Pta-bejaarde sterf ná aanval in huis

Frik Botha (82). Foto: Via Facebook

Die Garsfontein-polisie in die ooste van Pretoria ondersoek ʼn saak van moord nadat Frik Botha (82) Saterdag in sy huis oorval en beroof is.

Kapt. Anton Breedt, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media bevestig die aanval het omstreeks 11:00 by die slagoffer se huis plaasgevind.

“Dit is nie dadelik bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was en wat presies gesteel is nie, aangesien die oorledene ten tyde van die voorval alleen in die huis was,” het Breedt gesê.

Botha kon nadat sy aanvallers gevlug het daarin slaag om deur ʼn vriend hulp te ontbied.

“Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red, maar hy is by sy aankoms by ʼn plaaslike hospitaal dood verklaar. Hy het verskeie wonde aan sy kop en oor sy liggaam gehad.”

Botha is vermoedelik met ʼn ysterpyp aangerand.

Weane Bodenstein, Botha se kleindogter, het in ʼn hartroerende plasing die nuus oor haar oupa se moord op Facebook gedeel in ʼn poging om bewusmaking te skep.

“Vandag tik ek ʼn persoonlike boodskap. Ek is nie ʼn mens wat te veel van my persoonlike lewe op sosiale media plaas nie, maar vandag wil ek ʼn boodskap daar buite kry, al verander dit net een mens se lewe,” lui die inskrywing.

“Dié naweek het ons my oupa op ʼn onmenslike manier gegroet. Ons as familie kan nie sê ons oupa van 82 is oorlede nie, maar moet eerder die walglike woorde gebruik dat hy vermoor is. Hy het nie aan natuurlike oorsake gesterf nie, maar is gruwelik vermoor in sy eie huis. Nie op ʼn plaas of klein dorpie nie maar in Garsfontein, in die middel van Pretoria.”

Sy skryf ʼn mens hoor van al die “verskriklike moorde” maar hul familie sou hul nooit kon dink dat dit met haar oupa kon gebeur nie.

“Hoe slaap jy in die aande met die dokter se woorde ‘die persoon wou nie seermaak nie maar doodmaak’ in jou kop? Daardie psigopaat het ʼn man, pa, oupa en oupagrootjie se lyn getrek in dié leeftyd. Wie gee hom die reg?”

Sy verduidelik haar oupa was baie swak en sou toelaat dat die verdagte of verdagtes “die hele huis wegdra” sonder om hom teë te sit.

“Hoekom hom so martel en vermink dat hy moes doodgaan? Ek wil vir elkeen wat die boodskap lees sê, dit kan enige oomblik met enigiemand gebeur. Niemand verdien dit om so dood te gaan nie. Moet nie gemaklik word nie. ʼn Mens is nie eers veilig in jou eie huis nie.

“Koester elke oomblik met jou geliefdes. Dis seker ʼn cliché om te sê die lewe is kort. Ek was nog altyd bewus van wat om my aangaan maar vandag besef ek die ware betekenis van daardie woorde. Wat ek nie sou gee om my oupa nog een keer te sien en te gesels nie. Wat enigiemand van ons hele familie en vriende sou gee om hom nog net een keer te sien. 82 is ʼn goeie ouderdom om te gaan, met ʼn volle, gelukkige lewe wat hy gelei het, maar op dié manier… dit is bitter, bitter hard om te dink my oupa moes op hierdie manier gaan.

“My boodskap is dus: wees wakker en verantwoordelik en maak tyd vir jou geliefdes, spyt kom altyd te laat en die seer is net soveel meer. Rus in vrede my liewe oupa. Ons sal oupa nooit vergeet nie en net die beste van oupa onthou.”

Bodenstein het die Garsfontein-polisie bedank vir hul vinnige optrede.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Gerrit ·

So word die huidige benaadeelde minderhede vermoor deur die huidige bevoordeelde meerderheid en vir die wereld word vertel ons is n gelukkige demokraties verkose land sonder probleme en dat Australia arrogant is om te se die minderhede word geteiken en vermoor.

