Pta-bejaarde verdrink in swembad

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Bejaarde man (73) is dood nadat hy Maandag in ʼn swembad by sy huis in die ooste van Pretoria geval en verdrink het.

Kapt. Anton Breedt, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 12:30 by die man se huis in Faerie Glen plaasgevind.

“Inligting is nog skaars en beamptes van die Garsfontein-polisiestasie is steeds op die toneel om inligting te versamel. Die man het vermoedelik in die swembad geval en verdrink. Sy bejaarde vrou was ook tuis en het hulp ontbied toe sy dit sien gebeur,” het Breedt gesê.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê lede van die gemeenskap was besig om noodhulp op die man toe te pas toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Paramedici het by die mense oorgeneem en onverpoos probeer om die man by te bring, maar dit was onsuksesvol. Hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word voordat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa B ·

Ag siestog. Dit is nou baie hartseer. Baie sterkte aan die tannie en die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.