue is, for the next couple of months this family will be without a weapon as it will now be send away for ballistics and only once the Case is handled off will the couple receive it back… the system is sick leaving them now defenseless

Yvonne ·

Indeed. So one has to wonder if perhaps there were more than one intruder and then hope he doesn’t know about the procedures. I do hope they have a sympathetic family who could contribute towards tighter security.

Johnnie ·

Daai ou man moet n goue medalje kry vir dapperheid, prys die Here hulle is ongedeerd.

Jan maak n Plan ·

Sulke mooi woorde as Maroela skryf die “verdagte (nogal en nie skurknie) is noodlottig gewond”. Vatso jou swerkater, moenie die mense kom pla nie. Dis al manier hoe hulle sal leer, met lood. Sterkte aan die oom en tannie in Pta.

gavin ·

Ek is bly die oom en tannie het niks oorgekom nie, wat my pla is dat die land sover agter uit gegaan het dat jy jouself en jou geliefdes moet beskerm met geweld, en dit in jou eie huis… watse toekoms bleik daar te wees vir ons kinders en hulle kinders…

Paul ·

Wonderlik, ek is so trots op die twee oues van dae.

Nog ‘n moordenaar wat nie weer gaan moor nie.

Christie Joubert ·

Wat n prag van n storie! Oom, looi hulle!! Hy was beslis nie daar vir tee en koekies nie.

christa ·

Is baie bly Tannie en Oom is ok so bly hy is mors dood want wat soek hul in ons huise.

christa ·

Is baie bly Tannie en Oom is ok so bly hy is mors dood want wat soek hul in ons huise.

Tina ·

Goed gedoen my Oom. Dis hoe dit hoort. Hulle soek mos daarvoor

DP DU PLESSIS ·

Jy kan dit net doen as jy self n wapen byderhand het.Die oom is gelukkig dat hy sy wapen betyds in die hande kon kry.Die wapen moet altyd aan jou sy wees al is jy in jou huis op die Pot.

Alki ·

So baie verlig daaroor. Ek bly in Annlin. Nou is daaar een boef minder wat ons hier kan kom terroriseer. Dankie vir die Oom

Beatrix Stevens ·

Aan God al die Eer…. Dankie dat jul , dit reg gekry het”” As n mens net dink… hoe erg dit kon wees ??? N Panga?? Misdadigers moet begin boet”” Hoekom is daar so min Crime oorsee?? want steel jy word jou hand afgekap””””” Ons moet n nuwe wet in Suid- Africa inbring- BEROOF MY – OF WAAG DIT NABY MY EIENDOM …. EN EK MAG JOU SKIET”” As ons nie ons self gaan beskerm teen hierdie Misdadigers ”” wie sal??? Gee aan al die boere en bejaardes gratis vuurwapens”” Baie bly Oom en Tannie is gespaar”’en beskerm..

Paul ·

Waarvan praat jy, Beatrix? Mense se hande word nie “oorsee” afgekap as hulle steel nie. Buiten in enkele Moslemlande.

Genis ·

Het iemand die vermeende aanvaller dalk gevra wat hy met die panga wou maak voor hy koelbloedig geskiet was? Dalk wou hy net ‘n baie groot brood met botter smeer. Mens kan dit tog nie met ‘n knipmes doen nie.

Eish! ·

Genis, en hoe kan almal aanneem dat die omie en tannie is blank? En die betreder ‘n ander kleur? Dit is rassisties om sulke beweringe te maak. So kom ons se net: Aan die persone wat hulself verdedig het, mooi man mooi! En aan die verdagte, jammer ou, jy moes dalk eerder aan die voordeur gaan klop het. Moontlik sou hul jou dan ontvang het met koffie en nie ‘n skietding nie. Wat leer ons uit die storie? Klop eerder en vir jou sal dalkies oopgemaak word. Ek wonder of die oom en tannie kinders het? As hul nie het, wonder ek of hul my sal aanneem, op een voorwaarde. Hul moet by my kom bly. Vir veiligheids halwe.

Maggie ·

Oom en tannie jammer julle moes dit oorkom. Maar ek is trots op julle

DIRK BOSMAN ·

Dit is hoekom ons die voorgestelde ontwapening van die burgery met hand en tand moet beveg.

Lollie ·

” Gekonfronteer” sou duidelik op iets anders uitgeloop het as net om met die tannie te gaan “chat”. Sekerlik is jou kantoorpersoneel nie gewapen nie , ne???? Wonderlik tien uit tien vir die egpaar.Hoop die woord gaan uit daarbuite dat mense hulle self gaan begin verdedig!

Johan Kruger ·

Kyk nou net na nog n dag of twee gaan die polisie seker met 4 karre daar aangejaag kom om die oom te arresteer

Bokkie ·

Baie mooi oom.Baie dierbaar en jare se liefde en vertroue wat gemaak het dat die oom voor die tannie inloop en toe skiet.Ons jongeres kan gerus n les by die oom gaan leer.Sterkte aan die tannie en oom.God beskerm Sy kinders in die donkerste nag.

Pierre Celliers ·

Ek ys om te dink wat sou gebeur as die oom nie ‘n vuurwapen gehad het nie! Is hierdie en menige ander soortgelyke gevalle nie genoeg bewys dat die volk hulself MOET bewapen nie?!!! Daar’s net geen ander alternatief nie! Ek is ook bejaard en het boonop net een been.
So ek weet nie wat sal ek doen in so’n situasie sonder ‘n vuurwapen nie! Om een wettiglik te verkry is ook weer ‘n ander storie.

Rubelien Rheeders ·

Ek stem volkome saam met jou, as elkeen so paraat kan wees, maar in baie gevalle word die mense onverhoeds betrap. Knap gedaan !!!