Johan ·

Die RSA se strafregstelsel is hopeloos. In die land wat verkondig ons is demokraties word onskuldiges se lewens geneem en dan kry die moordenaars ‘n lewe met voordele in die tronk waarvoor belastingbetalers betaal. Moordenaars verdien geen menseregte nie.

Mags ·

Ek is hartseer en kwaad. Baie sterkte aan die familie. Julle is in ons gebede

Selfbeskikking ·

Kom mense ons moet nou druk onderhandel vir selfbeskikking, ons mag nie n land deel waar moordenaars van bejaardes rugsteun van politieke leiers kry nie, ons sal BAIE beter op ons eie af wees.

Hans ·

Eersteins sterkte aan die familie, weet hoe dit voel. By Orania. Hou op praat en doen. Een persoon kan net soveel doen, n groep kan meer doen. Wel ek reken dit sal wees soos altyd, sal die klomp kry wat nie saam stem met hoe dinge gedoen word nie. Sluit almal in wat moeg is vir die gemors wat in die land aangaan, mens sal verbaas wees. baie soek net rus en vrede en wil sy ding doen en in rus gelaat word. wonder soms of daar n manier is vir maroela om die mense wat by mekaar wil uitkom dit kan bewerkstellig, vra net?

Muffin ·

My innige simpatie vir die hele familie. Weane dankie vur die oragtige boodskap. My skoonma was ook n paar jaar gelede helder oor dag deur inbreukers dood gekiet.
Dit word net erger.
Baie sterkte vur julle.

Daniel ·

Ek het geen hoop meer vir ons wittes in SA, wat het die oom gedoen om dit te verdien?

Andre Grundlingh jnr ·

Selfbeskikking, ek stem heeltemal met jou saam maar hoe doen n mens so iets? Wat is die stappe om te volg en wie gaan dit doen? Op wie moet die druk geplaas word? Kan jy al die blankes mobiliseer om so iets reg te kry? Wys vir my, dan sal ek agter jou staan.

WAAR IS DIT? ·

Asb tog . ek is ten gunste van selfbeskikking maar WAAR in SA het jy al gesien dat alle wittes na EEN gebied toe trek en in vrede en voorspoed daar saamleef?? Gaan alle prokureurs en dokters en boere nou oppak en in EEN gebied gaan bly? As iemand net ‘n ordentlike plan op die tafel kan sit kan ek dalk ook daarin glo. Maar dat almal nou op ‘n klein lappie grond homself erens moet vestig net om tussen ander wittes te wees, maar sonder werk wees, in ‘n kaya bly en bruinbrood eet sien ek NIE as ‘n oplossing nie. ALMAL kan tog nie Gauteng verlaat en op ‘n plaas in die Karoo gaan bly nie? HEL kan ons asb tog net nugter wees . want die woord selfbeskikking beteken vir my tans Orania, en daar is maksimum plek vir 30 000 mense as hulle alle grond daar ontwikkel (wat NIE die geval tans is nie). So waar gaan die ander 3 miljoen heen? Gaan almal werk het in die klein stukkie ‘hemel’ wat julle vir ons uitgesit het? VERDUIDELIK, dalk verstaan ek beter.

PJC ·

Ja Selfbeskiking dit maak nie saak wat mense sê of doen nie, wit en swart sal oor ń 100 jaar nog steeds nie in vrede saamleef nie. Ons enigste uitweg is om ons eie ding te doen.

Reguit ·

Die wonderlike reënboog ‘kultuur’. Algemene praktyk: Polisiekar ry aspris oor ‘n hond in die pad. Steek jou met ‘n mes dood net vir jou selfoon. Slaan ‘n oupa van 82 in sy huis met ‘n ysterstaaf dood. Brand ‘n ou tannie met ‘n strykyster of gooi kookwater in haar keel af. Martel oumense vir ure wanneer hulle van die kerk af terug keer. Verdrink ‘n kleuter in ‘n bad met kookwater. Tel ‘n baba aan haar hare op en skiet haar deur die kop. Ensovoorts. Daarom emigreer mense.

