Pta-bejaarde sterf ná aanval by huis

Die toneel in 12de Laan waar Corrie Visser en sy vrou Gerrie aangeval is (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

Die toneel in 12de Laan waar Corrie Visser en sy vrou Gerrie aangeval is (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

Corrie Visser (75) is oorlede en sy vrou Gerrie (78) in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hulle vandeesweek by hul huis in 12de Laan in Pretoria se Moot-gebied aangeval is.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik wanneer presies die egpaar aangeval is nie. “Bure het Gerrie die Woensdag om 14:00 in die oprit van die huis opgemerk,” het sy gesê.

Volgens Brits is dit nog nie duidelik hoe die aanvaller toegang tot die huis bekom het nie, want daar is geen geforseerde toegang nie.

“Die egpaar was alleen by die huis toe hulle oorval is. Hulle het albei steekwonde opgedoen en Corrie is ook met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan,” het Brits verduidelik. Corrie is op die toneel dood verklaar. “Gerrie is in die hospitaal, maar kan nog nie praat ná die aanval nie.”

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, en ons kon nog nie tot dusver bepaal of enigiets uit die huis gesteel is nie.”

Die Pretoria-Mootspeurtak ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

“Enigiemand met verdere inligting kan ao Hoffmann kontak by 083 650 0820.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Buitestander ·

Wat ‘n tragedie. Seker as tuinier vir hulle gewerk.

cecelia ·

Watter soort mens kan ‘n ander onskuldige mens net so vermoor?

Dion Els ·

Gaan seker weer grens aan rassisme vir daardie wat heeldag op sosiale media le om sulke boodskappe te soek en dan n berg van n molshoop te maak. Om in die nuwe sa te woon as blanke is waaghalsig

Frik ·

Dion, ek is een van daai mense wat altyd kommentaar oor sulke voorvalle het. Maar feit bly staan dis n rasse aanval van witop swart. Maar hoekom praat media alewig van daar was n aanval op eienaars van eiendom. Verduidelik vir my asb.

Ilze ·

My man was op die toneel gister was nie mooi gesig. Jammer aan die familie vir julle verlies

Ww ·

Is daar ‘n organisasie wat al die moorde sowel, alle aanvalle en wat die beserings behels vir die afgelope jaar of selfs jare op Facebook Twitter ens. Kan laai sodat ons kan besef wat die omvang hiervan is en dat die opsomming die wêreld in gestuur kan word. Baie mense ken mense oorsee.

Cherokee ·

Ww, op die TV-kanale en op Internet is gewys hoe die iSIS moslems in Oosters lande Christene vermoor. Het Suid Afrika of die publiek wat dit geklees het enigiets gedoen anders asom kommentaar te lewer in forums? Nee. Op TV-kanale en op Internet was daar berigte oor volksmoord(e) in Afrika. Het Suid Afrika of die publek enigiets anders gedoen anders asom dit dmv kommentare te verdoem in forums? Nee. Vele ander voorbeelde kan genoem word. Die Amerikas, die Europas en ander lande sal net soveel hulp verleen. Vel van hulle weet nie eens dat hier blankes woon nie. Ons is op eie ingestel.

AJ ·

Stem saam Ww.Sal bly wees as al die moorde en aanrandings se fotos kan gewys word.Ons sal skrik

WAB ·

Ai … mens hoor en lees altyd van al die sinnelose moord en doodslag maar dit is altyd “ander mense” ! Ouma Gerrie en Oom Corrie het my kinders sien groot word. RIV Oom Corrie.

Dion Els ·

Ai Frik ek is maar skrikkerig om te veel kommentaar te lewer, ek is al op al wat media is en waarop ek kan kommentaar lewer geskors.

Tong innie kies ·

Ek stem.Iemand sal ons moet begin “Danger Pay” betaal.

Neidra Knott ·

dis net soos dit is. rassisme is die oorsaak ons blankes word een vir een afgemaai. en daar is geen haan wat verder kraai hoe hartseer as jou eie mense aangeval word.

andrea van vuren ·

Wat het van vryheid van spraak geword? Of kom dit net van die een kant af?

Voorstel ·

Ek weet nie of hierdie ‘n voorstel uit onkunde is nie – dalk bestaan daar alreeds soiets. Maar ek lees net in die vorige berig van Siriërs wat gehelp word. Geen probleem daarmee nie, maar is daar dalk ‘n oorkoepelende liggaam soos Afriforum/Solidariteit wat ‘n fonds op die been kan bring vir ons ou volkie se mense wat deur geweld geraak word? Ek dink byvoorbeeld aan bystand vir hierdie tannie, al die menigte plaasaanvalslagoffers en hulle gesinne; dalk selfs voorkomende bydrae tot top-sekuriteitsaanwendsels op die plase? My hart is stukkend, ek het self al dié trauma ervaar. Mag God jou styf toevou in Sy Liefdeshand, Tannie.

manny ·

Wat n skok vir my, kan dit mog steeds nie glo nie. Sterkte tannie Gerrie en ons bid vir tannie en res van die familie. MAY YOUR SOUL REST IN PEACE.

Pietser ·

Die aanvalle is NIE rasgemotiveerd nie. Die persentasie aanvalle swart op swart is veel meer as die persentasie aanvalle swart op wit. Dit kondoneer natuurlik nie die afskuwelike misdaadsyfer in die land wat buite beheer is nie.

Gerd Lourens ·

Pietser. Op watter planeet is jy???

Google bietjie Xola Skosana. EN SKRIK DAN BLITSVINNIG WAKKER ASB.

bertus ·

Ek sien niks van van hierdie moorde op TV nie. Is ek reg ?

Nita ·

Pietser jammer jy kyk verkeerd na die syfers. Vergelyk die syfers so. Wittes deur swart mense vermoor in 2016 en dan Swartes deur witmense vermoor in 2016. Dan sien jy duidelik dat die moorde rassisties is. Die syfers vir die tydperk 1994 tot nou sal skrikwekkend wees. Ek wens so Maroela Media wil die syfers vir ons bymekaar kry en dit na groot televisie stasies in die buiteland stuur.

Takkie Takuuza ·

Ek weet dis 99 persent van die tyd so, maar waar het julle ras of n moontlike verdagte in die berig gelees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.