Willempie ·

Net weer n bewys dat mens nooit die Oues van Dae moet onderskat nie hehehe, welgedaan my Oompie

bok ·

As jy op kantoor my met n panga konfronteer, skiet ek jou dalk net daar dood!

Desire ·

Lyk my die Suid-Afrikaners het nou mooi genoeg gehad!!! Nou wonder ek net, was dit die oom en tannie wat gemoor was, sou ons vandag daarvan gelees het? want vir een of ander rede word dit stil gehou!!! Suid-Afrika moet opstaan en saam staan!!!!!!!!!!

Skoppensboer ·

Dit is bitter jammer dat so baie mense hulle wapens gaan inhandig het. Ek glo dit was deel van ‘n groter plan om die mense te ontwapen sodat hulle maklike teikens kan word. Ek is egter baie bly om te sien dat sekere mense deur die proses gegaan het, hoe langdradig ookal was/is om hulle vuurwapens te behou.

JZ ·

Vader maar julle is ‘n aggressiewe spul mense wat hier comment? Hoe wens jy iemand geluk as hy iemand anders se lewe neem? Miskien wou daardie jong man ook maar net ‘n panga steel…….om homself te beskerm teen die booswigte wat die lewe in ‘n squatter-kamp HEL maak vir ander? Niemand wat hier kommentaar lewer het die feite nie…..maar boeta julle spoel bek uit asof julle daar was! Hoekom het hierdie mense ‘n panga op hulle perseel? Ek is middeljarig en bly in ‘n middelkas woonbuurt….en het nog nooit ‘n panga besit nie. As jy ‘n panga wil aanhou….moet jy ‘n vuurwapen ook aanhou…om die persoon aan wie jy die panga “beskikbaar” gestel het, se lewe te neem as hy jou aanbod aanvaar? Dis siek. Die veroordelende voorbankers wat hier skryf is seker almal ou apartheids voorstaanders ook…

Elzaan ·

Ok ek is 33 en geensins rassisties nie. As die arme jongman net die panga wou steel hoekom het hy nie weggehardloop toe hy die het nie. Dis nie heeltemal dieselfde nie maar as kinders het ons vrugte gesteel. Met n stok om die verste vrugte by te kom. As die eienaar van die erf ons gevang het, het ons laat spaander. Nie die persoon “gekonfronteer” met die stok nie. En as hy sodanig nou die panga wou steel, hoe het geweet as hy by daai huis inbreek gaan hy n panga kry. Die nuus sou berig het as die boef bekend was aan die mense. Dalk het die meneer ingebreek en die panga maar net eerste gesteel. Ek is jammer dat dit daarop neerkom dat ons moet gelukwens oor iemand se dood. Maar ons land se moord, geweld en inbraak statistiek dryf ons daarheen om aksie te neem want ons weet vir n feit niemand anders gaan nie. Ja miskien sal die polisie hom vang en tronk toe stuur vir n dag of twee, maar daai oom en tannie (hetsy wit, swart of pienk) sal alreeds dood wees. Jy stem dalk ook saam dat die polisie nie moes skiet op Marikana toe mense op hulle afgestorm het met pangas nie? Of dalk was n liggaamstaal meer dreigend. Jammer, maar as n vreemdeling, watter tyd van die nag na my toe aangeloop kom met n panga, gaan ek beslis nie eers vra “hoe kan ek jou help?” nie. Dalk stem niemand hier met my saam nie, maar dis nou maar net ek.

Elzaan ·

En terloops. As die oom hom met die vuiste bygedam het en hy het weggehardloop sou meeste mense se kommentaar nog dieselfde gebly het. Dit gaan oor die feit dat die oom en tannie hulleself verdedig het. Nie oor die feit dat die man dood is nie.

Regtig ·

JZ: Jy het nie nodig gehad om te sê jy is middeljarig nie, ek kon dit sien uit jou demente opmerking. NIKS gee hom die reg om enigiets te steel nie. As hy ophou om vir ‘n t-hemp en ‘n pakkie kos vir een dag vir ‘n regering te stem wat hom nie kan beskerm nie, het hy gekry wat hy voor vra

Boer 2 ·

Ek wil net vir JZ sê.Jy is seker die tipe as hul by jou gan inbreek en jou goed vat en dan as hul jou huis verlaat,sal jy seker vra.? Verkrag jul nie meer nie.Jy is seker so in hul op.gaan bly in Thembiza .En skrik asb wakker.Wa het jy gesien in oggend ure wil hy kom vra vir n panga.O en jy het seker net paving om jou erf.N panga word gebruik om bosse uit te kap ens.Ek sé weer kom net by .

Pierre ·

JZ Ek wonder wat jy sou doen in diselfde situasie…..seker maar gaan lê.

Hennie ·

Kan daar dalk terug voer gekry word van sake waar mense hulle self/eiendom beskerm het. Was hulle aan gekla en wat het gebeur.

Jeanette ·

Man kyk in die eerste plek hy het nie eers daar gehoort nie, mens moet jouself maar beskerm soos baie ander hierbo ook se, wie anders gaan dit doen. Ek en my man bly op ‘n plot so 30km buite Pretoria Noord en ons is goed bewapen en ons altwee het ons voorgeneem jy skiet want dis of hy of jy hy kom NIE vir koekies en tee nie. So ja as hy jou lewe bedreig wat nou gemaak? Ek se skiet en skiet om dood te skiet, want as hy nog lewe gaan hy jou weer dalk kom opsoek. Nee wat dis jammer dat ons land so verval het te danke aan een wit man.

Carolise ·

Dis n swak artikel… Wie het nou die man geskiet, die oom of die tannie…
Gebruik dalk n beter en verstaanbare volg van gebeurtenisse volgende keer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.