Johan. H. ·

Die botteltjie gaan bars, binne kort want dis wat die skuim wil he, Dan gaan die regering probeer om vure dood teslaan en hulle gaan vingers wys ,en bla bla, als verniet,

Duitser ·

Ella dink jy dan ons gaan slae kry een leeu wat eet se kos word nie deur tien jakkalse gevat nie .

Bokka ·

Ja en is ook die meerderheid wat vir JESUS aan die kruis opgehang het gelukkig nie die minderheid nie,gelukkig is die hel Groot genoeg vir SA se moordenaars.

Siek en sat ·

Dit is net NOG n naam op die lys van moorde en aanhitsing wat Julius Malema voor verantwoordelik is. Rus in vrede oom, jyt nie hierdie onmenslike barbaarse manier van doodgaan verdien nie.

Elsa Vorster ·

Dit is so seer baie sterke aan familie die doodstraf is nodig waar mense so onodig vermoor word hulle het geen genade vir mense nie

Ella ·

Wat van Artikel 30 Wet op Ouer Persone 13 van 2006: geen ekonomiese, fisiese of sielkundige mishandeling. Ons regering maak hom skuldig aan die oortreding van die Wet in die ergste graad want hulle bly in gebreke om ou mense te beskerm op al hierdie bogenoemde terreine. Wette op papier beteken niks vir ons.

Neewat ·

Nes die grondwet wat Malema sommer binne 10 minute verander het . en almal sit en wag vir die twee derde meerderheid soos hulle vertel is, meantime het Malema almal opgesteek en whalla . grondwet gaan verander en alles van jou gaan afgevat word .. deur EEN mens met ‘n ondersteuningsnetwerk en ‘n gladde mond . die grondwet is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. AFRIKAANS is by meeste universiteite afgeskaf . ook EEN MAN se werk . MALEMA .. en die regters het daarby ingeval. Wat diskriminasie en rassisme aanbetref word net WITTES vervolg (Penny en Vanessa) en Malema skreeu daagliks haaatspraak en aanhitsing tot geweld van verhoe af en kom NIKS oor nie .. wat jy NIE verstaan as in AFRIKA woon nie .. GEEN WOORDE OP PAPIER geld vir ‘n AFRIKAAN nie .. hy doen net wat hy wil tot alles vernietig is …

Lolla ·

Moet ons n soortgelykke organisasie stig soos ANC destyds gedoen het wat eers ondergronds was, en ons eie militere opleiding begin? Klink vir my reg?! Ons kan ook mos dan maak soos ons lus het of hoe?

Elvira ·

Daar is op sekere plekke kameras in Garsfontein. Dalk sien Polisie verdagtes.

Oom Kalahari ·

Ai oom Frik Botha, dit is hartseer dat iemand sy lewe op so onnodige en wreedaardige manier moet inboet. Mense asb kyk na jul Ouers want hul is ‘n groot teiken van Apartheid se dae, wel dit is wat party mos glo en as hul van hul eers kam ontslae raak is dit meer gemaklik en manupilerend met jonges wat geen militere agtergrond of weerstand sal kan bied nie. Alles is haarfyn beplan en word nou op strategiese wyse toegepas. Hierdie land is wetteloos en Afrika struktuur.

Johan ·

My hart klop ook te vinnig as ek al die haatspraak, leuns, moordfotos en videos sien. Jy gaan gesond moet bly – Los die social media en stop om daaraan te dink. Ons KAN ons families red as ons saamstaan. Vreesloosheid gebeur nooit automaties. Wees bereid om te sterf – dit sal nodig wees vir jou om te kan oorleef. Ons het jare se onregverdigheid saam hier beleef. Vir my is jy familie en en is jou broer.

Pietman ·

Ja Me. Sisulu, niemand in hierdie land het mos enige iets te vrees nie.

Jip ·

Jip Min Sisula, antwoord net die 1 vraag, niks om te vrees nie. 82 jaar oud en heel weerloos en skadeloos, was dit nou sy verdiende loon of dink jy loon geskil of dink jy hul het kom koek en tee en toe per ongeluk die wonde toegedien of dink jy hy het dit aan homself gedoen……. regtig om so openlik vir die wereld te lieg oor wat regtig hier aangaan.

Francois ·

Dis so siek!!! dis om van te braak! Ek weet nie hoe hou julle dit oorkant die draad nie my bure – ek weet nie!

Tsumeb, Namibia

Francois ·

Die tipe gebeure moet deur menigte van ons, sodra dit gebeur – aan die wereld media gestuur word. Elkeen van ons het n plig om dit wat hier gebeur met ons volk en nasie BEKKEND te maak en uit te basuin! Die buiteland hoor hier en daar van n ‘uitsonderlike’ geval wat veroorsaak dat die persepsie is, dat daar een of 2 blankes so vermoor word n maand of 2. Ons moet daadwerklik elke geval uitstuur sodat hulle die werklikhied kan sien!

Hans ·

Gaan kyk na Orania en ooslanders. Dit is net n self beskiking tog moet daar opgetree word soos wat deur Lolla genoem word. Dit is net vir wie kan mens vertrou. Ek kan wel sê dat die wat ons so uitspreek oor dit en noem moet tog net nie verbaas wees as daar na ons gekyk gaan word nie……

Jane ·

Dit is verskriklik, ek kan nie sien dat me Sisulu beweer witmense het niks in SA om te vrees nie. Dit is een ding om ‘n huisroof misdaad te noem, maar dit is iets anders om oumense so te verneder, verniel en te vermink en te martel. As jy ‘n 82 jarige bejaarde man vasbind en alles in die huis wegdra, sal hy NIKS kan doen nie. Hoekom gaan dit met soveel wreedheid en marteling gepaard? Dit gaan oor die ‘wraak’ op blankes in SA, dit is lankal nie meer net misdaad nie. Maak tog julle oë oop en besef dat die ANC nooit beplan het om met wittes ‘saam te werk’ nie. Gaan kyk maar selfs na swartmense se menings op Mzanzi4U, waar hulle uitdruklik se dat hulle self geskok is om te sien dat daar nooit beplan was om met blankes saam te werk nie, dat die plan van die begin was om alles oor te neem, af te vat en uit te wis (soos in Zimbabwe). STERKTE vir die familie en gesin .. en jammer oom dat jy ONSKULDIG in die ding beland het. Rus saggies nou aan die voete van Christus waar niemand jou verder kan seermaak nie.

theo ·

my niggie se ouma is op die selfde wyse dood. Sy was 84 jaar oud en het in kensington, johannesburg gebly. Dit is nou al 15 jaar terug, wat die voorval gebeur het en nog steeds is haar moordenaars op vrye voet.

Ina ·

Mag Jesus jul teen Sy bors hou en koester jul kalmte gee…ek kan voel met julle. My Pa was ook op 72 so aangerand in sy huis en gelos vir dood…Genadiglik is hy toe nog hele paar jaar vir ons gespaar en kon ons daardeur leer van vergifnis..Dankie Pappa…hy is toe later jare aan sy hart oorlede…

DG ·

Hoeveel is ‘n lewe werd ??? ‘n paar honderd rand of miskien ‘n selfoon. Maak ‘n lewe meer werd, betaal ‘n Lewe vir ‘n lewe. ONS MOET SAAMSTAAN OM DOODSTRAF TERUG TE BRING!! Ongelukkig is elke 2de persoon wat ek mee praat nie ten gunste van ‘n doodstraf nie. Dit sluit veral naïewe Afrikaners in… Eish!

Theresa ·

Innige simpatie met die familie en vriende en gemeenskap. ‘n Goeie burger verloor deur die wreedheid van die tyd in ‘n land op die afdraandpad. Sterkte vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.